|
PAARL HOSPICE
Operasionele Koördineerder
Paarl Hospice beskik huidiglik oor 'n vakante pos vir 'n Operasionele Koördineerder. Die pos behels die koördinering van die fondsinsameling en finansiële funksies van Paarl Hospice. Ander verantwoordelikhede sluit in die koördinering van administratiewe dienste, instandhouding van geboue en voertuie, skakeling met ander gemeenskapsorganisasies en bestuur van die Hospice winkel.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos beskik oor ervaring in fondsinsameling en projekbestuur. Kennis van finansiële state en boekhoudingstelsels word sterk aanbeveel. Goeie interpersoonlike vaardighede, uitstekende kommunikasievaardighede en rekenaargeletterdheid is voorvereistes vir hierdie pos. Die kandidaat moet ook beskik oor goeie organisasievermoëns, 'n geldige bestuurslisensie en 'n matrieksertifikaat.
Faks 'n verkorte CV (maksimum 2 bladsye) en 'n afskrif van u bestuurslisensie na (021) 872-1577 voor 31 Maart 2004. |