safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 17 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 24 February 2005.

People - Mense


Van sepies tot dramas

[ Top ]


VIR die afgelope paar weke het 'n jong Wellingtonner die hare van 'n hele paar ywerige Egoli-kykers in die Vallei laat rys met haar in beheer houdinkie en manewales in die "Windhoek-kantoor".

Oud-Hugenoter Bea Claassen is nog tot hierdie week te sien in die rol van Erika Kuschke, 'n regsadviseur vir die Namibiese vervaardigingsmaatskappy Trustco, wat vinnig-vinnig weer verloof geraak het aan haar voormalige liefde,  Walco prokureur Werner Krantz (gespeel deur Stefan Ludik) wanneer hy vir sake in Windhoek is.

Wanneer Werner egter hierdie week terugkeer hoofkantoor toe in Johannes- burg, laat hy egter vir Erika agter.

STER. Waar haar liefde vir drama vandaan kom, weet sy nie, sê Bea Claassen, want haar ouers, Nico en Esmé, is eerder sportiewe mense wat hul merk op die rugby- en hokkieveld gemaak het.

Erika, wat haar verskyning op 13 Januarie in hierdie gewilde MNet-sepie gemaak het, maak in die proses sommer kwaaivriende met die liefdevolle, persoonlike assistent Audrey (gespeel deur Michelle Pienaar), aan wie sy op 'n stadium sê haar "brein is so groot soos 'n ertjie".

Dit is hierdie agteraf baasspelerigheid wat haar 'n ongewilde karakter by sommige kykers maak.

"Maar die Egoli-mense het my gewaarsku dat as mense vir my sê hulle haat my karakter, ek juis eintlik my `job' regdoen!", lag die vrolike 23-jarige, wat sê sy's presies die teenoorgestelde per- soonlikheid van Erika.

"Ek is baie meer diplomaties, baie meer van 'n `people pleaser', sosiaal en baie lief vir mense."

Sy het ses weke in Johannesburg verfilm saam met Louwna, Rex en die res van die Egoli-span, wat sy as 'n wonderlike ervaring beskryf.

Vir die volgende twee maande het sy egter nie tyd vir sepies nie, want Shakespeare wag op haar. 

Tuis by haar ouers Nico en Esmé Claassen van Blackprincestraat in Wellington is sy besig om haar woorde te leer as Viola, een van die hoofkarakters in "Twaalfde Nag".

Dit is Uys Krige se vertaling van die Shakespeare-komedie  "Twelfth Night".  Sy speel saam met Anna-Mart van der Merwe en Marius Weyers .Die stuk open van 14 tot 19 Maart in die Oude Libertas Teater op Stellenbosch, waarna dit na die KKNK verskuif. Van 4 tot 23 April sal dit in die Kaap op die planke wees.

Bea vertel dat hoewel die teks in Afrikaans is, veral hoofkarakters soos hare vreeslike hoogdrawende, poëtiese taal gebruik. 

En selfs met 'n Honneurs in Drama van die Universiteit van Stellenbosch, wat sy in 2003 verwerf het, is dit nogal 'n tammeletjie om die stuk vir die gehoor te interpreteer.

Gelukkig, sê sy, sorg veral die ondersteunende karakters vir hope humor vir 'n ligte aanslag tot hierdie komedie.

Bea se eerste professionele werk was as stem in 'n radio-advertensie wat sy self net een keer op 5Fm gehoor het!

Verlede jaar moes sy inspring as kelnerin en was sy ook vir ses maande betrokke saam met Albert Maritz se gemeenskapsteaterprojek onder die vaandel van Procare.

"Hopelik is daar weer op 'n stadium vir my 'n kans terug in die sepie, want Egoli kort altyd 'n feeks," hou die donkerkop, wat haar oog sekuur gefokus op sukses het, duimvas."


Hulp vir twee wat tsoenami oorleef het

[ Top ]


TWEE Wellingtonners wat die tsoenami-ramp oorleef het, het hierdie week 'n finansiële hupstoot ontvang om te help om van die mediese kostes te delg wat hulle moes aangaan.

Pierre en Leilani le Roux het 'n skenking ontvang van plaaslike donateurs tot die Wellington Gemeenskapskas.

Die oorhandiging van die tjek is gedoen deur burgemeester Herman Bailey in sy hoedanigheid as voorsitter van die trustees van die Gemeenskapskas. 

Pierre en Leilani, wat net 'n paar dae voor die ramp op Wellington getroud is, het albei hierdie week weer by hulle onderskeie werkplekke ingeval.

Die paartjie was van plan om op 27 Desember 'n sprokiestroue op die strand by Khao Lak in Thailand te hê, maar die groot golwe van 26 Desember het 'n stokkie voor hulle planne gesteek.

Leilani het reeds drie operasies in drie verskillende hospitale ondergaan en sal later vanjaar weer moet hospitaal toe vir plastiese snykunde.

"Ons wil graag ons dank betuig teenoor God ons Vader, vir die tweede kans wat Hy ons gegee het," sê die twee, "en vir al die steun van vriende, familie, leraars en werkgewers."

* A local couple who survived the Tsunami, have received financial assistance to cover their medical costs.


Fearless nurses collar thief

[ Top ]


FEARLESS and determined - that is the team of nurses and nurses' aids of the Rusoord old age home, who set out to apprehend a thief, and cornered the suspect on the bank of the Berg River.

When Sister Anna Geldenhuys discovered that someone had broken into her car, stealing her car radio, staff members arriving for work said they had spotted a suspect carrying something under this clothes.

Sonet de Goede rallied the eye witnesses and drove off in her car, known as "Blitsie", to find the man.

When they arrived at the taxi rank and spotted the suspect, he ran towards the Berg River and waded through, tossing the car radio he was carrying aside.

The excited nurses stopped a passing car, which happened to be driven by an off-duty policeman, asking for help.

They raced to the east bank of the river, and with his assistance apprehended the man.

"Everybody was helping us chase him," said De Goede with a smile, "especially after we shouted 'Reward'!"

All the stolen goods, including Gildenhuys's handbag, were recovered.


Man doodgeskiet met dienspistool

[ Top ]


'n POLISIEVROU se dienspistool het Dinsdagaand die dood van haar jong vriend in Paarl-Oos gekos.

Die liggaam van Denver Kannemeyer (24) van Groenheuwel is met 'n skiet- wond in die kop ontdek.

Denver, 'n masjienoperateur by Molenaar in Daljosafat, was met vakansie en het die dag saam met vriende deurgebring.

Hy het sy vriendin, konst Levona Davids van die Paarl misdaadvoor- komingseenheid, ná werk oudergewoonte by die polisiestasie opgetel.

Die paartjie het glo op pad na haar ouerhuis in Annie Benjaminstraat stry gekry oor die toestand van 'n motorband.

Volgens getuies het Denver in haar slaapkamer gaan lê terwyl die konstabel die motor skoongemaak het.

Skoot klap

Haar suster was in haar eie kamer in die woning, en hul moeder buite met die hond doenig toe 'n skoot geklap het.

Konst Davids het na bewering met hul tuiskoms haar dienspistool in 'n kluis weggesluit. Die wapen is by die liggaam gevind.

"Denver se pa werk al 19 jaar by Molenaar, en Denver vyf jaar lank, sedert sy skooljare hier," het Kobus le Grange, werkswinkelbestuurder, gesê.

"Hy het as skoonmaker begin, en hom vinnig opgewerk tot masjienoperateur. Hy was bekend vir sy uitsonderlike netheid."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]