 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 17 June 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 24 June 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Arts - Kunste |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Meisies sing oor die vrou |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
DIE Hoër Meisieskool Paarl bied op Donderdag 24 en Vrydag 25 Junie "Hoesê, me.Vrou" aan, 'n kabaret oor die rol wat kommunikasie in 'n vrou se lewe speel.
Dit bevat lewendige en stylvolle danse, ou bekende liedjies soos 'New York, New York' (maar met 'n vertolking wat hoendervleis gee), minder bekendes, verwerkings en 'n paar splinternuwes.
Die vertonings, in die stadsaal, begin om 19:00. |
|
 |
|
|
|
|
|
KABARET. Vier van die sterre van 'New York, New York' is Zandile Maxam agter en voor (van links) Bianca Bouwer, Martha de Wet en Chanel de Reuck. |
|
|
Donderdagaand word dit in konsertstyl aangebied en kaartjies kos R30 (kinders R20).
Vrydagaand se kaartjies sluit 'n driegangmaaltyd, wyn en 'n program in en kos R100.
"Hoesê, me.Vrou" belowe om 'n koue Paarlse wintersaand vuurwarm te maak.
Kaartjies en besprekings by die skool, 872-1730 |
|
|
|
 |
|
 |
Enter now for Mr & Miss Paarl 2004 |
|
|
 |
YOUNG PEOPLE can enter for the Mr & Miss Paarl 2004 competition until 21 July. The competition will take place on Saturday 11 September at 19:00 at the Paarl Ontspanningsklub in Du Toit Street.
There is four categories: Mr & Miss Petit (7-9 yr), Mr & Miss Pre-teen (10-13 yr), Mr & Miss Teen (14-16 yr) and Mr & Miss Paarl (17-22 yr).
Entry forms are available from the venue or local schools. The entrance fee is R50. Entrants must include two photos, one full length and one face.
Semi-finals will take place on 14 August.
Tickets for 11 September are R75 for the gala dinner. There are also tickets available at R20 for spectators. Contact Wilna Stander at 073-199-3969. |
 |
Oudisies by sentrum |
|
|
 |
DIE Frank Pietersen Musieksentrum hou volgende week van Maandag tot Vrydag oudisies.
Enige persoon wat belang stel om 'n musiekinstrument te bespeel, kan vooraf 'n afspraak reël by die sentrum se kantoor, by tel 872-2123/4 tussen 10:00 en 18:00.
Veral laerskoolleerders word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak.
Onderrig word gegee in alle simfonie-orkesinstrumente, klavier, blokfluit, jazz instrumente en Afrika perkussie. |
 |
Mavis in die Ou Meulteater |
|
|
 |
|
 |
DIE stuk 'Mavis van der Merwe - Reconstructed' is môreaand om 19:30 in die Ou Meulteater in die Paarl te sien.
Dit vertel die hartseerstorie van 'n boereseun wat vlug uit die platteland om 'n nuwe lewe te begin in die stad. Hier lewe hy (of is dit sy?) 'n dubbele lewe.
Dan daag sy alkoholisniggie, Bernice Strydom, op - 'n werklose transvestiet wat as prostituut 'n bestaan probeer maak. Saam, voor hulle spieëls, bespreek en herleef hulle hulle kinderdae.
Mavis wil nie 'n bordjie om die nek gehang word nie - sy is nie 'n fopdosser nie. Sy is wat sy is - 'n man in vroueklere. Sy wil haar eie identiteit in die nuwe Suid-Afrika hê...
Die spelers is Paul de Ville, André Steyn, Pieter Jonas, André Terblanche, Heinrich Jonas, Donna Europa en Siswe Higa. Musikale verwerkings deur Paul de Ville.
Kaartjies is R50 per persoon en sluit 'n gratis wynproe, sjerrie en peuselhappies in (Rietrivier se wyne sal ook teen kelderpryse beskikbaar wees). Bespreek by Print Right, tel 872-7209. |
 |
|
 |
Gospelsanger in Paarl |
|
|
 |
|
 |
'n OPKOMENDE, nuwe ster op die gospelmusiektoneel, Anne-Marie van Eeden, kan Woensdag om 18:30 in die Strooidakkerk, Paarl, gehoor word.
'n Tragiese voorval in Januarie 2000 het Anne-Marie se lewe en musiekloopbaan op 'n nuwe koers geplaas toe haar seuntjie, Frederick (3), hulle swembad verdrink het.
Al die liedjies wat sy sing, is ná die tragedie geskryf, en sy vertolk dit as 'n kragtige getuienis van die genade en geborgenheid wat sy in dié moeilike tyd van God ontvang het.
Die musiekstyle wissel van Latyns-Amerikaans tot jazz en Afrika-ritmes. Dit word beskryf as "gospel met 'n verskil".
Anne-Marie sing en speel self klavier, en word bygestaan deur Schalk Joubert op baskitaar en kontrabas, Tim Rankin op tromme en Anjulie de Vos op tjello en harmonieë.
Toegang is R30 (kinders R20). Kaartjies is te koop by die kerkkantoor, Louw-Deysel Prokureurs (Eerste Vloer, JC Cuff-gebou, Hoofstraat, Paarl), Die Gieter (Hoofstraat) en Lux Verbi (Pick 'n Pay sentrum), of kontak Fanie Botha by 072-386-8849. |
 |
|
 |
Piano competition |
|
|
 |
FIVE pianists will participate in the final round of the 11th annual Hennie Joubert Piano Competition in the Endler Hall in Stellenbosch on Thursday 24 June at 19:30.
The finalists will be accompanied by the Cape Philharmonic Concert who will be conducted by Chris Dowdeswell.
This year's five finalists are Klara du Plessis of Bloemfontein, Julia Hong of Pretoria, Esthea Kruger and Bruce Williams of Stellenbosch and Gareth Ross of Johannesburg.
You can book at Computicket from 21 June. For further queries, contact André Serfontein on 864-5228. |
|
|
|
|
|
|