![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 17 June 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on 24 June 2004 at 17:30 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
OP 31 Desember verlede jaar was ek by my huis in Harperstraat, Paarl-Oos, toe ek om 03:30 iemand met 'n wit broek en swart hemp in my bure se huis sien inbreek. My bure was nie tuis nie. Ek het ondersoek ingestel en die verdagte gesien. Ek het die Paarl-Oos polisie ontbied en om 03:45 het hulle die verdagte gaan soek, wat weggehardloop het. Terwyl die polisie na hom gesoek het, het ek opgelet dat die huis van Johanna Scheepers, wat 'n week tevore oorlede is, oopgebreek is. Die plek was baie omgekrap. Ons het haar ID-boek, kaarte, breekware en ander items in 'n vullisdrom gekry by die verdagte se huis. Dieselfde nag het 'n polisielid met die verdagte agter in die vangwa daar aangekom. Die volgende dag was hy al op vrye voet. By navraag het hy gesê dat die saak uitgegooi was. Ek kon nie verstaan hoe dit gebeur, as die gesteelde goed dan by hom gekry is nie? Vyf maande later het ek weer Paarl-Oos polisie gebel om te hoor hoekom die verdagte steeds op en af in die straat loop. Insp Theonis Segelaar het dadelik die saak kom ondersoek. Hy het uitgevind dat die verdagte nooit by die hof opgedaag het vir sy saak nie. Die inspekteur het hom toe weer op 4 Junie gearresteer op aanklag van huisbraak en diefstal. Hy is nou in aanhouding in Pollsmoor. Ek wil net dankie sê aan insp Segelaar. Ons as gemeenskap waardeer sy spoedige diens en doeltreffendheid. Veronica |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
EK wil graag reageer op die brief van "Dit was nie my skuld nie" van 27 Mei. Mnr James Solomons kon homself maar die moeite en tyd bespaar het om hierdie brief te skryf. Ek glo nie enige leser wat 'n bietjie geleerdheid het, sou dié swak verskoning aanvaar het nie. Bid jou dit aan, dat 'n bedrag van R700 in jou spaarrekening betaal word (elke maand nogal) en jy kom dit nie eens agter nie. Nee Meneer, jy het goed geweet, maar soos die meeste van die raadslede, sal jy mos nie so 'n meevallertjie versmaai nie. Dit is tog immers part en deel van die soustrein, nie waar nie? Moenie die rekenaar of ander se nalatigheid die skuld probeer gee nie - steek maar jou hande diep in jou sak en gee aan die keiser wat die keiser toe kom. Ons het dit nodig. Sukkelende Paarliet |
|
|
|
|
EK wil graag terugvoering gee aan "dooie beloftes". Na deeglike ondersoek het ek die volgende om aan die moedelose lede van Drakenstein Gevangenis te rapporteer. 'n Baie betroubare informant het my meegedeel dat daar R20 000 bewillig is vir herstelwerk aan paaie te Drakenstein terrein. Hulle praat van Oktober wat dit herstel moet word, maar sê nie watter jaar nie. Verder het al die strate name gekry, en die een wat die meeste beskadig, en vol gate en slote is, dié is vernoem na oud-president Nelson Mandela. Sjoe, spaar hom dit op sy oudag asseblief. Persoonlik dink ek en meeste van die lede op Drakenstein dis 'n klap in iemand soos mnr Mandela se gesig. Vernoem eerder die pad na iets soos Kraterlaan of Volstruislaan. My ondersoek het my verder na Hawequa gevangenis in Wellington gelei. Daar moes ek weer eens sien hoe lede wat woonagtig is in die getroude kwartiere, hul sala-risse moet mors op skokbrekers, bande en vellings. Verdien hulle dan so baie in salarisse? Ek glo nie. In 2010, oor ses jaar, kry ons land baie buitelanders wat verseker persele soos Drakenstein Gevan-genis sal besoek. Ek hoop rêrig teen daardie tyd sal die paaie al beter lyk! In die oë gesit |
|
|
|
|
IN Napierstraat in die Paarl word wingerde uitgehaal vir dorpshuise, dieselfde in Foxglovestraat. Wat word van ons pragtige groen dorp? Waar is ons natuurbewuste en bewaringsbewuste mense wat altyd kla oor die bome wat gedurig deur ander uitgehaal word? Wingerde word uitgehaal vir mense, mense verloor werk - hoe rym dit? Is dit geldgierigheid? Ek vra maar net. Bekommerde Paarliet |
|
|
|
|
ONS het met groot skok om te verneem dat taxipryse met ingang van 1 Julie in Paarl en omliggende gebiede die hoogte gaan inskiet, sonder dat alle eienaars, drywers en die pendelaarsgeken is in die aangeleentheid. Hoekom moet die pendelaar opdok terwyl in ander gebiede daar gesubidieerde busvervoer beskikbaar is? Ongelukkig kry die taxi-bedryf geen subsidies nie. Is dit regverdig? Bekommerde taxi-eienaar |
|
|
|
|
EK woon vir die afgelope elf jaar in 'n huis in een van Wellington se stil en rustige woonbuurte. Elke namiddag, en veral oor naweke speel die kinders en ry fiets op en af in die straat. Tot op 'n dag toe nuwe intrekkers en hul trawante besluit die straat is die gepaste plek om te kyk hoe vinnig sy voertuig, en sommer al sy vriende s'n ook, op en af kan ry in hierdie doodloopstraat. Kinders, honde en katte en gewone regdenkende mens moes vlug uit die pad, want dis nou 'n renbaan. Waarskuwings en beledigings is heen en weer na mekaar geslinger, maar nog nie die einde. Nou word 'n rustige slapie en stilte op 'n Sondagmiddag, of selfs 03:00 op 'n Sondagoggend vervang met skreeuende bande en oorverdowende musiek. Wanneer verloor een van hulle nie beheer oor sy voertuig en jaag deur 'n huis of die omheining en dood iemand nie? Op hoeveel vorige geleenthede is daar skriftelik aansoek gedoen by die plaaslike munisipaliteit vir spoedwalle, maar sonder sukses. Ek voel dis onregverdig om my kind te hou agter toe deure, om te bang te wees om my voertuig in die pad te los of om oor die pad na 'n buurman te loop. Ek betaal my eiendomsbelasting getrou elke maand en my woning het ek nie verniet gekry nie, daar word maandeliks duur vir hom betaal. Moet ek en al die ander moedeloses dan nou sulke kinderlike, ongevoelige en selfsugtige optredes duld? Nou verstaan ek as mense die wet en orde in hul eie hande neem! Ek rig 'n versoek aan persone wat dieselfde voel as ek om ook te skryf sodat die probleem opgelos kan word deur die owerhede. VVV (Vreemde Vlieënde Voorwerpe) |
|
|
||||||||||
|
SONDAG is Vadersdag. Vir sommige mense is dit 'n belangrike gesinsdag - ander meer siniese lede van die gemeenskap sien dit as 'n poging om vir hulle geld uit die sak te jaag. Kyk 'n mens na die oorsprong van die dag, besef jy dat dit werklik oor dankbaarheid en gesinswaardes gaan: 'n kind wat haar pa wou vereer vir die belangrike rol wat hy as alleen-ouer vervul het. In die hedendaagse samelewing het pa's 'n verskeidenheid rolle. Tradisioneel bly die pa meestal die broodwinner en ook die gesinshoof. Maar nuwe uitdagings en ook die verandering in die vrou se posisie, verander deesdae dikwels die prentjie. Mans moet nou inspring en help met huishoudelike take, want baie vrouens verrig self ook 'n veeleisende dagtaak buite die huis. Die adams moet deesdae hand bysit as dit kom by die opvoeding van kinders, en betrokkenheid by skole is ook op hulle skinkbord. Moenie jou gewete sus met die tjekboek en geskenke nie - bederf hom ook met 'n heerlike, rustige dag. En luister 'n slag behoorlik na al sy probleme en bekommernisse. |
|
|