safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 April 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Munisipaliteit se optrede verwonder my

[ Top ]


DIT was met groot verwondering dat ek agtergekom het dat die klagtes wat gereeld oor die Munisipaliteit gehoor word, geregverdig is.

Ek is sedert Desember verlede jaar 'n inwoner van die Paarl, huis gekoop en alles. Groot was my verwondering toe al my kartonne en ander weggooigoed (wat hand aan hand gaan met 'n getrekkery) summier net daar op my grasperk laat lê is aangesien ek dan nou net geregtig is op die verwydering van een vullisdrom per week.

Daar kan natuurlik geen uitsondering gemaak word nie, want dit kan mos 'n verskriklike bal aan die rol sit en dalk is daar in die toekoms so baie nuwe intrekkers in die Paarl, dat die Munisipaliteit glad nie al die kartonne van die nuwe intrekkers kan hanteer nie.

Ek het egter vandag agtergekom hoe effektief die Munisipaliteit werklik is. Indien die betaling van die munisipale rekening een dag na die sperdatum is (my skuld), werk dit as volg: die kennisgewing dat jou krag afgeskakel gaan word, word per hand afgelewer.

Die elektrisiteit word twee minute later afgeskakel en die elektriese kas word oopgelaat met die lewendige draad net uitgetrek en sonder isolering.

Sou dit te veel gevra wees om my in kennis te stel voor drastiese aksie geneem word?

André Volschenk

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Die Munisipaliteit het normaalweg geen probleem om addisionele huisvullis binne perke weg te neem nie, op die voorwaarde dat vroegtydig kennis gegee word. Mense wat hul vullis self wil wegry kan tot vyf gratis bakkievragte per maand na die oorlaaistasie neem.


Helpfulness of police was a great surprise

[ Top ]


ON 27 February I travelled through Paarl with two guests from Germany to visit the Nederburg Wine Estate.

In Paarl Main Road we could not find a signpost with the name of the wine estate, so we stopped and asked a few people on the street for directions. Unfortunately no one could help us.

I then decided to park in front of a building where I noticed many people going in and coming out. This was fortuitous, as it turned out to be a police station.

I waited until one of the busy policemen looked up and asked if he could assist us. I told him my problem. It was Captain D van der Westhuizen of the SAPS Paarl. He made a call and told me to wait, someone was coming to my aid.

After a while a policeman came in and the captain indicated to me to follow him. Outside, the policeman asked me to follow his van. He drove ahead while I followed and we finally arrived at the entrance to Nederburg.

We had arranged to participate in a cellar tour at 12:00 and walked in punctually, thanks to the helpfulness of the police.

We would like to thank all involved, for the prompt and spontaneous service.

This was a very special experience for us, especially for our overseas visitors, which will long be remembered.

This unique encounter of goodwill surpasses the many advertising promotions by the Tourist Association by far.

Dieter Kupke, Somerset West


Dié winkelsentrum is geen aanwins vir Paarl

[ Top ]


AS inwoner van Suider-Paarl is ek verstom dat ons Munisipaliteit die ontwikkeling van 'n winkelsentrum langs KWV goedkeur.

Verskeie probleme gaan ontstaan. Die helling van Hoofstraat voor die sentrum is van so 'n aard dat verkeersligte by Clift- of Concordiastraat baie gevaarlik gaan wees.

Die geraasfaktor van die verkoelingseenhede asook die algehele geraas wat die "Dros" gaan veroorsaak, sal verseker ons as inwoners pla en ons maak dus nou al kapsie daarteen.

Die opgaar, hantering en verwydering van die sentrumvullis sal 'n negatiewe impak op ons residensiële eiendom hê.

Daar was geen konsultasie met ons as inwoners gewees van die ontwikkelaar se kant nie en ons eiendomswaardes wat negatief geraak word, is geensins aangespreek nie.

Heel moontlik verras die Munisipaliteit ons en halveer ons belasting!

Die impak wat die sentrum op die rustige atmosfeer van die omgewing gaan hê, is nie 'n belegging in die aanwakker van toerismegroei in die omgewing nie.

Daar staan mos genoeg winkels leeg in die middedorp. Dit is ook tog hier waar ons as inwoners ons inkopies alreeds doen (baie goedkoper ook!)

Ons het alreeds twee gevestigde sentrums aan weerskante van die nuwe sentrum, die naaste slegs 200m verder!

Dit is 'n feit dat die ontwikkelaar, die bouer en die hele professionele span kantore buite die Paarl het en daar is dus geen inspuiting in die ekonomiese koffers van ons dorp uit die ontwikkeling nie.

Wanneer gaan ons genees word van die "quick buck" houdings en opbouend optree rakende die mooi dorp van ons?

In Enslinstraat is 'n granietmuur gebou met 'n gesegdeplaat ingemessel waar John Ruskin praat van dit wat ons agterlaat vir ons kinders.

Ons ou gevestigde bewoners van die Paarl sal met hartseer eendag sê: "See, this our fathers did to us!"

Skaam gaan ons beslis wees as die huurders goedkoper huurtariewe beding en Kaap toe trek, soos nou al gebeur.

Anti-sentrum

Marius Theron antwoord namens Platinum Mile Investments 318: Die doelwit van die ontwikkelaars van die Vineyard-sentrum is om 'n kwaliteit-omgewing te skep waarin kliënte hul inkopies kan doen en as vriende gesellig saam kan verkeer. 

Vanuit die staanspoor was die Plaaslike Owerheid geken in die ontwikkeling en moet ek dit noem dat ons goeie samewerking verkry het van die betrokke beamptes en is die prosedures wat gevolg moes word, duidelik aan ons uitgespel.

In die eerste plek was dit nie nodig om enige party te raadpleeg ten opsigte van die toekomstige grondgebruik nie, omrede die betrokke perseel reeds oor die sonering beskik het wat vereis word vir die bedryf van 'n winkelsentrum. 

'n Verdere opdrag van die ontwikkelaars aan hul professionele span was dat daar baie sensitief gehandel moes word met die omgewingsaspekte en die voorkant van die sentrum is teruggeskuif tot bykans in lyn met dié van die KWV Hoofkantoorgebou. 

In die proses word die pragtige eikebome en die grootste gedeelte van die "Rooiplein" behou as parkering.

Voorleggings ten opsigte van die estetika was gemaak aan die betrokke komitees van die Munisipaliteit en aan Sahra alvorens goedkeuring verkry kon word om die bestaande huise te sloop.

Verder word 'n belegging van etlike miljoene rand in die Paarl gemaak en word besighede in die dorp ondersteun met die lewering van materiaal en toerusting.

Verder word subkontrakteurs genooi om te tender vir hul onderskeie vakgebiede.


Uiteindelik sak vrede weer op die Bovlei neer

[ Top ]


DAT dit nou soveel jare moes duur voordat daar eindelik weer rus en vrede in Wellington se Bovlei is.

Dit was al so erg dat 'n mens nie gevra het of daar op die buurplaas ingebreek is nie, maar eerder, wat gesteel is toe daar ingebreek is.

En skielik is dit rustig.

Die vrede het ons te danke aan die Huguenote Plaaswag wat die spoor van 'n groep jeugdige inbrekers tot in hul ouers se huise op die einste plase gevolg het.

Die rus is ook te danke aan die polisiebeamptes wat die sake verder geneem het (en baie van die gesteelde items kon terugbesorg) en die hofpersoneel wat saamgestem het dat die manne met die lang vingers nou 'n slag agter tralies moet bly.

Dis lekker om te weet jy hoef nie elke week 'n gebreekte ruit of 'n afgekapte slot te vervang nie. Ons hou net duimvas die agter-tralie jongspan kry nie opvolgers nie.

Rustig


Polisie laat bewyse pad-af wegraak

[ Top ]


Wanneer ons nie antwoord by die polisienoodnommer kry nie, skakel ons die Paarl stasie en kry die versekering dat hulle "oppad" is!

Dan duur dit meer as 'n uur tot by Lanquedoc plaas in Klein Drakenstein! Moenie poog om te kla by offisiere nie, want hulle is nie beskikbaar nie!

Gereeld lees ons dat die publiek hulle samewerking moet gee om misdaad te bekamp! Maar die kere dat ons wel inligting deurgee, gebeur daar niks.

Nou die oggend is by ons stoor ingebreek. Na 'n uur se wag op die polisie, het ons die Openbare Orde-eenheid gebel. Hulle was binne minute op die plaas, maar kon nie 'n dossier open nie, aangesien dit nie hulle "werk " was nie.

'n Paar dae later om 22:50 meld ons die poging tot diefstal van 'n venterwaentjie aan terwyl die aksie aan die gang is. Om 23:55 het die eerste vangwa by ons gestop. Die bewyse was lankal pad-af.

'n Paar uur daarna sien ons hoe onbekende vrag gelaai word in die donker en in die nag verdwyn! 'n Uur en tien minute na ons eerste inligtingsoproep kom 'n vangwa by ons aan, toe het die stof al gaan lê.

Terselfdertyd lig 'n speurder ons in dat 'n vorige dossier afgesluit is, weens die bewyse wat nie gevind kon word nie! Die bewyse was R30 000 se elektriese toerusting, waarvan leidrade na bêreplekke verskaf is!

Dan wonder kommisaris Ganief Daniels hoekom die publiek nie moeite wil doen met inligting nie!

Dalk moet daar ernstig gekyk word hoe lede van eenhede aangewend word. 'n Speurder mag nie 'n "klagte" bywoon alvorens daar nie 'n dossier geopen is nie, die "hondemanne" en openbare orde lede mag nie 'n verklaring afneem om die dossier te open nie! So gaan waardevolle tyd verlore en verdwyn bewyse (en verdagtes).

Joretha Rossouw nms Bekommerdes van Klein Drakenstein Plase


Where are the early taxis?

[ Top ]


I AM not speaking for myself alone, but for everybody else who is in the same predicament as I am.

I am standing beside the road from 07:30 until about 08:00 in the morning with no taxis who will stop to pick me up. The only time one gets taxis, is from 08:00 onwards.

My question is why are there no taxi drivers who are prepared to "rank" at that time of the morning, seeing that it is the peak hour - to be there for the people along the taxi route who must also get to their work.

There are so many taxis, but it is so pathetic to see them not caring about other people.

Hey taxi drivers! When are you going to realise that we are your work and without us a lot of you don't have a living?

So wake up, it is time that the taxi owners and drivers make provision for everybody.

I would also like to point out that you are not the only road users in Paarl. Think about your fellow road users and your passengers. Their lives are in your hands.

Unhappy taxi commuter


Webwerf

[ Top ]


WEEKLIKS sien ek daarna uit om die uitstekende webwerf www.paarlpost.co.za oop te maak.

Van die Paarlberg embleem tot die uiteensetting van die inhoud, is 'n genotvolle ervaring wat my vir 'n rukkie weer deel maak van die doen en late van die gemeenskap van ons geliefde Paarl.

Karin Boezaart, VSA


Geen rooilig-area

[ Top ]


DIE sekswerkers is besig om inwoners van Denneburg se lewe te versuur. Hulle is brutaal, uitdagend, uitlokkend en skamel geklee.

Indien hulle aangespreek word omdat hulle ons sypaadjies beset en selfs ons pad versper, word die vieslikste moontlike taal teen ons gebruik. Telkemale is klagtes teen hulle ingebring, maar niks word uitgerig nie.

As gekyk word na al die voertuie wat van Paryspad gebruik maak, is daar tog sekerlik beter besigheidsvooruitsigte. Ons eis nou optrede. (Sien bl 2)

Annetjie Vorster


Redaksioneel:

Tronkdeure wag vir hulle

[ Top ]


DIT is Maandagoggend by die hof en 'n mens sal vergewe word as jy wonder of daar 'n skool op besoek is.

Maar nee, dit is maar net die gewone jeugdige oortreders wat weer kom gesig wys.

Almal is al moedeloos oor die probleem met die jongspan en dit lyk nie of iemand 'n oplossing het nie. Eintlik lyk dit asof almal net slagoffers van die situasie geword het.

Die eerste groep slagoffers is natuurlik die mense wat hierdie jeugdiges ten prooi val. In die straat en by woonhuise is dié ratse oortreders vir die meeste mense net een te veel.

Vang die polisie hulle, is dit net om te besef dat hulle minderjarig is en daar nie veel gedoen kan word behalwe om 'n dossier op te bou vir die dag as die kind agttien word.

Die hof het ook nie veel uitweë nie. Gewoonlik word die jeugdiges bloot in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Die ouers, wat meestal ook nie beheer het oor hul eie kroos nie, beskou hulself ook as slagoffers.

Daar sal beslis innoverend na dié probleem gekyk moet word. Howe sal as straf dalk verpligte skoolbywoning en gemeenskapsdiens moet oorweeg en ouers sal verantwoordelik gehou moet word vir hul kinders se dade.

Intussen is die grootste slagoffers, en die groep wat die meeste het om te verloor, juis dié jeugoortreders. Hulle word uiteindelik vasgevang in 'n stelsel van wanhoop, waar hulle bloot wag om oud genoeg te word vir die tronk.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za