|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
THE second leg of the Western Province Mountain Bike Championships will be held at the Afrikaans Language Monument on Sunday morning at 08:00. The provincial cross-country event is hosted by the Paarl Amateur Cycling Club. Racing will take place in all registered age categories. There will also be a fun ride for unregistered riders. The course is just over six kilometres long and consists of uphill, fast flowing single track and wide open roads. The course is well balanced and will be challenging for all categories. Most of the course can be seen from one spot. Local riders such as national champion Jaques Rossouw and national women's champion, Hannele Kotze, will be seen in action. The course will be open for training on Saturday. Riders can register from 16:00 to 18:00 on Saturday and on Sunday from 07:00 until two hours before every race. For racing information contact Marike Buys at 082-927-5310. Picnic baskets can be ordered from Beulah at 863-1797. |
|
|
|
|
DIE spanne van Boland Blinde Krieket is verlede naweek as Nasionale kampioene gekroon ná hul sukses op die Standard Bank/MTN Nasionale Blinde Kriekettoernooi wat in Pinetown gehou is. Die Boland A span het die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hulle die eindwedstryd teen Northerns met sewe paaltjies gewen het. Die span van die noorde het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken 246/7 aan in hul toegelate 40 boulbeurte. Boland slaan die wenlopies in die 35ste beurt. Chris Liebenberg was briljant met sy 119* in slegs 121 balle, wat geen grenshoue ingesluit het nie. Hy is goed bygestaan deur Nathan Meyer met 42. Die Boland Ontwikkelingspan het in hul finaal ook met 'n span van Northerns afgereken. Boland wen met agt paaltjies op 'n spannende wyse met 'n laaste bal. Vyf Bolanders, Chris Liebenberg, Stephen Hibbert, Melrick February, Nathan Meyer en Pieta le Roux, is in die nasionale span opgeneem wat eersdaags aan die Wêreldbekertoernooi in Indië gaan deelneem. Boland Blinde Krieket hou op Saterdag 20 April om 12:00 hul jaarvergadering in die Calabash Restaurant aan die Cereskant van die Bainskloofpas. Alle belangstellendes is welkom. |
|
|
|
|
DIE klubkampioenskapstoernooi van Paarl Gholfklub wat van 6 tot 13 April gehou is, het nie alleen mooi gholf ingesluit nie, maar ook 'n nuwe baanrekord. 'n Totaal van 90 spelers het in drie afdelings op 'n moeilik opgestelde baan meegeding. Dawie van der Walt het met 'n goeie vierde rondte telling van 68 klaargemaak vir 'n 72 putjietotaal van 289 wat sy titel as klubkampioen vir 2002 verseker het. Die telling van 68 is 'n nuwe baanrekord aangesien dit die beste telling is wat tot dusver op die nuwe baan, wat op 9 Februarie oopgestel is, aangeteken is. Die skolekampioen is Adam Barnard met 'n telling van 329 en die seniorskampioen is Herman Fredericks met 'n 36 putjietotaal van 160. Die uitslae van die A-afdeling is: 1. Dawie van der Walt (73-75-73-68 = 289) 2. Frans Lohbauer (76-81-78-75 = 310) 3. Hugo Lombard (77-72-81-81 = 311), Johan Swart (79-74-80-78 = 311). B-afdeling. 1. Eric Troost (94-85-84-80 = 343) 2. Pieter Heyns (87-85-89-92 = 353) 3. Alan Graham (86-90-90-88 = 354). C-afdeling. 1. Scholtz de Villiers (97-98-96-96 = 387) 2. Graham May (103-96-94-96 = 389) 3. Michael Hope (97-99-95-101 = 392). * Die uitslae van die Vierbal Syferplus Alliansie kompetisie wat Saterdag by Wellington Gholfklub gespeel is, is Jacques (snr), Pieter en Jacques Slabber (jnr) en Danie Spamer - plus 23, gevolg deur Rudie Broodryk, Deon Booysen, Gerrie du Toit en Jan van Wyk met plus 20 en Willem en Pieter Rossouw, Albie Daniels en Abie Abrahams met plus 20 in die derde plek. * Brian Bailey en Neville Minnaar (44) het die beste vertoon tydens die 4 BBB Stableford kompetisie wat Sondag by Bergrivier Gholfklub gespeel is. Tweede was Johnnie en Louie Minnaar met 43 gevolg deur Jane de Villiers en Rozanne Lauden (42) en Willie Jacobs en David Lategan met 41. |
|
|
|
|
AS daar nou iemand is wat daarvan droom om naam te maak op die beroemdste tennisbane van die wêreld, is dit Louis Bartlett. Dié 15-jarige tennisspeler van HJS is die topgekeurde o.16 speler in die Boland en tans nommer vyf in die land. Bartlett het die afgelope drie weke in drie Junior Super Sewe toernooie deelgeneem en goed gevaar. Tydens die Gauteng-Noord toernooi in Pretoria het hy die enkelskompetisie gewen en saam met George Stegmann van SWD in die semi-finaal van die dubbels uitgeval. In die Gauteng-Sentraal toernooi in Johannesburg val Bartlett uit in die kwarteindrondte van die enkelstoernooi. Hy en Stegmann dring deur na die dubbelsfinaal maar kan nie die knoop deurhak nie. Tydens die Noordwes-toernooi in Klerksdorp dring hy deur na beide die enkels- en dubbelsfinaal. Hy val vas in die enkels maar wen die dubbels. Bartlett is sedert tienjarige ouderdom nog elke jaar die nommer een Boland-speler in sy ouderdomsgroep. Die Boland-span neem van 27 tot 30 April aan 'n interprovinsiale toernooi deel wat die Suid-Afrikaanse Tennis Assosiasie in Bloemfontein aanbied. |
|
|
|
|
TYDENS Paul Roos Gimnasium se rugbydag Saterdag op Stellenbosch het Paarl Gim vir Outeniqua van George met 34-10 geklop. Aantreklike hardlooprugby deur beide spanne het die wedstryd 'n plesier gemaak om te kyk. Gim was vroeg voor danksy 'n drie en strafdoel deur losskakel Etienne Duvenage. Voor rustyd druk hy weer en verdoel ook die drie om die telling op 15-0. In die tweede helfte teken die span van die Suid-Kaap 'n doel en strafdoel aan. Drie drieë deur Beau du Toit, Albert Terblanche en Lochner Slabbert en twee doelskoppe deur Duvenage verseker egter die wedstryd vir Gim. Gim speel Saterdag tuis teen Paul Roos. Ná sy 40-0 oorwinning oor Bergrivier Sekondêr in die week, het Boishaai ook met Hoërskool Punt afgereken (27-0). Die Paarliete se pak voorspelers oorheers deurgaans en voorsien genoeg balbesit aan die agterspelers. Hein Myburgh, Luan Scheepers en Andrew Herholdt (2) druk. Alwyn Burger slaag met 3 doelskoppe en 'n strafdoel. Boishaai speel Saterdag weg teen HTS Drostdy. Boland Landbou se 15-12 (5-5) nederlaag teen PW Botha van George was die verrassing van die dag. Rudi Zandberg en Chris Buckle het Boland se drieë gedruk. Tobie Botes slaag met 'n doelskop. * 'n Aanvanklike gelykopstryd in die ligawedstryd tussen Labori en Groendal het in die tweede helfte ná 'n rustydtelling van 7-5 in Groendal se guns, na Labori se kant begin swaai. Laasgenoemde se sterker voorhoede wat 10 vaskoppe gehaak het, het die grondslag gelê vir 'n oorwinning van 24-14. Kaptein Oswald Sitzer (2), Ben Flaum en Alwyn Geldenhuys het vir Labori gedruk. Die tweede span het 48-7 gewen. BG Hamman het drie drieë gedruk. Die o.16A, o.15A en o.14A spanne wen 24-3, 17-0 en 15-10. Op die netbalbaan was Labori minder suksesvol. Net die eerste (24-8) en tweede span (11-4) kon oorwinnings behaal. * Die eerste span van Paulus Joubert het die naweek op Daljosafat 26-19 met hul eweknieë van Kylemore Sekondêr afgereken. Mooi hardlooprugby is deur beide spanne opgedis maar hanteerfoute deur veral Kylemore het die besoekers onder druk geplaas. Kaptein Jonathan Plaatjies en Bradwin Windvogel druk vir Paulus, terwyl Simon Philander met vier strafskoppe en twee doelskoppe slaag. Die o.16A, o.15A en o.14A spanne wen 10-7, 31-0 en 17-3. |
|
||||