safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 April 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wblare16CHANGES. Summer has ended and the vineyards are changing colour, heralding the onset of autumn. Here Marta Stemmet, a Paarl farm worker, admires the rainbow of colours in a vineyard overlooking the valley. Pic: Leanne Stander


Koos en Katriena weer tuis

[ Top ]


wpugs16TWEE jong hondestelers het verlede week hul rieme styfgeloop toe hulle by die verkeerde koper aangeklop het.

Toe die seuns twee pug-hondjies vir R100 elk aan 'n polisieman se vrou in Noorder-Paarl wou verkwansel, het sy dadelik lont geruik.

Christelle Marais het lede van die

Misdaadvoorkomingspan geskakel en ongemerk die seuns met haar motor agtervolg sodat hulle nie kon verdwyn nie.

LEKKER BY OUSUS. Koos (regs) en Katriena is terug in Noorder-Paarl by Tanya Cronjé (links) en haar suster Maritza.

Twee verdagtes, 10- en 11-jarige seuns van plaaswerkers van Noorder-Paarl, is aangekeer. Die hondjies is aan die Paarlse Dierebeskermingsvereniging oorhandig.

Terselfdertyd het Piet Cronjé, Paarlse ambulansman, reeds al wat 'n poging is aangewend om sy vrou se verlore honde op te spoor.

Vir die vermiste Koos en Katriena, 'n driejarige reun en eenjarige teef, het hy 'n R200 beloning aangebied.

"Dis al wat ek het, maar sowaar, as ek my honde terugkry en die diewe word by name genoem, sal ek sorg dat die informant nog 'n R200 kry," het die man gesê.

Die honde het Woensdagnag verlede week spoorloos uit die Cronjés se erf in Heidestraat, Noorder-Paarl, verdwyn.

"Die honde is laas so half tien die aand gesien. Toe ons wakker word, het die voorhekke oopgestaan," het Cronjé gesê.

Groot was sy dankbaarheid toe hy later die middag die DBV skakel en hoor Koos en Katriena wag vir hul baas, ongedeerd.

* Two dogs have been recovered after thieves tried to sell them to the wife of a policeman.


Seun se lieflinghond vergiftig

[ Top ]


'n GESIN in Noorder-Paarl treur oor die dood van hul hond, 'n jong Rottweiler van tien maande.

Bruno is dood nadat hy vermoedelik gif ingekry het terwyl die gesin tydens die skoolvakansie weg was.

Die vergiftigde voedsel moes in die erf geplaas gewees het, aangesien Bruno agter 'n hoë hek was en nie die werf verlaat het nie.

"Dit is die tweede keer dat Bruno siek geword het. Die eerste keer in Maart het ons hom deurgehaal, maar hierdie keer kon ons nie.

"Ander diere in die omgewing, ook katte, het die afgelope paar maande ook onder verdagte omstandighede gevrek," sê Sanet Kriel, Bruno se eienaar.

"Bruno was nie 'n hond wat geblaf het nie, en het nooit uit die erf gekom nie, behalwe aan 'n leiband. Hoekom sou iemand so wreed wou wees?" vra sy.

* A young Rottweiler has died of poisoning.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za