safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 17 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 24 July  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Kommissaris se uitlating was onregverdig

[ Top ]


VOLGENS die berig wat sowat twee weke gelede in die Paarl Post verskyn het, het die kommissaris van die SAPD, komm Ganief Daniels, aan die gemeenskap van Paarl-Oos die uitlating gemaak dat die polisielede van Paarl-Oos korrup is.

Dit was 'n skokkende uitlating, op die tydstip toe die herstrukturering van die staatsdienste, veral die SAPD Boland, uitgevoer was.

Lede is verplaas na ander standplase soos bepaal deur die herstruktureringskomitee (lede van Paarl-Oos SAPD is ook verplaas, insluitende die stasiekommissaris).

Daar ontstaan nou 'n paar kwelvrae: is die lede verplaas omdat hulle korrup is of is hulle verplaas as gevolg van die herstruktureringsbeleid? Wie sal nou weet?

Ek kan my net indink hoe die lede in onsekerheid met voortgaan om hul daaglikse taak te doen en na so 'n uitlating nog moet probeer positief bly in die organisasie vir wie hulle hul lewe moet opoffer.

Dit kan nie weggeredeneer word dat daar by baie staatsdepartemente insluitend die SAPD ongerymdhede is nie, maar waarom die onskuldige lede saam met die sondebokke straf deur sulke uitlatings?

Is daar nie prosedures in die SAPD wat gevolg moet word as 'n lid oortree of strafregtelik vervolg moet word indien 'n misdaad gepleeg word nie?

Reëls om oortreders vas te vat is daar, so waarom word dit dan nie toegepas nie? Of is dit net makliker om die verhouding tussen Paarl-Oos SAPD en die gemeenskap te versuur en lede se werksaamhede nog moeiliker te maak deur sulke uitlatings?

Indien daar korrupte lede is, volg die regte prosedure, wat ek glo die kommissaris beter as enige ander lid ken, eerder as om hardwerkende lede te benadeel.

'n Verdere vraag is: is dit nie die geagte kommissaris se eie onvermoë om sy beloftes aan die gemeenskap van Paarl-Oos na te kom nie? Dit is tog die kommissaris wat belowe het dat hy Paarl-Oos, spesifiek Chicago, onder sy vleuel gaan neem en regruk.

Is die gemeenskap tevrede met die kommissaris se "regruk"-aksie of word die onvermoë verbloem deur die gemeenskap se aandag daarop te vestig dat die polisielede van Paarl-Oos korrup is?

My meegevoel met die onskuldige lede wat vanaf Paarl-Oos verplaas is en die swaard van oneerlikheid en korrupsie wat oor jul koppe hang, daar geplaas deur kommissaris Daniëls.

Teleurgesteld


ANC ploeg lekker met die DA se kalwers

[ Top ]


IN sy antwoord op my brief slaan Raadslid Arthob Petersen (ANC) die bal heeltemal mis.

Waar in my brief het ek gesê dat die huidige finansiële posisie van Drakenstein Munisipaliteit ongesond is? Dit is juis my bekommernis dat die ANC/NNP alliansie die goeie werk van die DA ongedaan maak, wat ek uitgespreek het.

Dit is tog immers die Junie 2001 en Junie 2002 begrotings van die DA wat Drakenstein Munisipaliteit reggeruk het en in staat gestel het om reserwes op te bou. 

Die feit dat die Munisipaliteit nie nou 'n lening hoef aan te gaan nie, beklemtoon juis dat genoeg fondse opgebou is om projekte te finansier. 

Sekere syfers wat hy noem, moet met omsigtigheid bejeën word. Dit sluit in raadslid Petersen se stelling dat 99,8% van skuld tans ingevorder word (dié persentasie hang af van vooruitbetalings byvoorbeeld vir eiendomsbelasting).

Hy verswyg egter die uitstaande skuld ouer as 90 dae wat meer as R100 miljoen beloop.

Hy noem ook nie dat die Munisipaliteit tans teen R1,6 miljoen per maand agteruit boer weens belastingbetalers wat nie hul huidige skuld betaal nie.

Dit lyk asof die ANC/NNP nou wil krediet neem vir die goeie finansiële bestuur van die toegewyde amptenare onder DA beleid die afgelope twee boekjare, waartydens die amalgamasie van Paarl, Wellington, Saron en Gouda in een munisipaliteit besondere eise gestel het. 

Ek het reeds gewaarsku teen die nuwe rigting wat die ANC/NNP begroting van Junie 2003 inslaan.

Die DA is bekommerd dat die invorderingsbeleid slegs verander is teen die advies van die Hoof van Finansies.

Indien die meer as R100 miljoen ou skuld wat uitstaande is, nie ingevorder word nie, indien die invorderingsbeleid nie nuwe skuld aanspreek nie, en indien voortgegaan word om die reserwes vir die Voorsiening vir Slegte Skuld aan te wend, sal die las op die betalende inwoners van Drakenstein in die toekoms onhoudbaar  word. 

Ek hoop net nie die huidige ANC/NNP-alliansie gaan, soos die vorige ANC-bewind by Paarl Munisipaliteit, die fondse wat reserwes moet ondersteun, vir ander doeleindes aanwend nie. 

Dit het tot gevolg gehad dat reserwes in vorige balansstate aangedui word, terwyl daar geen geld in die bank was om dit te ondersteun nie. 

Ek verwys onder andere in hierdie verband na R4,658 miljoen wat in die 1999/2000 balansstaat as 'n reserwe vir Uitstaande Verlof aangedui is. 

Toe die DA aan die einde van 2000 oorgeneem het, moes hulle by die gebrek aan werklike ondersteunende fondse sodanige reserwe uit die balansstaat skrap.

Ek het reeds aangedui dat, teen die huidige verhogings in belastings en tariewe, die belasting op 'n woonhuis van R250 000 (met 'n 10% styging per jaar in die waarde van die woonhuis, en 'n 8% styging in eiendomsbelasting), oor die volgende tien jaar met meer as 400% kan styg. 

Die jaarlikse belasting op so 'n eiendom sal oor tien jaar dus R11 569, en oor twintig jaar R78 391 beloop. 

Soortgelyk sal 'n huis wat nou vir slegs R100 000 gewaardeer is, se jaarlikse eiendomsbelasting oor tien jaar R4 627, en oor twintig jaar R31 356 beloop.

Wie kan dit bekostig? Is dit nodig dat ek die syfers vir water, elektrisiteit en ander dienste nog byvoeg?

Waar Raadslid Petersen op die kort termyn dus slegs kyk na die afskrywing van oninbare skuld, hoop ek dat hy en al die ANC/NNP-raadslede nou kan insien waarheen ons op pad is.

Deetlefs du Toit (DA raadslid)


Gesin wag lank om in besette huis in te trek

[ Top ]


EK is 'n inwoner van Klapmuts wat al sedert November sukkel om ons huis wat deur 'n ander gesin beset is, terug te kry.

Sowat 'n jaar gelede het ek gehoor dat 'n huis aan my vrou toegeken is deur die Munisipaliteit, na jare op die waglys.

Toe ek en my vrou Diline by die huis te Mosesstraat 53 kom, het 'n ander gesin egter reeds daar ingetrek.

Toe ek navraag doen by die Munisipaliteit, word aan my vertel hulle kon my nie in die hande kry nie, maar dis nie waar nie.

Herbert Mentoor

Pieter Loftus, skakelbeampte van Stellenbosch Munisipaliteit, reageer: Die Munisipaliteit het 'n huisnominasie aan mev D Mentoor gemaak en ons rekords was voorlopig so aangepas. 

Die aansoek was namens haar en 'n kind - haar man was nie aangedui as 'n aansoeker

of lid van die gesin nie.

Een van die kriteria vir die toekenning van behuising is dat die persoon in die Klapmutsgebied woonagtig moet wees.

Sou dit blyk dat die inligting wat op die aansoekvorm gegee was, nie korrek is nie, kan so 'n nominasie teruggetrek word.

Mev Mentoor kon, na uitgebreide navrae, nie opgespoor word nie en volgens familie was sy op daardie stadium in die Durban-omgewing woonagtig.

Die huis is toe na 'n jaar aan die volgende persoon op die waglys toegewys. Geen oordrag van eiendom is deur mev Mentoor onderteken nie.


Editorial:

To catch a thief

[ Top ]


TO catch a thief you need a dedicated police force, well equipped and with sufficient manpower.

Well, don't laugh - that was the scenario in the "good, old days" and it is, unfortunately, still some people's perception.

What is true these days is that you need wide awake people in the community who are prepared to commit themselves for the better of all.

Neighbourhood watches are one of the place where you can see them in action.

Going beyond the call of duty these men and women patrol neighbourhood streets at all hours of the day and night and provide the police with valuable information.

This was the case in Mbekweni over the weekend where members of the local neighbourhood watch helped the police to apprehend three suspected car thieves.

Their dedicated efforts even led to an arrest on the train at Hermon, before the suspect could escape to Gauteng.

The exceptional efforts of another organisation, the Noorder-Paarl Watch, has also been commended by the police for having prevented burglaries during the holidays in the area they patrol.

If more people could find it in their social consciences to become involved in safeguarding their immediate neighbourhoods, we could see a turnabout in crime statistics for Drakenstein.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za