safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 17 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 24 February 2005.

Sport


Paarl increase their lead

[ Top ]


THE Novel Paarl cricket team had no trouble in dealing with the threat from their nearest rivals, Maties, in their Boland Super League encounter on Saturday.

Paarl won this home game at the Parys Cricket Grounds by a convincing margin of seven wickets.

Brackenfell, who are currently in the third spot on the log, also lost to Young Peoples at Dal Josaphat, aiding Paarl in opening up an even greater gap to remain firmly on course for the championship.

SPEED DEMON: Lyndon Fredericks was the sting in Paarl's bowling attack against Maties on Saturday in Paarl. Fredericks boasted the figures of 4/45.

Maties posted only 168 in their allotted 60 overs, with the young Lyndon Fredericks (4/45) wreaking havoc in the middle order.

Denver van Reenen (2/46) and Rohan Goetham (2/30) chipped in to keep the visitors under pressure, and it was only Wimpie Louw (49), Clifford Prinsloo (28) and Magnus van Rooyen (27) who showed some resistance with the bat.

The Paarl batsmen were in scintillating form, but opening batsman Carlo Crotz (51 not out) had to work hard against some nagging bowling towards the end.

In contrast to Crotz' three boundaries, partner Bobby Nicholson (45 in 30 balls) showed the visiting bowlers scant respect, hitting six boundaries and two sixes during his 35 minutes at the crease.

A 90 run partnership between Crotz and Marco Walters (39 4x5) saw the log leaders to within striking distance of the easy target.

The Novel Paarl team will host Brackenfell on Saturday.

Paarl II also retained their position at the top of the log, after beating Maties II by 92 runs at Coetzenburg.

Lindsay van der Berg (47), Andrew Cupido (35) and Graham Adams (33) batted well to set the home team a target of 214 in 60 overs. Phillips (3/28) and Theron (3/43) impressed with the ball for the students.

Morgan Adams (5/44) excelled with the ball for Paarl, ably assisted by Kurt Martin (3/38).

Marius Botha (35 not out) received little support and the home team was bundled out for 121.

On Saturday, Paarl II travel to Brackenfell, Paarl III to Easterns, while Paarl IV host Wellington.

The Over 35 teams of Paarl and Young Peoples play each other at the Parys Grounds on Sunday.


Boland mik na eendag-eindstryd

[ Top ]


DIE Boland Amateur-span het wel nie die sukses behaal wat hulle sou wou hê in die Verenigde Krieketraad se driedag-kompetisie nie, maar is goed op dreef om dalk in die eendagkompetisie hul merk te maak.

Die Boland speel Saterdag teen die Titans se amateurspan in die halfeindstryd van die eendagkompetisie.

Die Boland se eerste posisie op die punteleer van die B-groep het dan ook bepaal dat dié kragmeting op die Paarl se Boland Park beslis word.

Die Boland het in sy laaste twee eendagwedstryde vir WP met 43 lopies en die Griekwas met een paaltjie geklop.

Die laaste stryd op Kimberley was omtrent 'n riller, vertel die span se breier, Deon Smith.

"Griekwas het 270/7 in hul 45 boulbeurte aangeteken.

Ons was in die 12de beurt in die moeilikheid op 59/4. 'n Vyfdepaaltjie-vennootskap deur Ryno Arendse (74 van 81 balle, 4x8), en Henry Fourie (93 van 100 balle, 4x10) het egter tot die span se redding gekom," vertel Smith.

Hoewel dié twee se beurt van 175 lopies van 184 balle in 115 minute grootliks bygedra het tot die Boland se sukses, was die wedstryd tot op die laaste bal in die weegskaal.

"Met die aanbreek van die laaste beurt moes ons nog 11 lopies kry, met nog net een paaltjie staande. Toe begin dit reën en moes ons die veld verlaat.

Die spelers het 20 minute later weer op die veld gestap. Jacques van Wyk het 'n ses van die eerste bal geslaan. Twee wydlopers en drie enkellopies het ons die teiken laat haal, met een bal oor," vertel Smith.

Mario Olivier was die Bolanders se beste bouler met 'n ontleding van 3/59 in 8bb.

Swak veldwerk het egter die Bolanders duur te staan gekom in die voorafgaande driedagwedstryd.

Griekwas was in hul tweede kolfbeurt 'n skamele teiken van 14 lopies gestel nadat Boland 289/7 en 155 aangeteken het.

Die tuisspan se reuse eerstebeurt-totaal van 430/8 kon egter baie minder gewees het, was dit nie vir vier verbroude vangkanse en twee uithardloop-geleenthede wat die Bolanders deur hul vingers laat glip het nie.

Die wedstryd het egter 'n mylpaal vir Boland ingehou deurdat dit die eerste keer die seisoen is, dat Boland sy eerste beurt enduit kon kolf.

Clifford Prinsloo (50 en 27), Ryno Arendse (72 en 38), Henry Fourie (41 en 29), Wimpie Louw (46), Pepler Sandri (4/97 in 21bb) en Wallace Albertyn (3/88 in 22bb) was die Boland se uitblinkers.

Boland het vierde geëindig in die driedagkompetisie.

'n Vraagteken het Woensdag nog oor Henry Davids gehang. Davids wat die ligamente in sy regterenkel geskeur het, moet vandag 'n fiksheidstoets slaag as hy teen die Titans wil speel.

Smith het gister sy spelers deur 'n harde veldwerksessie laat sweet om te verseker dat blapse in die veld nie Saterdag sake versuur nie.


Wellington vertrap Van der Stel

[ Top ]


WELLINGTON se eerste krieketspan het Saterdag sy posisie in die Boland se Premier Skildkompetisie versterk toe hy vir Van der Stel met ses paaltjies geklop het.

Beide spanne van Wellington Krieketklub speel in die skildkompetisie.

Wellington I wen die loot op Stellenbosch en stuur Van der Stel in om eerste te kolf.

Na 'n eerstepaaltjie-vennootskap van 66 lopies, sou die besoekers gewonder het of dit die regte besluit was.

Geduld van die Wellington-boulers en goeie, akkurate boulwerk het egter druk op Van der Stel geplaas en 'n deurbraak verseker. Van der Stel eindig uiteindelik met 182 lopies op die bord.

Broers Albert (3/26) en Martin van der Merwe (3/33) blink uit met die bal.

Vir Van der Stel het die kaptein, N Nortcote (42, 4x3), goed vertoon.

Wellington maak korte mette met die totaal en behaal dit in die 39ste boulbeurt met slegs vier paaltjies plat.

Godfrey Stevens (69nun 4x5), Jaco Conradie (52 4x5, 6x3) en David Stevens (37 4x5) het met die kolf ingeklim.

Op die Pen Basson-velde kon Wellington II nie hul oorwinning van vroeër die seisoen herhaal nie.

Van der Stel kolf eerste en behaal 211/9. C Lotz (47 4x8) moker die besoekers se lopies.

Miaan Rossouw (4/36) het die beste geboul vir Wellington.

Benewens Richard Stroebel (56 4x8, 6x1), kon geeneen van die tuisspan-kolwers die mas opkom nie en Wellington word vir 176 lopies uitgehaal, 36 kort van 'n oorwinning.

J Hatting (4/48) en R Steyn (6/34) is die Van der Stel-boulers wat die skade aangerig het.

Saterdag speel Wellington I tuis teen Oostelikes I en Sondag speel Wellington II tuis teen Hermanus II.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]