|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DATAVASLEGGERS Die uitvoerbedryf genereer konstante druk ten opsigte van akkurate datavaslegging. Die volgende kriteria is deurslaggewend t.o.v. hierdie SEISOENALE-/KONTRAKTUELE aanstellings: *vermoë om 'n konstante volume syferkundige werk akkuraat te prosesseer *bereidwilligheid om flexi-ure of half-dag te werk. Kandidate sal vertroud wees met Microsoft Excel. Ander sagteware is Windows-gebaseer. 'n Praktiese toets sal alle toepaslike vaardighede bevestig. Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke by: Faks: (021) 930-9035; E-pos: mwnti@iafrica.com ( 021-930 9031 Sluitingsdatum: Vrydag, 25 Oktober 2002 |
||||
|
PAKHUIS- BESTUURDER OOS-KAAP 'n Gevestigde verpakkingsaanleg in die Oos-Kaap omgewing is op soek na 'n dinamiese persoon om die totale verpakkingsaanleg en personeel suksesvol te bestuur. Die geskikte kandidaat sal beskik oor: •Matriek sowel as toepaslike bestuursopleiding •Grondige kennis van appels en pere m.b.t. kwaliteitstandaarde (formele opleiding sal voordelig wees) •Bewese bestuurservaring - min 5 jaar •Basiese kennis van Arbeidswette & Arbeidsverhoudinge •Basiese meganiese, elektroniese en elektriese kennis •Sterk rekenaarvaardig •Grondige kennis dra van HACCP/soortgelyke voedselveiligheid en gesondheidstelsel Pligte sal behels: •Sortering van vrugte •Kwaliteitkontrole •Koördinering met PPECB, uitvoeragente en bemarkers •Uitlaai van gepakte vrugte •Opstel en uitvoering van instandhoudingsplan •Toepassing van pakhuishigiëne-standaarde •Opstel van jaarlikse personeelplan, verlof, meriete toekennings en dissiplinêre aksies •Beheer oor voertuigvloot •Opstel van jaarlikse kapitaal en bedryfsbegroting vir pakhuis Die suksesvolle kandidaat sal die vermoë hê om met uitstekende kommunikasievaardighede 'n gemotiveerde span te lei en met 'n dringendheidsbesef produksie vlot te laat verloop. Probleemoplossing en krisishantering sal deel vorm van daaglikse handel. Innoverende denke en die vermoë om druk te kan hanteer is 'n absolute vereiste. Slegs persone wat aan bogenoemde kwalifikasies voldoen hoef aansoek te doen vir die uitdagende posisie. Top salarispakket en voordele word aangebied. Faks CV aan Beulah (021) 872-0695 of e-pos: ute@che.co.za |
||||
|
VAKMANNE Gekwalifiseerde vakmanne dringend benodig vir kontrakwerk in Boland-area. Minimum 3 jaar ondervinding noodsaaklik. Uitstekende tariewe. • Plaatmetaalwerkers• Ketelmakers • Sweisers (aluminium & vlekvrye staal) • Freesmasjien-operateurs (milling) • Passer en Draaier • Tekenaars (AutoCad)• Drywer Kode 10 Faks CV's en toepaslike sertifikate aan Beulah (021) 872-0695 (f). |
||||
|
Die gelukkige personeel van STYLE... for hair is ongelooflik besig, daarom nooi ons alle gekwalifiseerde haarstiliste, junior haarstiliste of Module 6-studente om deel te word van ons ongelooflike span by Paarl, Wellington en Noorder-Paarl. Skakel vandag nog ons mensliewende eienaar Völker by (021) 872-5249 of 082-739-1058 in vertroulikheid, om deel te word van dié wenspan. |
||||
|
PNA Vineyard sentrum, Paarl benodig winkelassistent/kassiere Kennis van skryfbehoeftes en/of kunsprodukte sal 'n aanbeveling wees. Handig CV persoonlik in by eienaar Saterdag, 19 Oktober 2002 tussen 10:00 - 12:00 by sentrumingang. |
||||
|
||||