|
|
 |
Nuus - News |
|
Manhunt on train |
 |
 |
 |
|
Leigh Reitz |
|
|
|
 |
THIEVES will get what's coming to them, even if they try to flee Paarl by train.
This is the message the members of the Mbekweni Neighbourhood Watch sent out to perpetrators this weekend, when their alertness led to the apprehension of three thieves.
Members patrolling the area early on Saturday morning saw three young men pushing a car out of a driveway in E Block in Mbekweni at about 04:30. |
 |
 |
|
The owner of the 1984 Mazda hatchback, town councillor David Xhaso, was sound asleep in his bed.
One suspect was caught on the scene by the neighbourhood watch, while the other two fled. One of them was later arrested at his home. |
|
 |
 |
|
|
REUNITED. It's not easy to get away with a stolen car when the Mbekweni Neighbourhood Watch is around. Here town councillor David Xhaso (right) is reunited with his car by a proud Dumisani Mziki, who was instrumental in catching the thieves. |
|
|
 |
 |
|
But when members of the Watch tried to apprehend the third suspect at his home, shots were fired at them. They then sought police assistance.
During the ensuing investigations, a tip-off was received that the suspect was on his way to Johannesburg by train. The station master confirmed the booking.
Then it was time for action and it was off to the Wellington station in great haste, as the train had already departed from Huguenot at 10:00.
At Wellington station neighbourhood watch member Dumisani Mziki and policemen boarded the Trans-Karoo train, thoroughly searching it with the aid of the Dog Unit.
Their search proved successful. A suspect was arrested in a third-class carriage and taken off the train at Hermon.
Mandelakhe Manzini (25), Simphiwe Matakata (22) and Kuni Bam (20) of S block appeared in the Paarl Magistrate's Court on Monday on charges of theft. |
 |
Glibberige kalant vas |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE Paarl is nie gesond vir swendelaars nie, daarvoor is die polisiemanne veels te wakker.
Dit het die ontsnapte motordief wat hom as 'n "dokter" voordoen, verlede week tot sy spyt uitgevind nadat hy met 'n gesteelde motor deur die Paarl probeer wegjaag het.
Die man, Abdul Adams wat op tientalle beweerde motordiefstalsake in die Skiereiland gesoek word, is onlangs vasgetrek nadat hy onder valse voorwendsels met twee motors in die Paarl verdwyn het.
Hy het aan motorverkoopsmanne voorgegee dat hy 'n dokter is.
Hy is kort daarna aangekeer op Swellendam, maar het uit die polisiekantoor ontsnap.
Daarna is hy met inligting van Paarl polisiemanne by sy huis in Ottery vasgetrek.
Adams is in Pollsmoor aangehou, maar het by die Kaapstadse hof ontsnap toe hy daarheen geneem is vir verhoor op 'n Skiereilandse diefstalsaak.
Vrydag het die Paarl polisie gehoor die glibberige vent is met 'n gesteelde voertuig in Worcester opgemerk, nadat hy brandstof ingegooi het en weggery het sonder om te betaal.
Toe die Worcester polisie hom in Dutoitskloofpas wou vastrek, het hy in 'n polisievoertuig van die Worcester Honde-eenheid gespring en weggejaag oor die pas.
Die Paarl polisie het dadelik 'n padversperring op die pas opgestel, maar die man het verbygejaag en is toe agternagesit.
Nadat lede van die Paarl honde-eenheid bevestig het dat die man in die patrollievoertuig wel die verdagte motordief is, het hulle op die voertuig geskiet.
By die plaas Mineral Springs in Klein Drakenstein het hulle die agterbande stukkend geskiet en die man moes die voertuig stop.
Hy het die hasepad gevat en in die bosse op die plaas verdwyn, met al wat 'n polisieman uit die Paarl en Paarl-Oos is, agterna.
Die hulp van 'n helikopter is ingeroep en kort voor lank is die verdagte opgespoor.
Hy is in veilige bewaking in die Paarlse polisieselle toegesluit, maar later oorgeplaas na Allandale gevangenis.
* An escaped car thief was apprehended on a farm near Paarl, after a high speed chase by local policemen. |
 |
|
 |
 |
|
Verkeershoof maak nou huis skoon |
|
|
 |
DAAR gaan dissiplinêr opgetree word teen twee verkeersbeamptes van Drakenstein, nadat ongerymdhede met betrekking tot lisensies aan die lig gekom het.
"Na bewering is lisensies op 'n onregmatige wyse uitgereik," het verkeershoof Japie Cornelissen gesê.
"Danksy die flinke optrede van 'n anonieme lid van die publiek kon daar onmiddellik opgetree word.
"Die vraag ontstaan nou net: hoeveel lisensies is nie reeds op hierdie manier uitgereik nie?"
Cornelissen sê die moontlikheid van 'n eksterne ondersoek en vervolging is nie heeltemal uitgesluit nie.
"Ek is ernstig oor 'n skoon en deursigtige administrasie en doen 'n beroep op die publiek om enige inligting met betrekking tot korrupsie onverwyld onder my aandag te bring."
Cornelissen kan geskakel word by 872-4755.
* Die Anti-Alkoholmisbruik Eenheid van Drakenstein Verkeer het die naweek drie geslaagde padblokkades gehou. Hulle het 184 dagvaardings uitgereik en vyf mense vir dronkbestuur gearresteer. |
 |
 |
|
"Jobs" in Alaska a scam, warns embassy |
|
|
 |
|
 |
THE United States embassy in Cape Town, and the Alaskan Department of Labour, have warned that South Africans must not be misled about job opportunities in Alaska and the United States.
A Johannesburg company sells an "info pack" on such "job opportunities" for R440, and complaints have been received about people in the Boland also selling these "books" for this amount.
According to Alaskan labour commissioner Ed Flanagan, Alaska's Job Centres and private sector employment offices are being inundated with phone calls, letters and e-mail from South Africans looking for work in Alaska.
"These people need to be aware that contacting us is a waste of their time and their hard-earned money, unless they are a United States citizen or have the legal right to work here."
Tom Hall, in charge of foreign labour certification for DOL, says people are being charged for a book of names, addresses and phone numbers of people who are supposedly hiring for the fishing season with the understanding that contacting anyone will guarantee them a job in Alaska.
"It's all public information that wouldn't necessarily get them a job even if they were residents," Hall said. "This is information that's lifted from phone books.
"It's a scam that's been going on in the United States for years. Now it's spread overseas. While it's an inconvenience for us, it's creating a real hardship for these people who are spending anywhere from $30 to $40 for useless information."
Flanagan said Alaska Job Centres assist callers to the extent that they can, by referring them to the proper channels.
But he warns that staff do not have the resources to answer e-mail and letters from out of the country and encouraged people to contact local consulates for assistance before attempting to contact anyone in the United States or Alaska. For more information, visit the website http://southafrica.usembassy.gov and view the "FAQ" section. |
 |
|
 |
Veediewe in bek geruk |
|
|
 |
|
 |
TWEE vermeende veediewe is in aanhouding nadat boere in Agter-Paarl die afgelope weke derduisende rande skade aan veediefstal gely het.
'n Private sekuriteitsfirma vermoed 'n sindikaat is verantwoordelik vir die strooptogte op plase.
Volgens Marius Jacobs van die firma CSS is inligting Dinsdagaand ontvang dat veediewe bedrywig was in die omgewing van Tikkie Briers-Louw se plaas, Caledonville.
Verlede week is daar ook twee beeste op die plaas gesteel.
Die sekuriteitsmanne het die veediewe 15km te voet in die rigting van Mbekweni agtervolg, deur drade wat op drie plase deur die diewe geknip is.
Toe hulle die veediewe kon voorlê, het een van die mans daarin geslaag om te ontsnap. 'n Dragtige koei is veilig teruggevind.
"Ons glo ons het die diewe in die bek geruk," het Jacobs gesê.
"Alles dui daarop dat dit dieselfde diewe is wat die afgelope weke in die distrik bedrywig was en vee van sowat R150 000 van ses boere gesteel het."
* Two suspected stock thieves have been arrested in Agter Paarl. |
 |
|
|
Don't believe them |
 |
 |
 |
|
Leigh Reitz |
|
|
|
 |
|
 |
DON'T believe everything you are told, is a lesson that a few Mbekweni residents learned the hard way recently, when a so-called "sangoma" made off with more than R300 000 of hard-earned money and earthly possessions.
"Dr Nelson Hombe" started operating in Thembani Square about four months ago, according to investigating officer insp Simpi Mpoli.
The man apparently lured residents to his business, by telling them that he had the ability to multiply money, leaving all in awe of his "powers".
Seven residents fell prey to his scheme, willingly handing over items such as cellphones, jewellery, expensive leather jackets, video cameras, sunglasses and clothing.
One woman even withdrew R50 000 from her bank account, on a promise that it would be turned into R1 million by the end of the day.
The "doctor" also drove off in her Toyota Conquest, promising her that he would take it for a wash.
When he did not turn up after two days with either the money or the car, the victims smelled a rat and contacted the police.But the "doctor" was far gone already, not to be heard of or seen again.
Insp Mpoli warned the community against swindlers and asked that people approached with such proposals should phone him on 868-3036. |
 |
|
 |
Seun weer in hof vir moord |
|
|
 |
 |
|
DIE seun van die vermoorde Lorna Januarie, bekende haarkapper van Paarl-Oos, kom weer vanoggend in die Paarlse Landdroshof vir 'n borgaansoek voor.
Darrian Januarie (19) het verlede Donderdag op 'n aanklag van betrokkenheid by die moord voorgekom.
Hy het in Junie in die landdroshof verskyn op 'n aanklag dat hy sy pa se vuurwapen gesteel het.
Lorna is in April vanjaar in haar haarsalon in Klein Drakensteinweg vermoor en haar man, Colin, is deur die moordenaar in die onderbeen geskiet.
'n Selfoon en kontant is tydens dié voorval gesteel.
Die ondersoekbeampte is insp Graham Adams. |
|
Dalk hof toe oor "Mall" |
 |
 |
 |
|
Anne Kruger |
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
HOEWEL baie Paarliete ten gunste is van die ontwikkeling van die Paarl Mall winkelsentrum in Ceceliastraat, onder meer weens die agteruitgang van die Paarlse middedorp, is daar ander wat daarteen gekant is en dit dalk in die hof sal beveg.
Tiger Foods het onlangs die aanbod van die ontwikkelaars aanvaar en 'n groot deel van hul fabrieksterrein (voorheen Langeberg Foods) langs die KWV kelders in Ceceliastraat verkoop aan Spire Properties vir die bou van die Paarl Mall.
Onbenutte geboue op die terrein moet voor 1 Januarie deur Tiger Foods gesloop word, wat hul fabriek sal sentreer in die noordwestelike deel van die terrein, die naaste aan Paarl-stasie.
Die winkelsentrum van R240 miljoen sal uiteindelik sowat 35 000 vierkante meter beslaan op die oorblywende terrein van 15 hektaar.
Veral inwoners in die omgewing van dié terrein is sterk gekant teen die ontwikkeling, weens die beoogde afrit van die N1 na Ceceliastraat wat beplan word om die sentrum te bedien.
Die ontwikkelaars het hulle reeds bereid verklaar om nie alleen R5 miljoen te betaal vir die nuwe N1-afrit nie, maar ook 'n verdere beraamde R10 miljoen te spandeer om die Worcester-oprit uit Hoofstraat weswaarts te verlê om die nuwe afrit moontlik te maak.
Inwoners van Nuwe Vleistraat is nie te vinde vir 'n besige afrit na Ceceliastraat nie, en het 'n prokureur aangestel om hul belange te verteenwoordig.
Volgens Hannes Wagener van Nuwe Vleistraat het die ontwikkelaars van die winkelsentrum die inwoners mislei.
"Daar is te kenne gegee dat Nuwe Vleistraat gesluit gaan word om deurverkeer te verhoed, maar nou word 'n afrit onder ons neuse gebou.
"Nie net die toegange verander nie, die winkelsentrum self lyk glad nie meer soos die landelike Kaapse styl wat oorspronklik aan ons voorgehou is nie, en waarvolgens die Munisipaliteit die hersonering goedgekeur het nie.
"Die Munisipaliteit behoort die hele projek weer te adverteer vir besware, anders sal ons regstappe moet oorweeg om ons belange te beskerm."
'n Hofstryd kan die bou van die sentrum aansienlik vertraag.
Verskeie sakemense in die Paarl is ook bekommerd oor die uitwerking wat die ontwikkeling op die middedorp kan hê.
Die winkelsentrum sal min voordele inhou vir die Paarl, meen Dana Buys, 'n sakeman wat die inisiatief steun om die Paarlse middedorp te herontwikkel.
"Besighede gaan net suidwaarts skuif na die nuwe sentrum, tot nadeel van die middedorp, terwyl min bykomende werksgeleenthede geskep sal word," sê hy.
* Owners of properties bordering on the site of the proposed Paarl Mall, are considering legal steps to halt the development and an off-ramp from the N1. |
 |
|
|
Third time unlucky |
 |
 |
 |
|
Leigh Reitz |
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
THEY say third time lucky and this seems not to be true for Faizel Riaz.
He is not a happy man and no wonder: his cellular shop, Mr Cellular in Verster Street in Paarl, was broken into by thieves last Friday evening, leaving him very despondent and negative about Paarl.
He immigrated to South Africa from Pakistan four years ago and moved to Paarl almost two years ago.
"My first cellular shop was situated in Church Street in Wellington.
"Last year over the Easter weekend they broke in and stole cellular equipment, after which I decided to close up shop.
"In the same year they broke into my car as well," he says.
The bad luck forced him to move to Paarl, but it has not been for the better.
"The owners of the shop next door to mine called me at 07:30 on Saturday morning, telling me that something was wrong, because the door to my shop was open and we only open at about nine o' clock.
"The robbers apparently had a master key to the front door. They broke down the iron gate in front of the door, after which they gained entrance.
"They stole about 250 starter packs, 30 cellular phones as well as car-kits. Some of the phones were to be repaired for customers and now I have to replace them."
He has now installed an alarm after the break-in.
"I just don't understand this crime wave. I didn't think Paarl would be such a bad town." |
 |
|
 |
Polisie slaan slag |
|
|
 |
DIE Wellington polisie het die naweek 'n slag geslaan, toe 'n inbraak vinnig opgelos is.
Drie jeugdiges wat die naweek met hande vol inkopies in Kerkstraat op Wellington gestap het, het die aandag van twee polisiemanne getrek.
Insp Marlon Josephs en konst Piet Koordom het die drie voorgekeer omdat hulle verdag voorgekom het en kry toe sowat R800 op hulle.
Na ondervraging het dit aan die lig gekom dat die geld moontlik gesteelde lonegeld van Hexberg is.
Kort voor lank het dit geblyk dat drie ook verbind kan word met 'n inbraak by die woning van ds André du Toit van Hugenote Kollege.
Du Toit was baie dankbaar toe hy sy skootrekenaar, 'n leerbaadjie en sy vrou se duur ring van R16 000 aan hom terugbesorg is nadat die gesteelde goedere aan die polisie uitgewys is in 'n nabygeleë wingerd. |
 |
Brand eis lewe |
|
|
 |
 |
|
''n NEGENTIENJARIGE jong man van Wellington het oor die naweek tragies gesterf, toe die opslaanhut waarin hy lê en slaap het, aan die brand geslaan het.
Marvin-Leigh Adams van Hospitaalstraat het glo ''n vriend van hom in Powellstraat gaan besoek. Hy het vuur in 'n "ghellieblik" gemaak en dit saam met die hok ingeneem. Vermoedelik het hy weens die walms van die vuur aan die slaap geraak en het die blik omgeslaan.
Die vuur is deur omstanders geblus, waarna hulle besef het dat daar iemand in die gebou was.
Adams het aan veelvuldige brandwonde beswyk. Hy kon slegs aan sy skoene uitgeken word. |
|