safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 17 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 24 July  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


Projek help siek kinders

[ Top ]


wteleFCDIE nuutste tegnologie het nou ook die Paarl Hospitaal bereik, met die nuwe Telemedicine Projek wat onlangs hier van stapel gestuur is.

Dit stel dokters van die hospitaal in staat daartoe om met dokters van die Tygerberg Hospitaal deur middel van 'n

BO: TEGNOLOGIE. Dr Breslau Kruger (links), superintendent by die Paarl Hospitaal, en dr Eckhart von Delft by die nuwe skandeerder en digitale kamera.

e-pos te kommunikeer, wat in die meeste gevalle die vervoer van pasiënte na die stad uitskakel.
Die Paarl en Durbanville Rotariërs

asook Rotariërs uit die VSA het fondse ingesamel vir die rekenaar en skandeerder. Hulle het nou ook 'n digitale kamera aan die hospitaal geskenk.

Volgens dr Breslau Kruger, superintendent van die Paarl Hospitaal, spaar dit hulle baie moeite.

"Tegnologie is deesdae so gevorderd en dit is net logies dat hospitale ook daarby betrek sal word.

"Met hierdie nuwe stelsel neem ons foto's van die pasiënte of van die X-strale met 'n digitale kamera en e-pos dit dan na die Tygerberg Hospitaal.

"Die spesialiste daar se menings en opinies is dan onmiddellik beskikbaar, wat dit vir ons soveel makliker maak," het hy gesê.

Die rekenaarstasie is toegebou in 'n houtkas verskaf deur Bushby skrynwerkers en geborg deur Van der Sluys Bouers.

* Rotary has sponsored a telemedicine unit to assist Paarl hospital.


Concert to launch project

[ Top ]


A BIG launch of the Pathisanani Project in Mbekweni, is to be held in the Mbekweni stadium on Saturday 26 July at 10:00, with a number of gospel groups from as far as Khayelitsha performing.

Pathisanani means "all together" and is a new welfare project to which members contribute with R10 each month for the purchase of raw materials.

The project is Peninsula wide and encourages men and women to do handicrafts to support themselves.

Everything from handicrafts to car repairs and electrical work, is done with raw material supplied by the project. They also collect and market the products once  completed.

The projects provides soup to the hungry and cares for HIV/Aids and TB patients when they can no longer care for themselves.

Sewing and knitting equipment and material as well as office equipment is required and all donations are welcome.

For enquiries, phone the office (868-2846) or Mvuyisi Mhkondweni (083-352-6359).


Biddag vir kinders

[ Top ]


''n KINDERBIDDAG word Sondag om 15:00 by die Charis Outreach Ministries op die hoek van Lackay- en Van den Boschstraat agter Foodworld aangebied, met gospelsangeres Wilma Brooks as kunstenaar en Cedrick Benans as seremoniemeester.

Op die program is ook 'n sangkompetisie. Navrae by Reggie Hendricks (082-5048-749) of Florence Williams (073-1525-908).


Sjampanje vir Vrouedag

[ Top ]


'n HEERLIKE sjampanje-ontbyt word vir Vrouedag, Saterdag 9 Augustus, beplan in die saal van die NG Kerk Suider-Paarl.

Die program word deur Devine Foods, die spyseniersafdeling van Piper's restaurant, aangebied en die opbrengs gaan na Kansa.

Kansa sorg vir 'n praatjie oor "Kanker en die Vel". 'n Spreker sal ook gesels oor haarversorging. Dit  begin om 09:00 vir 09:30 en daar is talle geskenkbewyse te wen. Uitstallings van vroueprodukte sal   die program aanvul.

Kaartjies is R70 elk by Sandra Beck 871-1835.


Proefees

[ Top ]


DIE Simonsvlei se proefees gaan 'n bietjie uitbrei en sal voortaan op die laaste Saterdag van die maand gehou word.

Die volgende mark is op Saterdag 26 Julie, dan 30 Augustus en weer op 27 en 28 September.

Kosprodukte is hoofsaak: alles is gekeur en natuurlik met die hand vervaardig by die huis of op die plaas.

Hulle soek nog produkte soos samoesas, droëvrugte en neute.

Leefstyl-produkte soos braaitoerusting, tafeldoeke, tuinmeubels en blomme is by hul produkte voeg.

Navrae by Heila Brand, 863-3040.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za