|
DIE New Orleans Sekondêre skool vier vandag sy mondigwording met die tradisionele jaarlikse atletiekbyeenkoms op Daljosafat
Stadion.
Dit gaan weer 'n onvergeetlike byeenkoms wees waar die sekondêre skole van Paarl en Stellenbosch-omgewing mekaar die stryd aansê.
Op 11 Maart word Mej New Orleans gekies. Hierdie geleentheid word opgevolg deur 'n sokkertoernooi op 9 April.
Die naweek van 29 en 30 April trek al die families van leerders saam om makietie te hou tydens 'n familiedag en veiling.
Op 7 Mei pak die manne en vroue van die verskillende sportkodes mekaar aan in 'n toernooi teen besoekende skole.
Vanaf 23 tot 28 Mei is daar 'n kultuurweek en op 5 Augustus bied die skool 'n banket aan.
Vroeg in Oktober word die jaar se verrigtinge met 'n Kerkdiens afgesluit.
Vir enige navrae, kontak Joslyn Jones by 862-0900.
|