 |
Rooi Rose lê sesde. Die wind is egter uit die seile van Windmeul United wat met 15 punte in die 10de posisie lê. Die span van die Agter-Paarl kon tot dusver nog net drie wedstryde wen en 15 punte insamel vir hul moeite.
In die vierde liga lê al die Paarl-spanne in die onderste helfte van die punteleer.
Young Standards het vyf uit 10 wedstryde gewen en is in die sewende posisie op 21 punte, gevolg deur Laer Paarl (Blues) met 20 punte.
Paarl Violets is nog op soek na hul eerste sege van die seisoen. Na nege agtereenvolgende nederlae het dié span slegs 2 punte op die bord en lê hulle onderaan die punteleer.
Uit die 15 spanne wat in die vyfde liga meeding, lê Vineyards gemaklik in die sesde plek met 25 punte. Hul onlangse oorwinning oor die huidige voorlopers Strand Pioneers (38) het gewys dat as Vineyards hul sake agtermekaar kry, hulle vanjaar nog goed kan doen.
'n Warm kompetisie kook in die sesde liga met Blue Stars United wat voorloop met 30 punte.
Die enigste Paarl-span, Allandale, wat in die vyfde posisie lê, is egter net 'n enkele punt agter die voorlopers en enigiets kan nog hier gebeur. |
 |
|
 |
Peoples Sewestoernooi skop af |
|
|
 |
|
 |
DIE 14de Young Peoples/Rea-Konstruksie Sewe-aan-'n-kant-toernooi skop môreaand op Daljosafat Stadion af.
Die organiseerders beloof volop aksie en dosyne drieë in dié kompetisie wat jaarliks deur Peoples aangebied word.
Die klubspanne wat vanjaar in aksie sal wees, is Peoples, Riverstones, Albions, Paarl, Laer Paarl (Blues), Allandale, Vineyards en Paarl Violets.
Blues, wenners van verlede jaar se toernooi, sal hul titel wil verdedig, terwyl die ander spanne op hul beurt weer alles in die stryd sal werp om die nuwe kampioene te word.
Elkeen van die uitspeelwedstryde duur slegs 20 minute. Die wenners en verloorders in elk van die wedstryde sal in die halfeindstryde van 'n beker- en plaatkompetisie teen mekaar te staan kom, gevolg deur die eindstryde.
In die eerste wedstryd om 19:00 speel Vineyards en Paarl teen mekaar, gevolg deur Albions teen Violets (19:20), Blues teen Allandale (19:40) en Peoples teen Riverstones (20:00). Die aand se hoogtepunt, die bekereindstryd, word om 22:40 gespeel.
Benewens die klubs sal vier hoërskole ook teen mekaar kragte meet.
New Orleans sal om 18:15 teen Charleston Hill te staan kom, terwyl Paulus Joubert en Noorder-Paarl mekaar om 18:40 sal pak. |
 |
|
 |
Min baantyd pla gholfspelers |
|
|
 |
|
 |
'n GEBREK aan genoegsame speeltyd op die gholfbaan is die grootste probleem in die ontwikkeling van dié sport.
Dit het dr Bernhard "Bones" Nagel, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Gholf Ontwikkelingsraad, gesê toe hy onlangs die Paarl besoek het.
Nagel, afrigters Grant Hepburn en Mervin Galant en die Raad se streekbestuurder, Michael Bredenkamp, het kom hand bysit by die afrigtingsessies van Isaac Mahoney, 'n plaaslike Boland Gholfstigting-afrigter.
"Ons besoek al die streke waar die Gholfstigting werksaam is, evalueer die afrigting en gee dan ook raad met van die ontwikkelende spelers.
"Ons kyk hoe die spelers vorder en 'n paar ekstra oë help altyd," verduidelik Nagel.
Grant het die poging van Mahoney om die spel te bevorder, geprys.
"Die Boland is gelukkig om vir Isaac te hê. Ons is beïndruk met die standaard van die spelers. Die Boland is onder die top drie areas in die land (saam met Vrystaat en Grens). Die potensiaal is fantasties.
"Die probleem is om die spelers op die baan te kry en daar speel finansies 'n rol. Dit is hoekom ons so dankbaar is teenoor klubs soos Wellington wat hul baan gereeld tot die beskikking van die spelers stel.
"Die feit dat die sowat 20 spelers wat in die Boland Stigting-toernooie speel soveel sukses behaal en hulle dan slegs een keer per week die geleentheid kry om op 'n volwaardige baan te speel, wys watter talent hier is," sê Nagel.
"Ons onderhandel tans met al die gholfklubs in die land om R1 per ronde te skenk sodat die spelers meer gereeld kan speel. Van die klubs voel dit is onnodig, maar dis waar die sport se toekoms lê - in die jong spelers."
Volgens Mahoney onderhandel hy tans met die Munisipaliteit rakende die oprigting van 'n Mashey-baan ('n kleiner weergawe van 'n gewone gholfbaan).
Vervoer, sê Nagel, is nog 'n groot probleem, met die grootste gedeelte van die Boland se jaarlikse begroting van sowat R380 000 wat hiervoor aangewend word.
Nagel glo dat die goedhartigheid van plattelandse gholfklubs ook beteken dat die groot spelers van die toekoms vanuit die streke. |
 |
|
 |
Rangers breek wendroogte |
|
|
 |
NADAT Paarl Rangers in ses agtereenvolgende wedstryde die knie moes buig, het hulle Saterdag karakter getoon toe hulle Stellenbosch Coronations naelskraap 15-13 (10-0) op Daljosafat geklop het.
Rangers se ligter span het met goeie hardlooprugby vorendag gekom en was dit nie vir hanteringsfoute op kritieke oomblikke nie en 'n strafskop wat nouliks die pale gemis het nie, kon hulle 'n groter voorsprong teen rustyd opgebou het.
In die tweede helfte het die besoekers met hul swaarder voorspelers begin speel en maak so sake gelyk gemaak.
In die laaste 10 minute, neem Coronations die voorsprong ná 'n strafdoel. Rangers veg egter hard terug en word beloon met 'n drie aan die hand van Claude Vos (slot) wat dan ook as speler van die wedstryd aangewys.
Rangers II verloor 15-14 en die derde span speel 10-10 gelykop.
Rangers speel Saterdag in hul jaarlikse derby teen Young Gardens op Faurestraat Stadion. Die junior wedstryde begin om 10:00. |
 |
Boland-proewe vir padfietsryers |
|
|
 |
|
 |
DIE Boland Padfietskampioenskappe word Saterdag in die Paarl gehou.
Fietsryers van alle kategorieë sal om 14:00 in Markstraat wegspring. Die ope-wedren wat oor sowat 100km strek, sal die roete deur Simondium op pad na Franschhoek en terug Paarl toe verby die Drakenstein Gevangenis, volg.
Die o.16's ding mee oor 60km, die o.14's oor 40km en die o.10/o.12's oor 20km.
Inskrywings kan vanaf 12:30 by die wegspringpunt gedoen word en is R30 (R20 vir skoliere).
Die organiseerders sal nie die kampioenskappe weens reën afstel nie, maar as gure weer dit onveilig maak, sal die byeenkoms dalk uitgestel word.
Met die wenner van verlede jaar se ope-afdeling, Garth Thomas, en nog 'n harde trapper, Nolan Hoffman, wat tans vir die Gautengse span van Excell ry, sal die veld oop wees vir van die junior ryers om die titel hul eie te maak.
Ryers wat sal mik om die speke hard te laat sing, is Lorenzo Cupido en Verdi Farao (albei van Yorkshire) terwyl die Matie-ryers oudergewoonte ook 'n groot faktor sal wees. Navrae: Howard Heneke 072-136-0881.
* Lede van die Paarl Fietsryklub het Saterdag skoonskip gemaak in die o.16 ouderdomsgroep van die WP Padfietskampioenskappe wat by Paardeberg gehou is.
Reniell Matthysen was eerste, gevolg deur Marius Bester en Quintus Delport.
Ander lede wat plek gekry het, is Emile Jacobs (tweede in o.12-afdeling) en Maureen Smith (eerste in veteraan-vroue-afdeling). |
 |
|
 |
High school soccer competition launched |
|
|
 |
|
 |
THE formal establishment of the Kay Motsepe Cup in the Boland took place in Paarl last Thursday.
This is the second sponsored competition for schools' football which will also culminate in a national final in September.
The competition was officially introduced in Boland by Trueman Prince, who serves on the national election committee of the South African Football Association (Safa) and is also the Safa co-ordinator of football in the Western Cape.
The expertise of the governing body was called upon to ensure the competition is technically and professionally executed.
The Kay Motsepe Cup is a soccer competition for high school and any school may enter. Only boys up to the age of 21 may participate.
Some parties frowned upon the age structure, but it was explained that due to our political history it is unfortunate that there are still learners in school that are over the age of 19 and that these players should not be excluded from playing.
Great prizes can be won on regional, provincial and national level, with the national finalist walking away with R200 000, which includes cash and equipment.
Bernhard Hendricks will organise the competition in the Boland. He can be contacted on 873-1559 or 083-769-3723. |
 |
|
 |
Peoples maak skande |
|
|
 |
DIE eerste span van Young Peoples Rugbyklub het Saterdag in Kenilworth skande gemaak toe hulle 31-7 (13-0) teen Primrose verloor het.
Primrose het van die begin af met oorgawe gespeel en die besoekers op die agtervoet gedwing. Die Tiere het totaal ongemaklik gelyk, met veral hul verdediging wat kwaai teleurgestel het.
Slegs Giezler Sitzer (senter) en Ben Martin (heelagter) was hul sout werd, in 'n span wat 'n lagwekkende aantal blapse gemaak het.
Sitzer het Peoples se drie gedruk terwyl Martin 'n doelskop behaal het.
Peoples II het 13-12 gewen terwyl die derde span 17-12 verloor het. |
 |
Albions sak vir niemand nie |
|
|
 |
|
 |
DIE eerste span van Albions Rugbyklub het Saterdag die eerste ronde van die WP se tweede liga onoorwonne afgesluit toe hulle vir Strand United 20-12 geklop het.
Albions het na 20 minute eerste punte aangeteken toe Gamain Poggenpoel in die agterlyn breek, die bal vorentoe skop en Ju-Wayne Cyster (senter) op die bal val vir die eerste drie. Alvin Hugo slaag daarna met 'n strafskop om sake 8-0 te maak.
Voortdurende druk werp vrugte af vir Albions toe hul hardwerkende baljagter, flank Yulin Claasen, druk en Hugo verdoel om hul voorsprong tot 15-0 te strek wat dan ook die rustydtelling was.
Te veel hanteerfoute en afstaan van strafskoppe het Albions se spel in die tweede helfte gestrem.
Strand United druk twee drieë en slaag ook met 'n doelskop in dié periode.
Die lostrio van Claasen, Jenovan Cornelissen en Morné Goetham se goeie druk op Strand se skrumskakel en agterlyn het egter die Paarliete in beheer gehou.
Cyster het Albions se derde drie gedruk, terwyl skrumskakel, Ashley Raubenheimer as speler van die wedstryd aangewys is. Albions II verloor 11-7 en die derde span wen 10-5. |
|
|
 |
|
|
|