safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 17 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 24 July  2003 at 17:00

Sport


Boishaaier lei SA Skolespan

[ Top ]


wdopFCDIE Boishaaier en kaptein van die WP Cravenweek-span, Pieter Louw, is die taak opgelê om die SA Skole rugbyspan Saterdag te lei in hul wedstryd teen Frankryk in Pretoria.

Die SA Skole- en SA Akademiespan is Saterdagmiddag na afloop van die Cravenweek op Boland Stadion op Wellington aangekondig.

Saam met Louw (agtsteman) is sy skoolmaat Wilhelm Steenkamp (slot) ook in die SA Skolespan opgeneem.

Paarl Gimnasium se Jacobie Adriaanse (stut) en Ashley Johnson (flank) asook die

WAAR'S DIE BAL. Die groot WP-flank, Leon Karemaker, gee 'n nuwe betekenis aan op-sy-kop verdediging tydens die nie-amptelike eindstryd van die o.18 Coca-Cola Cravenweek wat Saterdag op Wellington ten einde geloop het.                                                 Foto: Leon Steenkamp 


Boland-speler Hilton Lobberts (flank) van New Orleans Primêr is in die Akademie-span opgeneem.

Die SA Akademie-span speel volgende Saterdag in Johannesburg ook teen die Franse o.18-span.

"Ek is baie trots en dankbaar vir my Here," het Louw Saterdag ná die aankondiging van sy kapteinskap gesê.

"Dit is vir my 'n baie groot stap vorentoe en ek sien baie uit daarna om te speel," het hy oor die komende wedstryd teen Frankryk gesê.

Louw het vanjaar vir die tweede keer Cravenweek gespeel en is verlede jaar in die SA Akademie-span opgeneem.

Bolanders tevrede

Die kaptein van die Boland Cravenweek-span, Pieter Bergh, het Saterdag ook breed geglimlag ná die goeie vertoning wat sy span tydens die toernooi gelewer het.

"Ek is baie tevrede. Ons het voor die tyd vir ons die doelwit gestel om al ons wedstryde te wen en in die hoofwedstryd te speel.

"Ons het nie so goed gespeel in die oefenwedstryde nie, maar het in die twee dae voor die Cravenweek hard gewerk en ons was suksesvol.

"Hoewel ons nie daarin geslaag het om die hoofwedstryd te haal nie, het ons wel die toernooi onoorwonne afgesluit," het Bergh, 'n matrikulant aan Hugenote Hoërskool, gesê.

Nege plaaslike spelers is ook in die Groen Groep van Sarvu opgeneem.

Spelers wat vir die Groen Groep gekies is, is geoormerk vir ontwikkeling met die oog op hul insluiting in toekomstige nasionale oefengroepe.

Daarby is daar ook 'n Goue Groep van spelers wat SA rugby reeds op junior vlakke verteenwoordig het en gereed gemaak word vir moontlike Springbok-loopbane.

Onder die 27 in die Goue Groep tel spelers soos Derick Hougaardt, Schalk Burger, Enrico Januarie en Earl Rose.

Die kies van die spelers is deel van 'n nuwe stelselmatige talent-identifiseringsprogram wat gedeeltelik daarop gemik is om die hoeveelheid swart spelers op provinsiale en nasionale vlak te vermeerder.

Hoewel daar al vir die afgelope tien jaar ontwikkelingsprogramme in werking was, is hulle nie met 'n logiese strategie gekombineer om 'n omvattende program te vorm nie.

Die doel van die nuwe oefengroepe is om die vaardighede van dié spelers in areas soos fisieke toestand, rugbyvaardighede en voeding te verbeter. Programme oor sielkundige taaiheid word ook beplan.

Plaaslike spelers wat in die Groen Groep opgeneem is, is die Bolanders Lobberts, Wikus van Dyk (Hugenote), Elgar Watts (Klein Nederburg), Marvin Arendse (Newton Klub) en van die Westelike Provinsie is dit Adriaanse, Steenkamp, Louw, Johnson en Gerrit van Wyk (ook van HJS).


WP steeds baas in Cravenweek

[ Top ]


DIE Westelike Provinsie het Saterdag op Wellington in die hoofwedstryd op die laaste dag van die o.18 Coca-Cola Cravenweek hul nie-amptelike titel as Cravenweek-kampioene verdedig deur Vrystaat 20-17 te klop.

Die jong Cheetahs het van die afskop af die spel na die Streeptruie geneem. Die agterlyn het die bal telkens wyd gespeel en slegs koorsagtige verdediging het gekeer dat die Vrystaters nie die punte opstapel nie.

Hoewel die Vrystaters eerste gedruk het, het die WP gou in rat gekom en kort voor lank 20-5 voorgeloop.

In die laaste periode van spel veg Vrystaat terug en druk twee drieë, maar dit is te min te laat.

Kaptein Pieter Louw (agtsteman), Jason Mitchell (vleuel) en Berwan Haupt (senter) het vir WP gedruk, met Jodie Rose (losskakel) wat met 'n straf- en doelskop geslaag het.

Vir Vrystaat het Ashwin van Heerden (vleuel), Richardt Strauss (flank) en Alwyn Hollenbach (heelagter) gedruk. Herman Pretorius het een verdoel.

Die Streeptruie het in sy vorige twee wedstryde die Valke (46-9) en die Goue Leeus (27-13) geklop.

Vroeër die oggend het Boland die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hulle die Valke met 18-11 geklop het.

Hoewel die tuisspan deurgaans teen swaarder pakke voorspelers te staan gekom het, het die vlugvoetigheid van hul agterspelers en hul goeie verdediging vir hulle die hef in die hand gegee.

Boland het vroeër die week vir die Luiperds (20-12) en Grens (11-3) geklop.

Dit was veral die sterk stormlopies van die groot flank Hilton Lobberts van die Paarl wat die oog gevang het.

Lobberts is ook die engiste Bolander wat in een van die SA o.18-spanne opgeneem is.

Hy sal volgende Saterdag in Pretoria as deel van die SA Akademiespan teen die o.18-span van Frankryk uitdraf.

Vir Boland het Lobberts, die kaptein, Pieter Bergh en Rohan Kitshoff gedruk. Bergh slaag ook met 'n strafskop.

Ander wedstryde vir die dag: Blou Bulle klop OP 36-7, Goue Leeus klop SWD 10-7, Poemas klop Grens-Distrikte 51-5, Namibië klop Zimbabwe 28-26, Griffons klop Luiperds 20-13, Grens klop Limpopo Blou Bulle 24-15, KwaZula-Natal klop Griekwas 50-15. 


Super 4-spanne buig die knie

[ Top ]


DIE plaaslike Super 4-span het Vrydagaand op Daljosafat sy wedstryd teen 'n uitnodigingspan van die Boland met 22-24 verloor. Die Paarliete was rustyd 15-12 voor.

Die wedstryd het goeie hardlooprugby opgelewer, en beide spanne het met mening aangeval. Min skoppe is gesien en die skare is op oop, aantreklike rugby getrakteer.

Voorlangs het sake betreklik gelykop verloop, maar die stryd van die agterlyne was 'n lus om te aanskou.

Die Super 4-span se Courtney de Wee (losskakel), Gradwell Jones (senter) en Alwyn Hugo (vleuel) het die oog gevang.

Veral Jones het sy ervaring deeglik gebruik en die Wellingtonners telkemale laat bontstaan.

Die 19-jarige Hugo was bedrieglik op die aanval en het beslis 'n groot toekoms voor hom. In die pak voorspelers het Rowan Claasen (slot) en Johannes van Reenen (agtsteman) puik vertoon.

Hugo, Herman Appel en Jenovan Cardiner het die Paarliete se drieë gedruk, met Hugo wat twee gedoel en 'n strafskop oorgesit het.

Vir die Wellingtonners het Alrich Muller, Ashley Bushby, Duncan Karabie en Henry Beukes drieë gedruk. Muller het met twee doelskoppe geslaag.

Die besture van die twee spanne het by die onthaal besluit om dié wedstryd 'n jaarlikse derby te maak.

'n Beplanningsvergadering waar 'n gesamentlike loodskomitee gekies sal word, word in September gehou.


Kriteria in plek vir Boland landloop-byeenkoms

[ Top ]


DIE kriteria waarvolgens die beste landloopatlete in die Boland geïdentifiseer kan word, is in plek ná die Boland en WP interprovinsiale byeenkoms wat die naweek gehou is.

Volgens Chris Davids, voorsitter van Boland Landloop, het die atlete wat Saterdag aan die wedlope by Nelson's Creek deelgeneem het, goeie tye opgelewer.

"Ons het nou tye waarteen ons die prestasies van atlete in die Boland kan meet," het hy gesê, met verwysing na die Boland Landloopkampioenskappe wat op 23 Augustus ook op Nelson's Creek gehou gaan word.

"Die WP-atlete vertoon beter as die Boland atlete. Daar is baie talent in die Boland, maar die atlete is onkundig oor hoe hulle moet oefen," sê Davids.

Volgens hom voorsien Saterdag se byeenkoms die kriteria waarvolgens talentvolle atlete geïdentifiseer kan word.

Die atlete sal na Boland se Afrigtingskomitee verwys word wat die kennis en vaardighede van kundiges soos Danie Malan (destydse wêreldrekordhouer in die 1000m), Andries Krogmann (oud-Springbokatleet) en Mossie Mostert (afrigter) sal inroep om dié atlete se potensiaal te ontwikkel.

Oefenkampe sal gehou word om die afrigting te voorsien.

Boland se verteenwoordiging in die junior ouderdomsgroepe was Saterdag goed, maar die universiteitsvakansie het verhoed dat groot Matie-atlete soos Allistair Kingwill, Esau Farao, Dawid Pieterse en Johan Landsman hul opwagting gemaak het.

Volgens Davids gaan dié byeenkoms om dié rede vanaf volgende jaar vervroeg word tot voor die skoolvakansie.

Boland het goed gedoen in die o.11 meisie- en seunafdelings en het die spankompetisie gewen.

In die senior afdelings het die WP oorheers, met die Boland wat slegs danksy Charles Jantjies, Patrick Klaassen (albei Paarl) en Gregory Viljoen (Stellenbosch) kon koning kraai in die 4km vir mans.


Pniel Villagers klop Kilotreads-span

[ Top ]


IN 'n klipharde en spannende stryd het Pniel Villagers Vrydagaand op Faurestraat Stadion vir die Kilotreads-span van Paarl met 22-19 geklop.

Villagers het van die afskop af hul plan duidelik gemaak. Die rol-maalbeweging en stormlopies om die skrum waarvoor dié span bekend is, het gou die Kilotreads-manne se verdediging tot die uiterste beproef en in die proses hulle telkens meters ver teruggedryf.

Die tuisspan het egter vinnig plan gemaak en die bal begin wyd versprei en gesorg dat hulle so min as moontlik kontak maak met die groot voorspelers van die besoekers.

In die Kilotreads-agterlyn was dit veral die linkervleuel Terence Valentyn wat beïndruk het.

Valentyn het een van sy span se drie drieë gedruk en was instrumenteel in 'n tweede, toe hy die verdediging onkant betrap het ná 'n mooi breekslag.

Kort voor rustyd het dinge effens begin uitrafel en gou het die geelkaarte begin waai. Hier was Villagers se skrumskakel, Theo van Wyk, veral die sondebok nadat hy twee keer onder die pale moes gaan afkoel.

Die tweede helfte het egter sonder insident verloop.

Villagers het self nou ook die bal begin wyd gooi. Goeie verdediging aan albei kante het egter die wedstryd voortdurend in die weegskaal gehou.

Die tuisspan is laat in die wedstryd vas aan die slaap gevang, nadat Pniel diep in die Paarliete se kwartgebied 'n vinnige ingooi geneem en sonder moeite gaan druk het.

Benewens Valentyn, het Barry Williams en Jaco du Plessis vir die Kilotreads-span gedruk. Dominique Daniels het met twee doelskoppe geslaag.

Vir die besoekers het Radley Lackay, Mark Nicholls en Charleston Williams gedruk, terwyl Morgan Williams met 'n strafskop en twee doelskoppe geslaag het.

Die Kilotreads-span sal in hul volgende wedstryd teen die WP Disa-span te staan kom.


Engelse o.19's pak Boland XV-tal

[ Top ]


IN twee voorwedstryde vir die provinsiale o.20 rugbyliga wat Vrydag afskop, sal twee o.19 spanne van Engeland op Wellington in aksie wees.

Die groep van 40 Engelse slyp tans dié spelers vir volgende jaar se o.20 Wêreldbeker-toernooi.

Die Engelse o.19B-span sal môre om 12:00 teen 'n o.20-span van Tygerberg te staan kom. Om 13:15 sal 'n o.20 Boland Uitnodigingspan die Engelse se eerste gekeurdes pak.

In hul eerste wedstryd van die seisoen sal die Boland o.20-span teen die Luiperds te staan kom.

Weens die toestand van die Boland A-veld ná die Cravenweek, sal die wedstryde op die B-veld gespeel word.


Krieketspelers speel uit

[ Top ]


TWEE oefengroepe van die Paarl Krieketklub oefen Maandag om 17:00 by die klubhuis.

Groep A bestaan uit Cameron Cupido, Heinrich Daniels, William Petersen, Graham Adams, Morgan Adams, Clint Philander, Reginald Coetzee, Brenton van Schoor, Enrico Daniels, Garron Arendse, Courtley Pharoah, Elton du Plessis, Hugh Arendse, Helmuth Hendricks, Wayne Williams, Rohan Goetham en afrigter Alvin Lewis.

Groep B is Marco Walters, Rudi Andrews, Manfred de Kock, Randall April, Carlo Crotz, Lynal Jansen, Hilton Solomons, Ultalyn Erentzen, Leroy Walters, Lyndon Fredericks, Henley Julies, Lindsay v/d Berg, PJ de Villiers, Bradley Isaacs, Alfredo Adams met afrigter Anwill Newman.

Nuwe lede is ook welkom om die oefening by te woon.


Wellington verloor in klubkampioenskap plaatfinaal

[ Top ]


DIE Wellington Rugbyklub wat steeds die voorlopers in die Boland Superliga A1 is, het die Boland tydens die Nasionale Klubkampioenskappe in Johannesburg verteenwoordig.

Nadat hulle in hul eerste wedstryd 38-26 teen Cambridge vasgeval het, het die Bolanders in die plaatkompetisie vir Groot Brakrivier 35-19 geklop.

In die plaathalfeindstryd het hulle vir Eldoronians 54-10 pak gegee.

Wellington was egter nie opgewasse teen die span van Kimberley Polisie wat hulle in die plaateindstryd 36-7 geklop het.

Volgens Dolf Stemmet, president van Wellington Rugbyklub, het beserings hulle genoodsaak om baie spelers uit posisie te speel.

"Dit was egter 'n baie goeie leerskool, veral vir die jonger spelers. Daar was agt o.20-spelers wat saam op toer was," het Stemmet gesê.

Wellington pak Saterdag in 'n ligawedstryd vir Roses United op Pelikaan Park.

Dié derby het vroeër vanjaar tydens die eerste ronde van die Boland Super A1-liga in 'n vuisgeveg ontaard.

Volgens Stemmet sou die twee klubbesture gisteraand vergader om die kwessie van dissipline op en langs die veld te bespreek.

* In WP se Premierliga B het Young Gardens Saterdag 29-5 verloor teen Caledonian Roses. Nico Fertyn het die Rooi Rose se enigste drie gedruk.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za