safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


wsnoei18SNEEU-SNOEI. Met die sneeu wit op die Wellingtonse berge, snoei Samuel Frank 'n wingerd in die Bovlei. Dis koud ja, maar hy weet - winterkoue is nodig vir gesonde stokke en 'n goeie oes. Foto: Malané Bosman


Boer oorleef aanval

Malané Bosman

[ Top ]


wkarpohlHET hy nog regop gestaan, het die ses skote wat aanvallers die naweek op 'n Wellingtonse boer geskiet het, sy hart deurboor.

Theuns Krapohl (44) van die Bergrivierplaas, Goede Hoop, het sekondes voordat die skote geknal het, platgeval en op sy knieë gekruip na die

SKOK. Wellington wingerdboer Theuns Krapohl (regs) staan verstom met die sleepband wat deur aanvallers gebruik is om die telefoondrade na sy woning af te ruk. Korporaal Johan Meyer (middel) en lede van die Paarl kommando bewaak nou die plaas.

kluis waar sy haelgeweer gehou word.

Krapohl was alleen in sy plaaswoning toe vier mans Saterdagmiddag net na 16:00 op die agterdeur afgestap het. Hulle het hulle min gesteur aan die Duitse herdershond wat na hul bene gehap het.

"Hulle het arrogant gesê hulle is moeg gestap en hulle soek 'n geleentheid dorp toe," het Krapohl vertel.

Die boer het die wildvreemde mans met Xhosa-aksente van agter die toe sifdeur gekonfronteer toe hy sien een pluk 'n rewolwer uit sy broeksak.

"Ek het die houtdeur toegeklap en op my kniëe gesak," het Krapohl vertel.

Ses skote het deur die hout gebars en in die spens agter hom ingemaakte konfytflessies aan flarde geskiet voordat dit teen die muur vasgeslaan het.

Alhoewel daar 'n alarm en paniekknoppies dwarsdeur die woning is, het dit hom ontgaan. Nie dat dit sou help nie. Daar is later vasgestel dat die aanvallers die telefoondrade afgeruk het.

Krapohl het sy vrou op haar selfoon geskakel en sy en die polisie het hulle uit Wellington na die plaas gehaas.

Hy het intussen 'n venster oopgemaak en met sy haelgeweer van agter veiligheidstralies 'n skoot afgevuur, al was daar van die aanvallers geen teken meer nie.

Polisiemanne, honde, spoorsnyers en lede van die Paarl kommando het tot donker in die reën gesoek na leidrade.

Die nag het deurdringende reën en die stygende Bergrivier die spore verder weggewas.

"Hulle moes uit die rivier gekom het, want onder die telefoondrade het 'n baksteen en tou gelê wat in die pomphuisie teen die water was," sê Krapohl.

"Ons beskou die aanval in 'n baie ernstige lig," het Wellington se speurhoof, kapt John Adams, gesê.

"'n Mens kan net dankbaar wees dat dit nie ernstiger was nie."

'n Beloning word aangebied vir inligting wat tot die suksesvolle arrestasie van die aanvallers sal lei.

Die plaaswoning word nou deurentyd deur weermaglede en sekuriteitsmanne bewaak.

"Ons glo die plaas is dopgehou voor die aanval," het korp Johan Meyer van die Paarl kommando gesê.

"Die plan was beslis om die boer te skiet en sy huisraad met die plaasbakkie weg te ry.

"Ons patrolleer die plase. Daar sàl 'n deurbraak kom."

* A Wellington farmer survived an armed attack on his house on Saturday.


Papnat en yskoud

[ Top ]


DIE afgelope week was die Vallei in 'n ysige wintergreep met reën, koue en die eerste sneeu van die seisoen, maar winter se skerp stormtande sal na môre se kant toe uitgetrek word.

Ligte sneeu het Maandagnag op die pieke van die Klein Drakensteinberge by Paarl en die Groot Drakensteinberge by Franschhoek geval, terwyl die kwik gedaal het tot 2,9 grade. Die dagtemperatuur was Dinsdag slegs 12 grade.

Die genadelose koue het daklose mense in die omgewing laat stroom na die Paarl Nagskuiling.

'n Woordvoerder van die nagskuiling vertel dat hulle die afgelope week ekstra matrasse op die grond moes gooi om mense te huisves wat om hulp kom aanklop het.

'n Totaal van 31,2mm reën is Sondag in die Paarl gemeet, met 65mm vir die maand van Julie.

Die wingerdboere kla egter nie.

Drikus van der Westhuizen, wingerdvoorligter van KWV, meen dat die huidige weer baie voordelig is vir die wingerde.

"Die reën en koue is eintlik baie goed, want dit beteken dat die wingerde nou 'n lekker rustydperk ervaar. Ons verwag 'n goeie uitbot.

"As die koue tot in Augustus kan voortduur, het ons geen klagtes nie," sê hy.

Die Weerkantoor voorspel 'n matige 21 grade Celcius vir vandag, met die reënwolke wat vir eers wyk en plek maak vir sonskyn.

Met die baie reën loop die plaaslike damme se bekers ook oor van geluk. Die totale inhoud van die grootste damme in die Wes-Kaap staan tans op 82%

Die Wemmershoekdam meet tans op 67,7%, die Voëlvleidam op 84% en die Nantes en Betheldamme onderskeidelik op 58% en 84.7%


Big stink at Paarl police academy

[ Top ]


THREE white policemen have been sent back to Gauteng from the Paarl detective academy in Botha Street, where they were attending a course, because they allegedly fed six black colleagues horse laxatives.

The policemen were relaxing after class on Wednesday evening last week when they allegedly mixed the laxatives with a dish of peanuts at the bar.

Six victims suffered severe stomach cramps and were taken to the Paarl Medi-Clinic for observation.

According to Mncedisi Mboleka, chairman of Popcru Western Cape, the incident occurred after a dispute over whether the course should be conducted in English or Afrikaans.

Assault charges have been laid against the three student detectives and an internal investigation is being undertaken surrounding the possible racial motives behind this incident.


Voetgangers vergruis

[ Top ]


TWEE voetgangers het grusaam gesterf in tref-en-trap-ongelukke buite die Paarl.

'n Motoris kon Maandagaand verlede week nie betyds uitswaai toe hy op die Paardeberg-pad 'n liggaam voor hom in die pad sien lê het nie.

Hy het gestop en gesien dat die man reeds vroeër gesterf het nadat hy vermoedelik onder 'n ander voertuig beland het.

Die motoris het gaan hulp soek en na die toneel teruggekeer, net toe 'n derde voertuig die liggaam raakry. Die slagoffer is later geïdentifiseer as Johannes September (25), wat elke aand van sy werk op die Weltevrede plaas na sy ouers se woning op 'n buurplaas gestap het.

Inligting oor die ongeluk kan aan insp Anton Labuschagne by 807-4000 gegee word.

* 'n Man wat Saterdagoggend die N1 naby Simonsvlei oorgesteek het, het die grusame ontdekking van 'n mens se been in die pad gemaak. Hy het hom geskok na die Paarl polisiestasie gehaas waar hy die voorval aangemeld het.

Polisiebeamptes wat ondersoek ingestel het, het op die verminkte liggaam van 'n onbekende man afgekom teen die pad. Dit wil voorkom asof hy vroeër deur 'n swaar vragmotor getref is.

Die man, in sy veertigerjare, was geklee in 'n AMT Transport oorpakbaadjie. Hy het 'n groen en wit gestreepte wolmus op sy kop gehad.

Inligting oor die ongeluk of die identiteit van die slagoffer kan aan die ondersoekbeampte, insp Montague Mundt by 807-4000, gegee word.

* Two pedestrians died in separate gruesome collisions.


Man R1 000 armer by OTM

[ Top ]


TWEE Xhosa-sprekende mans het met R1000 by 'n outobank in Wellington weggekom nadat hulle 'n kliënt se bankkaart in die gleuf  laat vassit het.

Die slagoffer is op 23 Mei om 17:45 by die Eerste Nasionale Bank se outoteller in Kerkstraat beroof.

Twee mans het voor die teller rondgedrentel en aan hom gesê hy kan maar eerste geld trek.

Terwyl hy besig was, het hulle oor sy skouer begin knoppies druk. Hy het die transaksie gekanselleer, maar die kaart het bly vassteek.

Toe hy sy rug draai om die probleem aan te meld, is R1000 uit sy rekening onttrek.

Insp Niel de Lange (873-1141) is die ondersoekbeampte. Skakel hom met inligting oor die roof of die rower op die sekuriteitsfoto.


Egpaar by kerk aangeval

[ Top ]


'n VROU is die naweek buite 'n kerk in Paarl-Oos verkrag nadat haar aanvallers eers haar man bewusteloos geslaan het.

Die vrou (25) het Saterdagnag saam met haar man van 'n dans in Klein Drakensteinweg gestap, toe hulle regoor die Hugenot VGK aangeval is.

Die man is bewusteloos gelaat en sy skoene is van sy voete af gesteel voordat die vrou oor die muur in die kerkperseel gegooi is.

Die aanvallers het haar daarna om die beurt verkrag.

'n Verbyganger het na die polisiestasie gehardloop en alarm gemaak.

Edgar Fredericks (19) van Piet-my-Vrou straat en twee 17-jariges is in hegtenis geneem.


Mob hits tavern

[ Top ]


A SHACK owner had to be escorted to safety by police when angry Mbekweni residents demolished the dwelling on Wednesday night last week.

Residents of shacks alongside Drommedaris Street accused the woman of running a tavern, where two men had been killed recently.

Sylvia's Tavern is equipped with a pool table and facilities for drinking.

On Tuesday night last week a body was discovered 50m from the tavern. Themba Cekiso of House R53 died with his skull split open.

Three nights earlier Sandi Qumza of Phola Park 3351 was rushed to hospital after his head had been crushed with a stone.

Qumza had allegedly been involved in an argument in the tavern and was then ambushed as he left the shack later that night.

He died in hospital.


Stadsraad appelleer ná veto

[ Top ]


DIE Drakenstein Stadsraad gaan appelleer teen die provinsiale besluit om sy beoogde munisipale polisiemag af te keur.

Die 13 mense wat opleiding ondergaan het met die oog op die stigting van 'n mag, sal vir ses maande tydelik aangestel word as verkeersbeamptes graad 3 by die Verkeersafdeling.

So het die Drakenstein Stadsraad Vrydag tydens 'n noodvergadering besluit, nadat die polisiemag deur die provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid, Leonard Ramatlakhane (ANC), afgekeur is op gronde van "onbekostigbaarheid".

Die Minister se besluit volg nadat die Departement van Gemeenskapsveiligheid, terwyl dit nog onder die beheer van die DA was, die opleiding van voornemende munisipale polisielede aangemoedig, gekoördineer en befonds het.

By Vrydag se vergadering het die ANC voorgestel dat die R2,2 miljoen wat vir die polisiemag begroot is, eerder vir ander projekte soos behuising, subsidiëring van eiendomsbelasting op laekostebehuising en moontlike salarisverhogings wat deur vakbonde beding mag word, aangewend moet word totdat die kwessie opgeklaar is.

Raadslid Harlan Cloete (ACDP) het gesê dat die polisiemag ontaard het in 'n "debakel" en dat die instelling daarvan opnuut ondersoek moet word.

Die DA was egter hewig gekant teen hierdie voorstelle en het 'n voorstel deur Johan von Wielligh (DA) dat amptelik geappelleer word teen die Minister se besluit, met 'n meerderheid van 24 teenoor 18 stemme goedgekeur.

Die UDM en AFC het die DA gesteun, terwyl raadslid Marion Julius (DA) en die ACDP buite stemming gebly het.

Daar is ook besluit dat geen bykomende kandidate opleiding vir die munisipale polisiemag sal ondergaan nie, totdat die Minister op die appèl gereageer het.

'n Afvaardiging van die stadsraad sal die Minister Maandag spreek oor die redes vir sy besluit.

* The Drakenstein municipal council is to appeal against a provincial veto of the proposed municipal police force.


Skaapslagtery nek omgedraai

[ Top ]


ONWETTIGE skaapslagtery is verlede week nek omgedraai toe drie vermeende veediewe op 'n plaas by die Paardeberg vasgetrek is.

Vir Marius Jacobs en sy plaaswagte was die inhegtenisname die sukses op dae en nagte se voorlê en spoorsny nadat veediewe skielik weer op plase in Agter-Paarl toegesak het.

Donderdagnag 4 Julie is drie skape geslag, die Vrydagnag vyf, Dinsdagnag twee skape, tot daar die Woensdagnag drie mans op heterdaad betrap is.

"Die skelms het weer uit Bloekombos plakkerskamp begin kom," het Jacobs gesê. "Hulle het nou 'n nuwe patroon. In plaas van drade knip en vee aanjaag, word die diewe afgelaai en slag hulle die skape in die weikampe."

Die vleis word in sakke uitgedra tot teen die pad waar hulle weer opgelaai word. Die slagters trek sakke oor hul skoene om spoorsny te bemoeilik.

"Hierdie keer was dit 'n donkergroen Nissan 1400 bakkie wat die mans afgelaai het. Die CA registrasienommer was vals."

Drie inwoners van Bloekombos, Patrick James, Herbert Mdamo en Joseph Mokalo, is in hegtenis. Hulle is in hul dertigerjare.. Beslag is gelê op toue,  messe en ander slaggereedskap.

* Sheep thieves were arrested redhanded.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za