safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 17 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 24 July  2003 at 17:00

People - Mense


Sunny Bastille Fest a hit

[ Top ]


wpet01FCTHE Bastille Festival in Franschhoek was enjoyed in bright sunshine over the weekend, drawing thousands of visitors.

Activities included cooking demonstrations by top chefs, mountain biking, fly fishing and boule.

A wine and food fair was held in the marquee behind the town hall, with music and food demonstrations, while Franschhoek restaurants presented gourmet specialities to taste right through the festival.

Visitors met winemakers and chefs

WINNERS. These three petanque players were the winners of the competition held during the Bastille Festival in Franschhoek. From left are Archie Williams, Titus Simpson and Louis Jacobs, the team from the Berg River Valley Forum for Retired Persons (BFR). They are very proud of their victory over 29 other teams, as they only started playing this year. They beat the Pniel Petanque Players (PPP) in the final 13-9.

personally and had the opportunity to purchase wine and products at farm prices.
A life-sized baby elephant of wire covered in papier mache and wine labels, portraying the Franschhoek elephant theme, was on display and will be auctioned on 13 September in aid of Hospice.

It was made by the Prince of "Live Wire Art", Aca Prince, and decorated by children of the Huguenot Valley.
 


Paarliete laat waai

[ Top ]


DIE Paarlse manne en vroue kan mos ry.

 Paarliet Paul de Villiers van die plaas Cedar in Klein Drakenstein en sy vriendin, Hillet Roelofse, is onder die tien finaliste in vanjaar se Eco Challenge.

Charel (Kalahari) Bruwer en sy spanmaat, Japie Louw, altwee van Somerset-Wes, is tot dusver die voorlopers in die kompetisie.

Die uitdunronde waaraan die publiek met hul eie voertuie kon deelneem, is op die Hexrivier 4x4-roete gehou.

Veldry- en herwinningsvernuf is getoets voordat die kandidate 'n vraelys met 4x4 kennis moes voltooi.

Uit die 180 spanne is daar vanjaar twee Bolandse spanne in die eindronde.

Die semi-finaliste het dit in Mei en Junie in die dik sand by Askam in die Kalahari uitgespook.

Die finale ronde word van 7 tot 22 Augustus beslis by die monding van die Kunenerivier en die Skedelkus. Die ryers neem dan met geborgde Mitsubishi veldvoertuie deel.


Vreemde troukar

[ Top ]


'n BOER van Franschhoek, Paul Roux van die plaas La Provence, maak soms vreemde planne om huwelikspaartjies tevrede te stel wat een van sy veteraanmotors wil gebruik as troumotor.

Maar toe 'n paartjie van Durban hom onlangs nader om sy 1946 Chevrolet vragmotor beskikbaar te stel, het hy kopgekrap.

Hy het al sowat 50 bruide in sy veteraanmotors na kerke en huweliksonthale vervoer, maar 'n vragmotor?

En hoe sou hy hulle bo-op die vragmotor kry?

Maar 'n boer maak 'n plan. Gou het hy hooibale opmekaar gestapel om as trappe te dien vir die egpaar.

Hoog en droog het hulle toe op die bale gesit en deur die strate van 'n besige Franschhoek gereis onder luide toejuiging van omstanders.

Roux se vader, Danie, het die vragmotor in 1946 as Weermagsurplus gekoop teen 450 pond.

Die vragmotor het vir vyftig jaar diens gedoen op die plaas en rus nou in vrede in 'n motorhuis op die plaaswerf.

Benewens dié vragmotor, besit Roux nog twee Citroëns, 'n 1948 Dodge, 'n 1952 Chevrolet vragmotor en 'n 1927 Dodge.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za