safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 April 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Opstand oor water

Susan Botha

[ Top ]


wmense16LAAT hulle kom, ons sal baklei! Dit was maar een van die dreigemente wat verlede Donderdag tydens 'n protesvergadering op Saron gemaak is, nadat Drakenstein Munisipaliteit die vorige dag begin het om water op die dorp af te sny weens uitstaande munisipale skuld.

"Dit is mos ons water, hoe kan hulle dit kom afvat?" wou een verontwaardigde inwoner weet.

Saron en Gouda skuld sowat R6,5 miljoen aan agterstallige dienstegelde en die skuld het die laaste maand alleen met R252 800 toegeneem.

FRUSTRASIE. Ontevrede inwoners van die HOP-huise op Saron by die protesvergadering.

Gemeenskapsleiers op Saron skryf dié dorp se skuld toe aan 'n dispuut oor beweerde wanadministrasie deur die vorige Raad asook 'n geskil oor waterregte.

Die Munisipaliteit het as 'n laaste uitweg verlede Woensdag begin om die watertoevoer van wanbetalers te beperk.

Die aksie is verlede Donderdag voorlopig gestaak nadat ontstoke inwoners gedreig het om munisipale amptenare met pikstele en ander wapens van hul erwe te verdryf.

Volgens Hannes Smit, gemeenskapsleier, is inwoners ingevolge die dorp se titelakte geregtig op gratis water.

Saron het sowat 150 jaar gelede as sendingdorp ontstaan en word omring deur berge en fonteine met vars water.

"Voëlvleidam (wat ook aan Kaapstad water voorsien) kry die bergwater wat ons nie gebruik nie. Die Kaapse Munisipaliteit maak miljoene rand daaruit."

"Voorheen was die water in slote en ons moes betaal om die sloot een keer per jaar te laat skoonmaak. Later het daar pype gekom en dit moet ook in stand gehou word.

"Maar as die Munisipaliteit R10 van elk van die 2000 erwe kry vir instandhouding, ontvang hulle R240 000 per jaar van 'n dorp wat self sy water uit die berg voorsien. Wat maak hulle met die geld wat oorbly? Hier is nie werk op Saron nie.

"Die water is ons mense se geboortereg. Niemand kan die titel van ons vervreem nie."

Donderdag se vergadering is belê vir inwoners van die HOP-huise, waar munisipale amptenare dié dag wou begin water afsny het.

"Ek weet julle het nog nie 'n titelakte om julle te beskerm nie," het Smit aan hulle gesê, maar hulle verseker dat alle nuwe inwoners dieselfde regte as die bestaande eienaars geniet.

"As dit daarop neerkom, sal ons 'n petisie opstel waarvolgens die res van Saron vir julle water sal afgee."

"Die mense is bang oor hulle munisipale skuld. Baie van ons sit met skuld op ons rekenings wat niemand kan verduidelik nie. Sodra ons reëlings tref, aanvaar ons mos die skuld."

Smit sê hulle het veral 'n probleem met die houding van munisipale amptenare as dit kom by reëlings tref vir afbetaling.

'n Woordvoerder van Drakenstein Munisipaliteit sê gesuiwerde water kos geld en kan nie gratis verskaf word nie.

"Hoe gaan mense ooit hul skeld delg as hulle per maand minder wil betaal as wat hulle in een maand gebruik nie?

"Drakenstein Munisipaliteit het vir Saron/Gouda sowat R1,8 miljoen meer begroot as wat die begrote inkomste uit die gebied is, indien almal hul rekenings ten volle vereffen. Die mense van Saron/Gouda word dus reeds gesubsidieer deur die res van Drakenstein, en kan nie anders behandel word as die res nie."

* Residents of Saron are up in arms after their water supply was cut due to their arrears.


Twee skuldig aan Van Zyl-moord

[ Top ]


DIE twee mans wat die Van Zyl-egpaar van Muldersvlei in Januarie verlede jaar op hul plaas vermoor het, word volgende week in die Kaapse Hooggeregshof gevonnis.

Danisile Machata (26) het reeds in 'n verklaring aan die ondersoekspan skuld beken aan die dubbele moord, roof en diefstal van drie vuurwapens.

Sy neef, Siyabulelo Ngqamakhwe (21) wat tydens die moord op die plaas gewoon en gewerk het, het tot Donderdag verlede week skuld  ontken.

Toe hy sy pleit verander, is die saak uitgestel, vir vonnis op 24 April.

Percy van Zyl (68) en sy vrou Loretta (58) is die aand van Nuwejaarsdag op die Hoopenberg plaas aangeval.

Van Zyl se lyk, met wurgmerke aan die nek en twaalf 12cm diep steekwonde in die long en hart, is die volgende dag in 'n buitegebou ontdek.

Sy vrou is gedwing om die kluis in die woning oop te maak voordat sy 22 steek en snywonde toegedien is. Haar keel is afgesny en haar liggaam is in 'n gang in die woonhuis gelaat.

Die twee mans is 'n week ná die moord deur 'n span speurders onder leiding van insp Rogerio Carosini van Klapmuts in hegtenis geneem.

Die moordwapen, 'n dolk, is teruggevind. So ook die gesteelde vuurwapens, wat naby die opstal versteek was. 'n Vuurwapen wat in 1996 in Manenberg gesteel is, is ook daar ontdek.

Hofgangers was verlede week duidelik verlig toe die tweede verdagte ook skuldig gepleit het.

Onder die familielede is Van Zyl se seun Kim (43), wat op die plaas woon, sy vrou Sharon, en Loretta van Zyl se suster, Henrietta Melck.

* The second accused has admitted guilt to a farm murder committed last year.


Fest of top wines in Paarl

[ Top ]


wgesie16THE wineries of Paarl are commandeering all wine lovers to help them consume Shiraz wines worth R50 000 in just one day!

This benchmark tasting is a unique opportunity for wine lovers to compare local Shiraz wines with those produced elsewhere in the world. The Paarl Shiraz Discovery is presented by Paarl Vintners, the association of wine producers and home to the Red Route.

It will be held on Saturday at the Grande Roche Hotel in Paarl where some of the world's top Shiraz wines will be up for tasting at R300 per head. Enthusiasts may attend one of two sessions - at 09:30 or 14:00.

WINNER. Gesie Lategan of Domaine Brahms, Paarl's winemaker of the year, whose Shiraz will be among those pitted against top international wines at the Paarl Shiraz Discovery benchmark tasting this weekend.

Dr Remington Norman (MW), well-known Shiraz expert and author will lead the discussion and tasting of these sought-after French wines, some worth over R1000 per bottle.

The line-up includes a 1998 Chateau D'Ampus of Cote Rotie in France, a 1998 Mount Edelstone Shiraz from Henscke in Australia, a Californian 1996 Joseph Phelps Syrah, a 1998 Cornas "Reynard" from the Rhône Valley, and a 1999 Hermitage La Chapelle, also a Rhône wine.

The Benchmark Tasting forms part of a weekend of Discovering Shiraz in Paarl. It kicks off tomorrow with Shiraz-orientated mini-extravaganzas at three top Paarl restaurants -  Rhebokskloof, Il Casale and Pontac Manor.

On Sunday, Paarl Vintners cellars are open to Red Route adventurers from 10:00 to 16:00. The amusement on offer extends far beyond wine, and ranges from local art on display at Simonsvlei, an organic produce market at Joostenberg and culinary feasts of all genres!


Maureen Muller will leave prison an elderly woman

Malané Bosman

[ Top ]


wmaurMAUREEN MULLER (41) will be an elderly woman when she is released from prison. Her teenage daughter and her son will have completed school by then and might well be married with children of their own.

With the passing of four life sentences last week, the doors closed on the case which Paarlites have been following with great interest since the murder of Edmund Muller in 1998.

Muller is likely to spend 25 years in jail.

The sentence was heard in silence by Muller, immaculately groomed as always and dressed in black on her last day as a free woman.

It was four years ago that she had hired a hitman to kill her husband of fifteen years, the father of her children.

The unsuspecting Edmund had received what he thought were two potential car buyers when he was shot. He died in a chair in his living room in the Mullers' home in Jan van Riebeeck Drive.

The court heard that Mrs Muller (41) had paid the assassin R10 000 and stood to gain about R350 000 from her retired husband's assets.

But things had not worked out as planned. Last minute apologies and pleas in mitigation of sentence could not swing the ruling in her favour.

Her sister Faiza Allie, Allie's boyfriend Marshall Februarie and the hitman Richard Ortell, were also convicted of the murder.

While the two women had been out on bail for the duration of the trial, the men have remained in custody for nearly four years.

Februarie and Ortell faced a further charge, of illegal possession of a firearm and ammunition.

"Muller did not pull the trigger, but she was the instigator of the three bullets that ended the deceased's life," state advocate Willem Tarantaal said.

The prosecution had requested a sentence of life behind bars for all four felons. Justice Jerome Ngwenya conceded.

After sentence was handed down, Edmund Muller's mother, Jeanette, said: "I am relieved that it is finally over. But it is not easy. I don't have my son and neither do I have a grave for him."

 Her son, an avid angler, was cremated after the murder and his ashes strewn over the sea by his widow.


Raadop met kriekplaag

[ Top ]


"EK kan skaars my voordeur oopmaak, of daar vlieg 'n stuk of ses krieke in. As dit so aangaan, sal ek van hulle moet begin sop maak!"

So sê een inwoner van Paarl oor die klaarblyklike kriekplaag wat die Boland getref het. Baie inwoners kla oor dié blinkswart gediertes (wat as jongeling as 'n klein, vaal kriekie voorkom).

"Ek het nog nooit vantevore so 'n probleem met krieke gehad nie. In elke vertrek staan daar 'n blikkie insekdoder. Saans moet ek met oorpluisies in my ore slaap," het sy gesê.

Nog 'n Paarliet stem saam dat die krieke vanjaar besonder kwaai in omloop is - genoeg om 'n uitvoerproduk na die Ooste te loods.

"Saans sit die krieke teen die plafon en nog erger, hou hulle jou totaal uit die slaap," het die bedrukte Paarliet gesê.

Selfs besighede word nie ontsien nie. 'n Vrou wat een aand by 'n vulstasie gestop het om tenk vol te maak, moes behoorlik mooi trap tussen die krioelende diertjies.

"Hulle was die hele plek vol!" kla sy.

By 'n konsert Saterdagaand het die sespotiges die verhoog vol gespring, en selfs op een dame se hoed plaasgeneem.

Maar daar is een troos - die plaag is byna verby.

Volgens dr Henk Geertsema, entomoloog van die Universiteit van Stellenbosch, is die krieke se lewensiklus net sowat twee maande lank.

"Ons is oor die top van die berg - die krieke sal nou begin verdwyn."

Volgens Geertsema is die hoë voorkoms van krieke vanjaar te danke aan die buitengewoon hoë reënval in Januarie.

"Krieke lê hul eiers onder die grond, en hulle is sensitief vir droogte. Die somerreën het veroorsaak dat meer eiers as gewoonlik uitbroei.

"Hulle is nagdiere wat in die dag wegkruip - maar daar is so 'n plaag dat 'n mens hulle selfs bedags sien rondloop omdat hulle mekaar vertrap! Die voëls wat hulle eet het natuurlik 'n fees."

"Soos die nagte koeler word, is hulle geneig om binnenshuis te kom - en dit is wanneer hul geskree 'n mens wakker hou. In die buitelug is dit mos 'n plesierige geluid.

"Die beste raad is om maar 'n bietjie insekdoder op die drumpel te spuit, om hulle uit die huis te hou."

Sommiges meen die krieke is 'n seker teken van 'n droogte wat gaan volg, terwyl inwoners van Gansbaai - wat ook klaarblyklik dieselfde probleem ondervind - breed glimlag, omdat dit glo beteken "die snoek gaan dik loop".

* Local residents are driven to desperation by a plague of shrill crickets.


Raad bied sakeberaad aan

[ Top ]


DIE Drakenstein Munisipaliteit bied Dinsdag 'n plaaslike ekonomiese ontwikkelingsberaad aan in die Wellington stadsaal.

Besighede, instansies en organisasies wat betrokke is by plaaslike ekonomiese ontwikkeling in Drakenstein is uitgenooi om die beraad by te woon.

Volgens die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, moet plaaslike regerings as agent vir ontwikkeling optree om ekonomiese groei, werkskepping, ontwikkeling en deelnemende demokrasie aan te moedig.

"Drakenstein Munisipaliteit word gekonfronteer met enorme ekonomiese ontwikkelingsuitdagings, soos die agteruitgang van die middedorpe, agterstande in dienslewering, gebrek aan basiese infrastruktuur in landelike areas, buurte met min ekonomiese geleenthede en 'n hoë werkloosheidsyfer."

Navrae by  807-4802.


Diewe vas in dak

Uh-Albry Reitz

[ Top ]


SKOLE het die afgelope vakansie kwaai deurgeloop onder diewe, maar flukse optrede deur die Polisie kon 'n inbraak by Nieuwedrift Primêr in Noorder-Paarl fnuik toe twee verdagtes op heterdaad betrap is.

Twee jeugdiges van Piketberg is op 2 April deur die polisie se honde-eenheid vasgetrek, terwyl hulle in die plafon van die skool weggekruip het.

"Die verdagtes het een van die ruite by die administrasiegebou stukkend geslaan, die diefwering afgebreek en toegang tot die gebou verkry.

"In dié proses het hulle egter toe die geluidlose alarm geaktiveer, waarop die Honde-eenheid reageer het. Die verdagtes is deur die honde in die plafon uitgesnuffel.

"Gelukkig is niks gesteel nie," het 'n verligte skoolhoof, John Goliath, gesê.

By Ronwe Primêr het voornemende diewe skynbaar ook die vakansie gepoog om die alarm buite werking te stel sodat hulle by die skool kon inbreek, maar hulle was onsuksesvol.

William Lloyd Primêr in Paarl-Oos was egter nie so gelukkig nie. Op dieselfde aand is daar by dié skoolgebou ingebreek en het diewe items ter waarde van ongeveer R35 000 buitgemaak.

Peter Lourens, skoolhoof, het gesê dat die skoolgebou se kragtoevoer tydens die skoolvakansie foutiewelik deur die Munisipaliteit afgesny is. Gevolglik het die alarm nie afgegaan tydens die inbraak nie.

"Die skoolopsigter maak gereeld 'n draai by die skool gedurende vakansies. Die oggend na die inbraak het sy gesien dat daar ingebreek was.

"Die inbrekers het weggekom met twee rekenaars, twee hoëtroustelle, duur gordyne, 'n sak met kriekettoerusting en medaljes.

"Twee verdagtes is deur inwoners naby die skool opgemerk en die polisie is in kennis gestel, maar hulle het nooit opgedaag nie.

"Ons skool is baie goed beveilig en ek dink die feit dat die kragtoevoer afgesny was, het die inbraak vergemaklik. Behalwe die gesteelde items weg,  is skade ook aan deurslotte aangerig," het hy gesê.

Lourens wil nou 'n klag van nalatigheid teen die polisie aanhangig maak.

"As hulle onmiddellik gereageer het op die oproep, kon die inbraak verhoed gewees het," het hy gesê.

Ook by Paulus Joubert Sekondêr is daar na Paasnaweek twee keer ingebreek. Volgens skoolhoof Tommy Kearns is geen groot items gesteel nie, maar die skade wat aan plafonne aangerig is, word op R17 000 beraam.

Die personeel van die Abe Maart preprimêr in Paarl-Oos was ook geskok nadat diewe ingebreek en verwoesting gesaai het in die drie klaskamers.

Personeellede was boonop erg ontstoke nadat lede van die Paarl-Oos polisie geweier het om 'n klag van saakbeskadiging en vandalisme aanhangig te maak.

Supt Cassie Carstens, bevelvoerder van Paarl-Oos SAPD, het gesê 'n departementele ondersoek is gelas nadat die klagtes van Abe Maart Preprimêr en William Lloyd Primêr ontvang is.

* Four schools were hit by burglars during the holiday. At one school the burglars were caught red-handed.


Poultry man lets five farms go

[ Top ]


WELL-KNOWN Paarl businessman Feruccio Ferucci is to lease his poultry farms to County Fair from 1 May.

This week Ferucci confirmed that five broiler farms, including Boland Poultry and other farms near Klapmuts and Kranskop, are to be leased to County Fair, who will take over the management of the farms.

The abattoir on Rosendal egg farm is also being closed as it has become inadequate to process the number of chickens required, to the necessary standard, Ferucci said.

The decision to close it followed a clampdown by the Department of Meat Hygiene because refrigeration facilities at the abattoir were considered inadequate.

The abattoir is to close completely on 30 April due to the high cost of upgrading it. A total of 161 workers will be laid off.

Ferucci has also decided against upgrading the Boland Poultry abattoir due to decreased profitability in the industry.

"Unfortunately we have been subjected to various constraints such as cheap imported chicken, rising feed costs and the devaluation of the rand, making upgrading of the abattoir too great an economic risk."

He is to retain control of the two egg farms in Klein Drakenstein and the chicken feed plant near Klapmuts.

"Any talk of farms being sold is purely speculative at this stage."


Toeriste loop deur

[ Top ]


INBREKERS wat toeriste teiken het die naweek Kanadese besoekers in Groot Drakenstein van kontant en besittings ter waarde van meer as R45 000 besteel.

Die polisie het goeie vingerafdrukke gekry en sersant Dirkie Adams hoop om binnekort 'n arrestasie te maak.

Die toeriste vertrek vandag terug na Kanada. Tydens die inbraak Saterdag het die twee egpare byna al hul persoonlike besittings verloor.

'n Skootrekenaar, bankkaarte, vliegkaartjies, klere en skoene, Suid-Afrikaanse en buitelandse geld het verdwyn.

Die verdagte het sy eie skoene uitgetrek en in die gastehuis gelaat voordat hy met 'n gesteelde paar skoene aan sy voete daar weg is. 'n Halfuur nadat dié kamers in chaos gelaat is, is daar by 'n onbewoonde gastehuis, so 600m daarvandaan in Pniel, ingebreek. Wyn en beddegoed is gesteel.

Sers Adams ontvang graag inligting by 874-1016.

* 'n Egpaar van oorsee wat die naweek in die Paarl getrou het, sal nie net goeie herinneringe met hul saamneem nie.

Inbrekers het Sondagoggend kontant en juweliersware uit hul kamer in 'n gastehuis aan die Hoofstraat naby die Strooidakkerk gesteel. Die ondersoekbeampte, insp Lizl Burden, hoop diegene aan wie die "herkenbare" stukke te koop aangebied word, sal haar skakel, by 807-4000.

Onder die items is 'n klein leerbeursie met kredietkaarte en 'n Amerikaanse bestuurslisensie in die naam van Dina Olga Burgos. Ook weggedra is Britse ponde, R1600 kontant en 'n selfoon. Die juweliersware is bonkig, en sluit 'n breë ring van goud en silwer, 'n silwer ring met 'n groot pêrel en nekhangers in.

* Foreign tourists have been targeted by local burglars.


Shots fired by gatecrashers

[ Top ]


THREE men and a woman in a stolen vehicle gatecrashed a "street bash" in Mbekweni at the weekend and shot wildly into the crowd.

While no reports have been received of injuries, parked vehicles were pock-marked with bullet holes.

Witnesses told investigating officer Sgt Jerome Steenkamp how the maroon Golf TDI with CA registration number smashed its way into the people partying in the closed street.

(Scobi's Tavern had been granted permission by the Municipality to hold the "street bash").

The occupants fired wildly before speeding off, with policemen giving chase. The vehicle sped from J-Block to B-Block, where it crashed into a ditch.

The three men escaped while a woman was arrested and questioned by the police. The suspects are from Khayelitsha.

* In what could have been a related incident, at 03:45 on Saturday morning, a tavern customer, Andy Xhipo, was shot in the hand during an argument.


Trouble with toilets causes stink

[ Top ]


THE lack of proper toilet facilities for residents is a huge concern for the dwellers of the B and C Block hostels in Mbekweni.

The Municipality is to demolish the toilets in the area to erect new facilities.

Residents are however concerned that for the duration of the construction of the new facilities, fifty or more people now have to use one toilet.

"The toilets in the C-block were demolished and now all those residents are flocking to B-block to use our toilets.

"Many people live in informal housing and are dependent on these public toilets," one concerned resident said.

"Sometimes the existing toilets get blocked and it causes one big mess. Our children then have to play in these dirty surroundings."

Beside these worries, thieves also vandalise the sanitary facilities by stealing the toilets.

A municipal spokesman gave the assurance that no toilets would be removed before all the houses have been upgraded.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za