|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
 |
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
Thursday 18 March 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
This site will be updated on 25 March 2004 at 17:30 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
Nuus - News |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ondersoek na fratsongeluk |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
VIER ondersoeke is ingestel na die oorsaak van die frats-padongeluk wat verlede Donderdag die lewe van 'n Paarlse dokter geeis het.
Daar was gister steeds geen aanduiding oor hoekom die swaar voertuig met munisipale vullis in die staal bak, omgekantel het nie.
Dr Pieter du Toit (46) van Templierstraat, Paarl, het in sy vierwielvoertuig by 'n rooi verkeerslig in Boschstraat, Daljosafat, . |
|
 |
|
|
|
|
|
ONVERKLAARBAAR. Lede van die nooddienste by die wrak van die voertuig waarin dr Pieter du Toit gesterf het nadat 'n vragmotor omgeval het. |
|
|
|
|
gewag toe die vrag op sy voertuig geval het.
Die dokter het op slag aan inwendige beserings beswyk.
Die geskokte bestuurder van die SA Metal vragmotor, George Johnson, het op die ongelukstoneel geprewel: "Iets is nie reg met die bak op die vragmotor nie.
"Ek het so stadig om die draai gekom en toe tip die hele lorrie eenvoudig. Ek kon nie glo wat gebeur nie. En ek kon niks doen nie."
Hy en sy assistent, Yilo Khumbuzile, het ongeskonde uit die omgeslaande vragmotor geklouter.
Twee munisipale werknemers, Seldon Manuel en Greg Heugh, het by die verkerslig in 'n bakkie agter dr Du Toit gewag.
"Ek het hom sien tip," het Manuel gesê. "Ek het dadelik agteruit gestoot om die Land Rover ruimte te gee om terug te beweeg, maar dit was te laat. Die dokter is onkant gevang. En toe tuimel die bak op hom." (Sien foto bl 2).
Dr Du Toit is alombekend as voormalige distriksgeneesheer en as algemene praktisyn in sy Bredastraat spreekkamer.
"Hy het altyd uit sy pad gegaan vir sy pasiënte en vir almal tyd gehad," het 'n Paarliet gesê.
"Hy was een van die min dokters wat nog sy pasiënte tuis besoek en by die familie gaan simpatiseer het. Hy was juis op pad na 'n pasiënt toe die tragedie gebeur het."
Dr Du Toit is Dinsdag in 'n stampvol Strooidakkerk gegroet. Hy word oorleef deur sy vrou Sandra en kinders Heinrich (15), Pippie (13) en Jacque (10).
* SA Metal (wat handel as Waste Control) is op tender deur die Drakenstein Munisipaliteit aangestel om grootmaatvullis van die oorlaaistasie in Huguenot na die vullisterrein in Wellington aan te ry.
James Beasley van SA Metal het bevestig dat die maatskappy, benewens versekeringassessors, self ook 'n ondersoek ongeluk gelas het.
"Ons kyk na alle moontlikhede, maar die ondersoek is nog nie voltooi nie, en ons kan nie nou al kommentaar lewer nie," het Beasley gesê.
Die polisie ondersoek 'n klag van strafbare manslag terwyl die Drakenstein Munisipaliteit 'n eie ondersoek geloods het.
* Independent investigations have been launched into the accident that claimed the life of a Paarl doctor |
|
|
|
 |
|
|
Inbrekers soek 'Angeline' |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
TERWYL die huismense nie tuis was nie, het ongenooide inbrekers hul oud-model Mercedes in 'n motorhuis in Courtrai getrek, en op hul gemak waardevolle items ingelaai.
'n Inwoner van Courtrai het die Maandagoggend 'n verdagte goudkleurige Mercedes met vyf insittendes, almal met swart gelaatskleur, in die woonbuurt opgemerk.
Sy het die registrasienommer afgeneem, alarm gemaak en ook vir Janette Anderson van Montreuxstraat gewaarsku dat die verdagtes dalk haar huis kon geteiken het.
Toe Anderson tuiskom, was die afstandbeheerde motorhuisdeur toe, maar 'n syhekkie het oopgestaan. Daar is ingebreek by 'n venster wat glad nie kan oop nie.
Binne die dubbelverdieping-woning het Janette op 'n spoor van diefstal afgekom.
'n Grootskerm-televisiestel, musieksentrum, mikrogolfoond, ketel, kamera, leerbaadjies en juweliersware is tot in die motorhuis gedra, in die motor gelaai, en weggery.
"Ons woon al vyf jaar rustig hier nadat ons uit die Transvaal getrek het, en nou is dit weer ekstra sekuriteit. Gelukkig is ons darem almal veilig," het Janette gesê.
In Flambeaustraat, Courtrai, was die huiseienaar Vrydagoggend vir minder as twee uur uithuisig terwyl inbrekers hul kans gevat het.
De Villiers Cloete het so teen 11:00 tuisgekom. Hy het onraad vermoed en by bure om hulp aangeklop. Toe die polisie opdaag, het die inbrekers reeds op die vlug geslaan.
Die staal diefwering by die kombuis is met 'n breekstang oopforseer. Die sekuriteitshek na die hoofslaapkamer is ook oopgebreek, asook 'n slaapkamerkas waarin die kluissleutel weggesluit was.
"Ek moes hulle betrap het," het Cloete gesê.
"Alles is uit die kaste gegooi en my vuurwapen is weg uit die kluis. Die inbrekers weet net hoe om te werk te gaan."
Duur artikels soos 'n video, DVD-speler en verkykers was reg neergesit om uitgedra te word. 'n Selfoon, kamera, klere, juweliersware is ook weg.
"Ek het elf jaar gelede uit Pretoria getrek en met 'n geruste hart in Courtrai kom woon. En nou dit.
"Die polisie was gou hier, en hulle het al met vingerafdrukke vasgestel wie die inbreker was - 'n man uit Kaapstad wat met inbrake tot in Durbanville verbind word."
Cloete vertel hoe die inbrekers te werk gaan: "Hulle lui die voordeurklokkie lank. As jy oopmaak, sê hulle 'We're looking for Angeline', en as jy nie daar is nie, breek hulle natuurlik in.
"Die meeste inbrake geskied soggens tussen nege en elf as die man werk toe is en hulle sien die vrou se motor vertrek ook."
Inwoners van Courtrai het onlangs 'n bewaakte hekstelsel vir die woonbuurt oorweeg.
"Dit sal nie werk nie," het Cloete gesê. "Daar is nege ingange. Vier-en-twintig uur sekuriteit wat op en af ry, ondersoek instel en verdagte bewegings rapporteer, sal 'n beter afskrikmiddel wees."
Daar was die naweek elf inbrake in die Paarl omgewing (in Courtrai, Swartvleistraat, Kaplanstraat, Salomonsvleiplaas, Nantes Esterdal en in Mbekweni).
* Burglars are targeting the Courtrai neighbourhood near the N1 in Paarl South. |
 |
|
 |
Frazzled after yet another burglary |
|
|
 |
|
 |
TWO burglaries in five months is enough to frazzle anyone's nerves.
Glen Perold brought his bride home last year to find burglars had cleaned out their home in Vrykyk, Paarl.
On Tuesday burglars struck again. A brick was smashed through a kitchen window and the main bedroom ransacked.
A neighbour heard glass break but thought it might be a domestic worker in the house.
"Youngsters were seen carrying boxes from Vrykyk and walking along the railway line," Glen said.
"But the police were not available to get onto the case in time to catch the burglars."
He suspects youngsters had scaled the wall in the Berg River Boulevard to his home in Binnekant Street.
"The criminals gave us just enough time to get on our feet again and replace our stolen goods," a frustrated Glen said. "And now they came back.
"But the worst is that the Police have yet to make headway with the previous burglary, on October 30.
"It is the same with the break-in at my father's house in Richelieu Street, Courtrai, on the following day last year.
"We are not happy and the lame excuses are very irritating," said Glen. |
 |
|
 |
Big blow for Paarl student |
|
|
 |
A PAARLITE lost his laptop computer and many months of work on his nearly completed master's thesis, when burglars struck in Courtrai, Paarl, last week.
Gavin Waddington was devastated when he realised that not only had his laptop been stolen, but also his back-up copies of his thesis on "coping with bereavement".
Burglars forced a sliding door at his parents' home in Verdun Street on Thursday morning last week. They ransacked the house and emptied every cupboard.
The burglars were very particular. They chose the laptop, discs, family jewellery and a digital camera.
The television set, desktop computer as well as a film camera were left.
"The items they took could all have been carried away by hand.
"We found some discarded items in the garden, and we hope they might have left the back-up discs on their escape route, and that they might be discovered and returned to us." |
 |
Tragedie ontvou in hof |
|
|
 |
|
 |
DIE hofsaak van die "Lady van Pniel" wat na bewering haar heelwat ouer man in sy slaapkamer laat vermoor het, word soos 'n Hollywood film in die Paarlvallei gespeel.
Petroleen de Wet, die weduwee, het al erken dat sy haar man "wou skrikmaak", maar ontken verantwoordelikheid vir die 15 skote wat die aand van 1 Mei 2000 in Deon de Wet se liggaam vasgeslaan het.
Die man wat sy gehuur het om Deon skrik te maak, Ivan Benting, en sy ignoreer mekaar nou in die Hooggeregshof.
Petroleen het die aand van die moord glo agteroor gesit terwyl 'n huishulp haar naels vir haar in die televisiekamer versorg het.
Met die klap van die skote het sy nie opgestaan nie, nie om na haar huilende kindertjies in hul kamers om te sien nie, en ook nie om vas te stel of haar man in hul slaapkamer nog lewe nie.
Sy het daar bly sit, en selfoonoproepe gemaak, is in die hof getuig.
Petroleen het die eerste dag met 'n groot glimlag by die hof aangekom, het 'n aanhanger van dié tragedie gesê.
"Met die getuienis oor haar doen en late - met geld uitgee, partytjies en selfs Breyton Paulse in haar bed - het sy egter niks meer gehad om oor te glimlag nie."
Tot gister - toe haar regsverteenwoordiger die inwoners van Pniel van 'n geskinder beskuldig het.
Die hofsaak sal op 5 April hervat word. |
 |
|
 |
Brandstigter aangeval |
|
|
 |
|
 |
KWAAI lede van die Mbekweni gemeenskap het verlede week die man wat verdink word van brandstigting en die verwoesting van 20 opslaanwonings, ernstig aangerand.
Die timmerhuise het Donderdagnag in Drommedarislaan naby die Mbekweni spoorwegstasie afgebrand, die vierde verwoestende brand in die woonbuurt die afgelope drie maande.
Lede van die gemeenskap het ná die brand op soek gegaan na 'n man wat na bewering sy vriendin se woning aan die brand gesteek het toe sy hom uitgesluit het.
Anele Ndamase was erg aangerand teen die tyd dat die polisie hom uit die publiek se hande kon bevry. Nadat Ndamase in die polisiewa gelaai is, het omstanders die voertuig met klippe bestook en probeer om die verdagte weer by te kom.
Die agterruit is stukkend geslaan en die bakwerk was vol duike toe die skare tot bedaring gebring is.
'n Aanklag van openbare geweld word nou ook ondersoek.
Ndamase is in die Paarl hospitaal behandel.
Hy het Maandag, nog met duidelike beserings aan sy gesig, in die Paarl Landdroshof verskyn. Hy is op borgtog vrygelaat tot 'n volgende hofverskyning.
* Net na Kersfees verlede jaar het 98 wonings afgebrand in Nederpark langs Drommedarisstraat. In Januarie is 75 aangrensende wonings verwoes en kort daarna nog ses opslaanhuise in die gebied.
'n Baba het in Februarie in 'n opslaanwoning in die OR woongebied wes van Mbekweni doodgebrand toe beweerde liefdesprobleme ook tot brandstigting en die verwoesting van 49 huise gelei het.
Terselfdertyd as die laaste brand in Mbekweni Vrydag, is die Drakenstein brandweermanne 24 uur lank besig gehou met veldbrande.
'n Grasbrand het die nag tussen wonings in die Berg-en-Dal woonbuurt in Wellington uitgebreek.
Deur die dag het verskeie brande op die oop veld langs die verkeerstoetssentrum in Daljosafat en langs Groenheuwel ontstaan, vermoedelik weens brandstigting.
Oor die naweek was daar in die Paarl gebied Vrydag tien veldbrande, Saterdag vyf en Sondag vier veldbrande wat die brandweer onder beheer moes bring.
* A man suspected of arson was attacked by angry Mbekweni residents last week. |
 |
|
 |
Skolestryd duur voort |
|
|
 |
|
 |
DIS reg of weg vir die vier Bolandse rugbyskole wat hulle by WP skaar, het Pieter Lourens, president van Boland Ussasa, gesê voor gisteraand se krisisvergadering tussen dié sportliggaam en verteenwoordigers van die skole.
Hy het 'n ultimatum aan die skole gestel dat hulle moet sê waar hulle vanjaar hul Craven Week rugby gaan speel.
Indien hulle nog vir die WP gaan speel, soos Sarvu vereis, gaan hulle uit Boland Ussasa geskors word met al hul sportkodes, het Lourens gewaarsku.
Ussasa-Nasionaal het Maandag in 'n faks aan Boland gesê dat geen skool in die land hul rugby onder die vaandel van Sarvu speel nie en dat alle skole by Ussasa geaffilieer is vir al hul sportkodes.
Die geskil het onlangs weer opgevlam nadat die name van top-atlete van drie skole van die Paarl en een van Stellenbosch wat die Bolandspan gehaal het, nie deur die Boland bekend gemaak is nie.
Die skole moes hierna die sportliggaam met regstappe dreig, voordat die name bekend gemaak is.
Vroeër is bevestig dat die name van die 40 atlete weerhou is totdat die skole dit duidelik maak waar hulle hul Cravenweek-rugby sou speel.
Alhoewel die laerskole in die Paarl vroeër besluit het om al hul sportkodes in die Boland te speel, meen die hoërskole hulle is wetlik verplig om die Sarvu-grense vir Cravenweek handhaaf.
Die Paarlse rugbyskole (Hoër Jongenskool, Hoërskool Gimnasium en Hoër Landbouskool) maak jaarliks bykans die helfte van die WP-Cravenweekspan uit.
Van der Westhuizen het vroeër gesê sover dit hulle aangaan, geld die betrokke situasie nog en is die grens-kwessie 'n probleem wat deur Sarvu en Ussasa uitbaklei moet word.
Volgens Boland Ussasa se grondwet moet alle skole hul sport onder die vaandel van die liggaam speel, maar volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbal-unie (Sarvu) val skolerugby wes van die Bergrivier onder die WP se jurisdiksie.
Spelers in die huidige Super 12 soos De Wet Barry, Derick Hougaard, Gurthro Steenkamp, Schalk Burger en voormalige Springbokkaptein Corné Krige is almal van dié skole afkomstig en het die WP in die Cravenweek verteenwoordig.
Die Wes-Kaapse minister van sport, Patrick McKenzie, het vroeër gesê die WP is nog al die jare geseën met baie talent, en dié skole kan eerder op 'n positiewe wyse tot die Boland bydra. Hy meen ook die kinders moet geraadpleeg word oor waar hulle wil speel.
Volgens Lourens het die tyd aangebreek vir die skole om te besluit waar hulle hul sport wil speel - of al die sporte in die Boland, of geen.
Hy het vroeër bevestig dat hy aan die skole gesê het dat Boland Ussasa dié skole met ope arms sal verwelkom en dat die sportliggaam die stryd met Sarvu namens hulle sal hanteer.
* The deadlock between Boland Ussasa and local schools playing Craven Week rugby for Western Province, was to be discussed at a crisis meeting last night, to find a solution to the situation. |
 |
|
 |
Car-less after charity walk |
|
|
 |
A WALK for charity became a nightmare for a Paarl resident on Friday when her car was stolen while she strolled in the Arboretum.
Michelle Pietersen left her car outside the squash court next to the Berg River when she joined the Auret Street Primary School's sponsored walk.
When she returned to her car she found an empty parking space. The silver 1988 Toyota Cressida had been stolen. Also gone with the car was her handbag with personal documents.
Michelle's car was one of three vehicles to be stolen in Paarl at the weekend. An attempt was made to steal a fourth vehicle.
A blue Ford Courier bakkie disappeared from Thom Street and a Nissan bakkie was stolen in Hoop Street.
* Two stolen vehicles were recovered on Sunday. A blue 1400 bakkie stolen in Paarl East was spotted parked in Paarl South.
A red VW Golf stolen in Cape Town was found abandoned in Paarl by the police. |
 |
Uitsmyters in hof |
|
|
 |
|
|
'n TIENER is Saterdagaand met 'n kolf en 'n panga aangerand buite 'n kuierplek in Huguenot.
Terwyl Donny Baartman (17) Maandag van kopbeserings aangesterk het, het twee uitsmyters van die klub Frendo's, in die Paarl Landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord.
Die voorval het om 21:30 plaasgevind toe Donny en twee neefs aangespreek is omdat een van hulle glo buite die kuierplek in Jan van Riebeeckweg met 'n glas in die hand gestaan het.
Donny is na bewering met 'n motor raakgery en toe hy opstaan en probeer ontvlug het, is hy glo agtervolg en met 'n kolf en panga aangeval.
Die seun het tot by 'n vulstasie gehardloop, waar hy inmekaar gesak het. Hy is deur familielede na die hospitaal vervoer.
Don Baartman, die seun se pa, is hewig ontsteld oor die aangeleentheid.
"Ek neem die kuierplekke kwalik dat hulle geen ouderdomsbeheer uitoefen nie.
"Ek het die saak reeds by die Drankraad aangemeld."
Jeremy Mondo en Edward Brooks is op borgtog van R500 elk vrygelaat.
* Two Paarl bouncers are being prosecuted for attempted murder after an incident involving a teenager at a Huguenot pub. |
|
|
 |
|
 |
|
|