safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Voorvaders in Paarl

[ Top ]


walexaDIE suksesvolle verhoogstuk "Voorvaders kan vlieg, sê Delores" met Alexa Strachan en Wikus du Toit is op Dinsdag 6 Augustus te sien in die Paarlse stadsaal.

Die opbrengs van die stuk, onder regie van Sandra Prinsloo, is ten bate van die Kankervereniging. 

Delores is effens middeljarig, effens getik, heeltemal onweerstaanbaar en daar is veertien verdiepings in haar hart.

Sy is 'n uitgeweke aktrise. Sy het 'n seun wie se vader sy nooit kon

identifiseer nie, en 'n dogter wie se vader, die groot geliefde van haar lewe, haar in liefde verlaat het. Delores ken

TONEEL. Alexa Strachan en Wikus du Toit in "Voorvaders kan vlieg, sê Delores".

geen grense nie: sy dans met vreugde én met pyn.

Wikus du Toit speel die rol van Delores se Voorvader. 

Kaartjies is verkrygbaar by Musiklood in die Paarl (872-3863) of by Kansa op Wellington (864-2633).


Internasionale musici in Goodnow

[ Top ]


MUSIEKLIEFHEBBERS van die Wamakersvallei kan in Julie, Augustus en September hulle gereedmaak vir 'n musiekfees in die Goodnowsaal, Wellington, aangebied deur die plaaslike musiekvereniging.

Op Saterdag 28 Julie om 17:00 tree die Trio Clair de Lune op met die ongewone kombinasie van dwarsfluit, kontrabas en klavier. Hulle sal hoofsaaklik Franse musiek speel.

Nerina von Mayer (dwarsfluit) het aan die Universiteit van Kaapstad, in Londen en Wenen gestudeer.

Donat Pellei (kontrabas) is in Hongarye gebore. Hulle word begelei deur pianis Thea Estié.

Kaartjies is R40 (R30 vir pensioentrekkers) by die deur. Skoliere en studente kan gratis bywoon.

* Op 10 Augustus speel pianis Willem van Schalkwyk werke van Beethoven, Brahms, Prokofiev en Skrijabin. 

* Op 1 September is dit fluitspeler Liesl Stoltz saam met kitaarspeler Pedro Rodrigues en op 10 November speel tjellis Anmarie van der Westhuizen, begelei deur Bennie van Eeden.


Hip-hop and youth indaba

[ Top ]


THE African Hip-Hop and Youth Indaba 2002 is held in Cape Town until 21 July. It kicked off yesterday with a spray-can art exhibition at the Grassy Park library.

Today the MC's and DJ's will battle it out at The Jam in Cape Town (fee R20), with the SA Breakdance Championship at the Good Hope Centre tomorrow (fee R50 for whole day, R30 for evening only).

The SA Hip-Hop Awards will take place at the same venue on Saturday (fee R15).

The week will end off with the Feedback Jam party on Sunday at the Beach Road Studio of Good Hope FM (fee R10).

For further information, contact Emile of Black Noise at 082-395-8125 or 706-0481, Yunique of Stone Rekordz at 083-396-2379 or Bradley at 083-2732-151.


Austrians in Africa

[ Top ]


DUE to close Austrian connections with Franschhoek, the famous choir Grenzlandchor Andau from Vienna will be performing at the Franschhoek NG Church on Friday 26 July at 18:30.

They will perform European folk songs, some classics, Heurigen (typical Viennese music sung in their wineries) and even some African music.

Werner Priklopil, now living in Franschhoek, is delighted to be able to bring this choir from his old home to his new home, which will promote a common bond between the Austrian choir and the Franschhoek Community Drama Project, who will receive the proceeds of the concert.

Tickets are R20 from Vicky ( 021-876-4232).


Ou Kraal kry TV-faam

[ Top ]


ENIGE Paarliet wat sy of haar sout werd is, weet van die historiese Ou Kraal kuierplek bo-op Paarlberg.

Dis hier waar menige gesin Sondae piekniek hou onder die bome terwyl mens die geskiedenis sommer so onder jou in die aarde kan voel klop.

Wat almal nie weet nie, is dat die tradisionele Afrikaanse "Oukraal-liedjie" juis oor hierdie einste stukkie aarde gaan waar vroeër jare gereeld gekamp is.

Die beminde liedjie is geskryf deur Manas de Villiers, 'n Paarliet wat sy lewe lank as lettersetter by Paarl Post gewerk het.

Dit handel oor die kampplek waar hy in sy jeugjare dikwels gekuier en jukskei gespeel het.

In 1966 het die sangduo Sias Reyneke en Gert van Tonder, bekend as Groep 2, dié liedjie tot nommer een op Suid-Afrika se trefferlys en binne-in menige Suid-Afrikaner se hart gesing.

Sedertdien het dit nog nie uitgesterf nie en leer ouers vandag nog hul kinders dié liedjie se aansteeklike wysie en bekende woorde.

Die "Oukraal-liedjie" het nou nuwe skop gekry deur 'n sanggroep genaamd Jaco & Joe. 'n Musiekvideo van die liedjie is, heel gepas, gemaak bo-op Paarlberg by Ou Kraal self.

Dit sal te sien wees in 'n TV-program oor die oorsprong van die liedjie wat Dinsdagaand om 19:30 op Kyk-Net uitgesaai word tydens die eerste aflewering van 'n nuwe reeks, "Die Liedjies wat ons Ken".

Dit is die eerste dokumentêre programreeks nog oor die geskiedenis van tradisionele Afrikaanse liedjies. Die program word Woensdag en Donderdag herhaal.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za