ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 18 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 25 March  2004 at 17:30

Lifestyle - Leefstyl

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Fietstoer die begin van drome

[ Top ]


SOWAT 50 werklose mense van Magnolia in die Paarl, meestal jeugdiges, het verlede week 'n onverwagte meevallertjie gehad.

Die organiseerders van die Giro del Capo fietsresies, wat oor vyf dae in die Kaap en omgewing beslis word, het Paarl Rotariërs genader om te help met beamptes.

Die Rotariërs het kop gekrap en toe vir Kevin Green genader, wat betrokke is by fietsry-ontwikkeling in die Boland.
Hy het onmiddellik aan Esmerelda Meyer, bekende gemeenskapwerker,

wfietsFC

HELPERS. Inwoners van Magnolia, Paarl, het as beamptes gehelp  by die Giro del Capo fietsresies. Die projek is gereël deur (voor) David Moss van Paarl Rotariërs, Esmerelda Meyer (gemeenskapwerker) en Kevin Green, betrokke by fietsry-ontwikkeling.

gedink. Dié het dadelik aan die werk gespring en gou-gou het sy vyftig werklose jongmense gehad, met selfs 'n paar op 'n waglys.

Die groepie is verlede week elke dag aangery na die verskillende punte waar hulle moes diens doen.

"Ek was baie beïndruk met hulle," vertel Rotariër David Moss. "Hulle was soggens selfs voor my hier en reg om te gaan."

Moss sê hulle is hoogs tevrede met die projek en hoop om in die toekoms meer sulke geleenthede vir die spannetjie te skep.

"Ons doel is om terug te ploeg in die gemeenskap en hier het dit beslis gewerk."

Behalwe die geld wat die groep verdien het, het hulle ook waardevolle ondervinding opgedoen.

"Ons gaan beslis uitkyk vir nog werk vir hulle," sê Esmerelda. Sy nooi mense en organisasies wat van hul dienste wil gebruik maak, om haar te skakel by 862-2325 of 072-6066-563.


Fetale Alkohol Sindroom bekyk

[ Top ]


DIE Smart People Jeugontwikkelingsprojek in Drakenstein hou van Dinsdag tot Donderdag 'n Fetale Alkohol Sindroombewustheidsweek in die Wellington Stadsaal van 18:30 tot 20:30.

Dinsdag is die Black Association of Wine and Spirits Industry (Bawsi) aan die beurt, asook die Departemente van Gesondheid en Welsyn, asook 'n plaasvroue-organisasie. Woensdag is daar sprekers van Onderwys, Onderwys-unies en die Drankraad. Donderdag word die week afgesluit met sprekers van Sanra, SA Brouerye en SA Polisiedienste.

Alle belanghebbendes by alkoholverwante probleme en aktiwiteite is welkom. Navrae by Angelo du Plessis, 873-5151 of 084-816-3800.


Help kankerpasiënte

[ Top ]


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) bied die laaste twee weke van Maart vrywilliger-opleiding in die Paarl aan. 

Vrywilligers wat die opleiding voltooi, sal betrokke wees by die emosionele ondersteuning van kankerpasiënte en hul families. 

Onderwerpe wat gedurende die opleiding behandel word, sluit in wat is kanker, waarskuwingstekens, behandelingsmetodes, voeding, emosionele impak van kanker, ondersteuningsproses, afskeid en verlies en onderhoudsvoeringtegnieke.

Enigieen wat een uur per week het om af te staan, kan aansoek doen om deel te word van hierdie groep. 

Cansa beoog om na afloop van hierdie opleiding ondersteuningsgroepe op die been te bring vir kankerpasiënte en hul families. 

Belangstellendes kan Mareé Lambrechts voor 18 Maart by 876-3589 skakel, gedurende kantoorure.


Stap saam en beveg TB

[ Top ]


MAANDAG hou die TB Bewustheidsveldtog in die Paarl 'n 8km pretstap om mense meer bewus te maak van dié epidemie.

Suster Susan Meyer, TB-koördineerder vir die streek, sê beter beheer oor pasiënte met die Dots-stelsel en beter koördinering is waarskynlik verantwoordelik vir die effense afname in nuwe TB-gevalle in die Drakenstein. Drakenstein het verlede jaar 2719 gevalle gehad, teenoor die 3392 van 2002.

"Dit is egter nie alles goeie nuus nie, want Drakenstein se getalle is nog steeds baie hoër as enige ander dorp in ons streek," sê sr Meyer.

Paarl-streek het 37% van die gevalle, heelwat meer as Vredendal (19%), Malmesbury (18%), Stellenbosch (14%) en Vredenburg (12%).

Sr Meyer sê daar is 23 klinieke in Drakenstein, wat Korrektiewe Dienste en landelike gebiede insluit. Pasiënte kan hier gratis getoets word en ook behandeling ontvang.

Sy het mense ook genooi om Maandag te kom saam stap. Hulle spring om 08:00 weg van die Paarl Rugbyklub in Markstraat. Inskrywings kan nog die oggend tot 07:30 gedoen word.


Use water wisely

[ Top ]


NATIONAL Water Week is celebrated next week, with the theme "Water, bringing a better life for all", and the slogan "Water washing away poverty".

Ronnie Kasrils, Minister of Water and Forestry said the focus of National Water Week is on raising awareness among all South Africans of the responsibility they have to use water wisely and sparingly.

A decade ago, around 14 million people did not have access to safe drinking water and some 21 million people did not have access to a basic level of sanitation.

Kasril's department has provided almost 10 million South Africans with access to clean water.

All of the 52 primary schools in the Drakenstein municipal area have been invited to take part in a water poster competition.

The finalists will visit water treatment works in the area and on Friday 26 March the Municipality will make a presentation at a conference on effective water-use at Canal Walk.

Pamphlets promoting water awareness and introducing Water Week were distributed and exhibitions will be held at shopping centres.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]