safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 24 Octcber  2003 at 17:00

Youth - Jeug


wcrimeFC

Sê NEE VIR MISDAAD. Captain Crime Stop het verlede week besoek afgelê by Paarlzicht Primêr waar hy die graad eens en twees bewus gemaak het van misdaad en hoe hulle hulself teen kwaaddoeners moet beskerm. Hier geniet Bernadine van der Westhuizen (7) 'n oomblik saam met die bekende misdaad-vegter.                                                                                                  


Oop harte vir opelugfonds

[ Top ]


"EK was nog nooit op 'n kamp nie!"
So het 'n opgewonde kind  gesê tydens 'n uitstappie wat deur die Paarl Post Opelugfonds gefinansier is.

Die Kerstyd kom nader, die tyd wanneer die Paarl Post 'n beroep op lesers doen om hul hande en harte oop te maak vir mindergegoede kinders in die Vallei.

Daar word gevra dat lesers wat 'n geldjie kan afknyp, dit  skenk aan die Paarl Post Opelugfonds.

Die Fonds maak al sedert 1936 jaarliks 'n bydrae tot uitstappies en kampe vir kinders wat min geleenthede kry.

Met die hulp van ons lesers kan die goeie werk wat in die Vallei gedoen word deur die ACVV-welsynsorganisasie se maatskaplike werkers, voortgesit word.

Benewens individuele gevallewerk neem hulle kinders op uitstappies en kampe.

Jeugwerkers dra lewenswaardes oor tydens besoeke aan plaasskole. Crecheleidsters word ook op plase opgelei.

Skenkings kan gestuur word aan Posbus 248, Paarl 7620 en word in die Paarl Post erken.

* Donations to the Paarl Post Fresh Air Fund for local youth work are welcomed.


Saal bring groot vreugde
by skool

[ Top ]


'n SKOOL verteenwoordig sy mense. So is dit ook in Klapmuts, het Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Plaaslike regering gesê by die opening van die nuwe skoolsaal en administrasiesentrum van Klapmuts Primêr.

"'n Skool ervaar die hartseer en verdriet van 'n gemeenskap - 'n skool reflekteer die vreugde van 'n gemeenskap en 'n skool weerspieël die groei in 'n gemeenskap."

Minister Dowry het verwys na die swak standaard van wetenskap, wiskunde en tegnologie in ons skole en gesê die voorsiening van moedertaalonderrig kan die kanse op leerdersukses aansienlik verbeter.

"Ons provinsie is die eerste in die land wat nou aktief vordering maak met die implementering van moedertaal-gebaseerde onderrig asook 'n derde taalvak in ons laerskole."

Hy het die belangrike rol van ouers beklemtoon en George Herbert aangehaal wat gesê het "een vader is meer werd as honderd skoolmeesters".

"As ouer begin u verhouding met die skool op die dag wat u kind geregistreer word by 'n spesifieke skool.

"Dan is dit nie die staat wat die verantwoordelikheid opneem nie - u kind bly nog steeds u verantwoordelikheid en is dit nog steeds u taak om u kultuur, familie- en gesinswaardes, morele standaarde en beginsels na u kind of kinders oor te dra."

Minister Dowry sê ouers moet bydra tot die ontwikkeling van die skool en die kind se leerproses ondersteun.

Ouers moet kinders se akademiese vordering monitor, verseker dat hy/sy huiswerk doen en skoolwerk doen, en ook op hoogte bly van ontwikkelinge by die skool.

Minister Dowry was self 'n oudleerder van Klapmuts Primêr toe dit nog 'n kerkskool was.

"Ek let ook op dat juffrou Gwendoleen Green vandag hier is wat my juffrou in sub A was. Ek wil ook hulde bring vir die rol wat sy in my lewe gespeel het."

Hy het ook 'n simboliese tjek van R1 242 miljoen vir infrastruktuur op Klapmuts aan burgemeester Willy Ortell oorhandig. Die geld sal gebruik word vir straatbeligting, die bou van 'n toegangspad na die laekoste behuisingsprojek en die opgradering van Etlingerstraat.

Jannie Beukes, direkteur: Weskus/Wynland OBOS, het gesê nuwe geriewe behoort tot beter dienslewering te lei.

"Die druk op u gaan toeneem," het hy skoolhoof Ronnie Frans gewaarsku.

"Maar hierdie bly net 'n gebou, 'n skool is wat daar binne gebeur," het hy gesê en bygevoeg dat onderwysers met so 'n groot passie en toewyding 'n besondere skool maak.


Hugenoters presteer in Monaco

[ Top ]


DRIE van Hugenote Hoërskool se graad 11 atlete het Suid-Afrika in middel September by 'n internasionale Biathle-byeenkoms in Monaco verteenwoordig. 

Willie Kotze het uitstekend presteer deur tweede in sy ouderdomsgroep te eindig. David Marais was 20ste in dieselfde kompetisie. Madri Burger het negende plek in haar afdeling behaal.

Suid-Afrika se atlete het met deelnemers van 23 lande meegeding en altesaam 22 medaljes ingepalm. 

Tussen 24 en 30 atlete het in 'n spesifieke ouderdomsgroep deelgeneem.

Die Biathle het bestaan uit 1500m hardloop, gevolg deur 200m swem en weer 'n 1500m hardloop. 


Program ontwikkel sport
in Paarl

[ Top ]


DIE Stellenbosch Netbalinstituut (NSI) het in samewerking met Boland Kollege en NZAID (New Zealand Agency for International Development) 'n skolenetbal-ontwikkelingsprogram gedurende die Septembervakansie in die Paarl aangebied.

Sandra du Plessis (Direkteur van die NSI) en haar studente het die afrigting hanteer, Boland Kollege het die fasiliteite verskaf en NZAID het die program gefinansier.

Gedurende die tweedag-program is onder andere aandag gegee aan die verskillende fasette van netbal, die nuutste oefenmetodes en die verbetering van spelers se tegniese vaardighede. 

Ses netbalspanne afkomstig van die Paarl, Wellington, Caledon, Franschhoek en Stellenbosch is geïdentifiseer om aan die program deel te neem (sien foto links). Afrigters van die spanne kon die opleiding ook bywoon.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za