safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 April 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


Wil jy ingenieur word?

[ Top ]


DIE jaarlikse opedag van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese vind op Woensdag 24 April vanaf 09:00 tot 18:00 plaas.

Leerders en die publiek sal tydens die opedag direkte kontak met studente en dosente hê om sodoende 'n duidelike prentjie te kry van die wonderwêreld van die ingenieur asook die beroepsmoontlikhede van dié veld.

Die ses departemente van die Fakulteit sal meer as vyftig opwindende uitstallings en demonstrasies aanbied.

Van die hoogtepunte is die snelprodukontwikkelingslaboratorium van Bedryfsingenieurswese, die aanleglaboratorium van Chemiese Ingenieurswese, die hoogspanningslaboratorium van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, die sonenergielaboratorium van Meganiese Ingenieurswese, en die waterlaboratorium van Siviele Ingenieurswese.

Groepe groter as 15 moet bespreek by Sandra, tel 808-4203 of e-pos sandrab@sun.ac.za.


Karnavaltyd by St. Albans

[ Top ]


DIE St Albans Primêre Skool op Wellington hou Vrydag 26 en Saterdag 27 April hul jaarlikse karnaval met mallemeule op die skoolterrein.

Dit beloof om 'n naweek propvol vermaak te wees vir oud en jonk - met bekende sanggroepe wat optree, die mallemeule, heerlike eetgoed, biertuin en interessante stalletjies.

Toegang is R10 (R6 vir kinders). Ritkaartjies is by die skool te koop teen R4 per rit.

Die bekende groep Sugar Daddy met hul treffer 'Jaloersbokkie' tree Saterdagmiddag en -aand op, met die bekende Kaapse jazzgroep N2 wat Vrydagaand daar is.

Daar is ook volop plaaslike talent op die verhoog, en Mej St Albans word ook gekroon.

Om 'n stalletjie te bespreek, skakel 083-9923-684 in skoolure. Enige ander navrae by 873-2441.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za