|
BESTUURDER
benodig deur
SILWERKRUIN TEHUIS VIR BEJAARDES WELLINGTON
vanaf 1 Mei 2005
Pligte:
• Algemene organisasie en bestuur van tehuis.
• Koördinering van alle afdelings ten einde optimale versorging en
welstand van bejaardes te verseker.
• Skakeling tussen inwoners, naasbestaandes, bestuursraad,
personeel, vakbonde en publiek.
• Hantering van aansoeke en opnames.
• Empatie en begrip van bejaardesorg.
Vereistes:
Vermoë om 'n span te lei en te motiveer.
Kennis van 1. Arbeidswetgewing
2. ACVV prosedures en reëls
3. Regte en versorging van bejaardes
Die geskikte kandidaat is 'n dinamiese leier wat 'n positiewe
beeld uitdra en deur 'n effektiewe bestuurstyl daaglikse aktiwiteite beheer.
Vorige ondervinding en 'n toepaslike tersięre kwalifikasie 'n aanbeveling.
Rig aansoeke met volledige CV aan:
Die Voorsitter Bestuursraad Silwerkruin, Fonteinstraat, Wellington, 7655 of faks na (021) 873-5874 Sluitingsdatum: 28 Februarie 2005?
|