safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 17 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 24 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wklaar17SKOOL IS VERBY. Matrikulante in die Paarl het verlede week die skoolbanke gegroet en Maandag in alle erns met hul finale eksamens begin. Die leerlinge van New Orleans Sekondêr wat die einde van hul skooljare gevier het, is (van links) Chaney Hendricks, Denise de Wee, Christolene Jacobs, Rowena Lenee, Lee-Ann Kroutz en Marlize Collins met (voor) Quintin Samuels. Foto: Willie Cupido


Drama vir kinders

[ Top ]


'n SPLINTERNUWE kinderdrama met Christelike waardes vir die hele gesin, 'Ligvoets op die Smalle Weg', word op 24, 25 en 26 Oktober by Hoërskool Gimnasium opgevoer.

Die musikale opvoering is van 19:00 tot 21:00 en is veral op kinders van laerskool-ouderdom gemik.

Dit vertel die verhaal van twee tienjarige kinders wat die pad soek en 'n keuse tussen die breë en smal weg moet maak.

Die drama word aangebied deur ma's en onderwyseresse en talle kore en kinders van die Paarl neem deel.

Die regie is deur Caro-Marie Bruwer in samewerking met Suzette Strauss (musiek), Caren Bosman (kore) en Jacques Mostert (lofdanse).

Toegang is gratis vir kinders met donasies vir volwassenes, maar vroegtydige bespreking en blokbesprekings is noodsaaklik. Skakel Joan Mouton by 863-3812 of Karen Terblanche by 863-2168.

In die voorportaal is daar 'n kinderkuns-uitstalling asook kinderboeke en opvoedkundige materiaal.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za