ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 17 June 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 24 June  2004 at 17:30

People - Mense


wferdiFC
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

DIE Paarl se Big Brother  is verloof. Die vrou wat Ferdinand Rabie se voete onder hom uitgeslaan het, is 'n donkerkop van Stellenbosch. Colene Visser woon en werk al vyf jaar in Washington DC, Amerika. Haar broer Constand en Ferdinand is van skooldae af vriende, maar Colene se liefde  het eintlik eers in Desember regtig begin blom. Dié naweek was die paartjie by die Formule 1 Grand Prix in Kanada, Ferdinand met 'n verloofring in sy sak. In die kerk in Montreal waar Celine Dion ook getrou het, het Ferdinand vir hulle gebid en toe vir Colene gevra om te trou.


'n Pa op en van die krieketveld af

[ Top ]

Leon Steenkamp


DIE oud-Boland en SA President XI-krieketspeler, Salieg Nackerdien, is steeds in sy leerskoene as dit kom by vaderskap en dit is op die krieketveld waar hy baie van die lesse leer wat hy gebruik om sy enigste seun voor te berei op volwassenheid.

Salieg is in beheer van die Lipton Wes-Kaapse Krieketakademie in die Paarl en rig ook die Boland B-span af. Weens die aard van sy werk moet hy gereeld die vaderrol vertolk vir die spelers onder sy vlerk.

wsaliegFC

VADERLIEFDE. Salieg Nackerdien en sy seun, Imran.

"Ek het 18 verskillende persoonlikhede in my Akademie-groep en almal moet jy verskillend hanteer. Dit is belangrik dat jy die verhouding reg kry met jou spelers sodat hulle die vrymoedigheid het om met jou te praat nie net oor krieket nie, maar ander aspekte ook.

"Ek glo jy het 'n job om te doen, en jy moet dit professioneel doen. Die groot taak is om daardie 18 spelers die beste afrigting te gee en die beste uit hulle te haal. Spelers moet gelukkig wees, dan doen hulle hul beste vir jou.

"As jy op 'n eiland gaan sit en hiet en gebied gaan die spelers nie produktief wees nie, jy moet egter ook nie boetie-boetie raak met hulle nie," sê hy.

As pa van die 13-jarige Imraan, sê Salieg, hy leer nog elke dag iets nuut van vaderskap.

"Ek was soos Imran ook 'n enkelkind. Die band tussen ma, pa en seun is dus vir my baie belangrik.

"Die ondersteuning wat ons onderling vir mekaar gee, is belangrik vir Imran se groei op akademiese en sportvlak asook in sy godsdiens. As daardie verhouding reg is en ons kan mekaar vertrou, dan sal ons sukses bereik," sê hy.

Salieg is ook erg gesteld daarop dat mense nie sy seun, wat verlede jaar die Boland o.13 krieketspan aangevoer het, met hom moet vergelyk nie.

"Baie keer koester mense verwagtinge. Hulle dink dit is Salieg Nackerdien se seun, en hy moet speel soos ek gespeel het toe ek jonger was.

"Hy kan nie soos ek speel nie - hy is 'n speler op sy eie. Hy moet kan speel die beste wat en soos hy kan speel.

"As dit nie goed gaan nie, moet jy net harder werk en as dit goed gaan dan moet jy besef daar gaan tye kom waar dinge nie volgens plan gaan verloop nie. Maar jy moet altyd levelheaded wees oor jou sukses en jou teleurstellings."

Dit is 'n beginsel wat Salieg ook voortdurend as "Pa" by sy spelers probeer tuisbring.

"Sommige van my outjies skerts gereeld met my: 'Salieg jy praat baie.' Maar dis waaroor dit gaan. Ons kan nie net gaan bat en boul nie, ons moet praat en redeneer oor die game."

"'n Goeie verhouding tussen jou en jou kind of jou spelers is waar jy ook jou respek kry."

En respek is iets waarvan Salieg baie van het vir sy eie ouers, Ebrahim (78) en Aziza (77). "Jy moet jou ouers elke dag waardeer, veral as jy nog so gelukkig is soos ek met albei my ouers wat nog leef.

"Ons almal word op Vadersdag aan die belangrikheid van vaderskap herinner, maar my uitgangspunt is dat jy elke dag jou ouers moet waardeer vir wat hulle vir jou gedoen het.

"Jy as kind kan nie vir hulle teruggee dít wat hulle oor die jare vir jou gedoen het nie," sê Salieg.

As pa is Salieg se raad vir Imran om homself te wees en sy alles te gee. "Om my kop te hou as ek krieket speel. My beste te doen en nie hand uit te ruk as ek speel nie. Om dinge rustig te benader en om hard te werk en hard te oefen," sê die skaam graad 8-leerder wat deesdae vir Gim se o.14A-span krieket speel.

"En om sy voete plat op die aarde te hou en nederig te bly," voeg Salieg by.

"Jy moet nooit vergeet dat daar Iemand bo jou is wat vir jou leiding gee nie. Sukses kom nie oornag nie.

"Somtyds vergeet jy waarvandaan jou talente kom, en dit is belangrik om tyd te maak om Hom te bedank vir die talente wat hy vir jou gegee het," sê Salieg.

Nederigheid is daarom vir hom baie belangrik, juis omdat hy die gevolge van hoogmoed al eerstehands ervaar het. "Ek het al in die verlede gesien hoe outjies se ego's te groot raak. Hulle maak provinsiale spanne, ongeag die ouderdomsgroep, en word dan weggevoer oor hul status. Hulle bereik iets, maar ná 'n jaar of twee is hulle nêrens nie.

"Hy is miskien nog steeds 'n goeie speler, maar verloor fokus pleks van nederig te bly en hard te werk soos die ouens wat miskien minder vaardighede en talent het, maar die toewyding het om ook bo uit te kom.

"Jou ingesteldheid begin al by die oefening, hoe jy ingestel is om te kolf of te boul. Hulle sê 'Practice makes perfect', ek sê 'Perfect practice makes perfect'.

Vir  Salieg, vroulief  Ghairijah, en Imram is spesiale geleenthede dié tye wat hulle as gesin saam spandeer by hul strandhuis in Langebaan.

"Ons is mal oor die see, dit is waarnatoe ons altyd wegbreek wat, in vandag se tyd met stres baie goed is. Dit is 'n baie rustige atmosfeer en jy vergeet sommer van alles.

"Ons probeer so veel as moontlik kwaliteit-tyd saam deurbring. Met die krieket-skedules en wat dit behels, veral met hom," sê Salieg as hy beduie na sy seun, "is ek heeltyd besig met krieketafrigting, fiksheid en alle aspekte van die game."

Dit is duidelik dat Salieg se benadering tot die lewe hand-aan-hand gaan met sy benadering tot krieket.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]