safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 18 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 25 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wcarmen18Tydens die Bastillefees op Franschhoek het wynmaker Carmen Stevens (links) van Welmoed 'n reisbeurs na Frankryk ontvang van die Franse konsul, Bruno Clerc. Haar toekenning sluit 'n vliegtuigkaartjie (geskenk deur Air France) en verblyf in die Rhone-gebied in Frankryk in. Sy sal haar gedurende die komende parsseisoen in Frankryk veral toespits op die bereiding van Shiraz-wyn. Foto: Lodine Maske


Zeiss laat diewe spat

Malané Bosman

[ Top ]


wzeissWIE kan nou lekker kuier as jy met een oog op jou geparkeerde motor moet gesels?

Dis dié dat die boer 'n plan gemaak het, want Juan van Zyl weet in Noorder-Paarl moet hy sy motor dophou, of daar word vir die derde keer ingebreek.

En hoekom sal Juan, 'n boer van Agter-Paarl, nie sy reuse Belgiese herdershond op wag sit nie?

Zeiss was maar al te gewillig en het hom tydens die besoek verlede week in die gasvrou se voorkamer tuisgemaak. Van

OP SY POS. Juan van Zyl se Belgiese herdershond, Zeiss, maak korte mette met inbrekers.

daar had hy 'n onversteurde blik op sy baas se motor.

Zeiss is nie verniet vernoem na die bekende Duitse verkyker nie. Hy kán sien, en hy is goed geskool.

Toe hy skielik grom, was Juan dadelik by. Hy sien toe ook die beweging in die straat en hy en Zeiss is saam agter by die huis uit.

Toe die skelm die leeubruin hond op hom sien afpyl, het hy laat spat en kort op die hakke van 'n makker binne-in Juan se motor gespring.

Daar sit toe al reeds twee kalante binne die motor wat besig was om aan die radio te karring en in die paneelkissie rond te snuffel.

Juan het die motordeur oopgemaak en toe Zeiss binne-toe mik, toe val al vier die skelms aan die anderkant uit.

Zeiss het nie op hom laat wag nie en hulle haastig in 'n hoek van die tuin vasgekeer. En daar het hy hulle gehou totdat die polisie se vangwa opgedaag het.

Daardie aand en die volgende aand is daar agt arrestasies in Paarlse woonbuurte gemaak waar by motors ingebreek is.

Op twee na is die verdagtes jeugdiges wat enkele dae tevore uit Allandale gevangenis vrygelaat is, waar hulle op soortgelyke aanklagte aangehou was.

* A Paarl man's watchdog managed to corner four car thieves inside the vehicle they were trying to steal.


Bolander finalis vir Mev SA

[ Top ]


wmoller'n BOLANDER, Alet Möller van Franschhoek, is een van die 50 finaliste wat uit bykans 1700 inskrywings vir die Mev Suid-Afrika Internasionaal 2002 kompetisie gekies is.

Alet sê sy is baie opgewonde oor die wedstryd waarin 'n vrou gesoek word wat nie noodwendig 'n perfekte figuur het nie, maar 'n afgeronde ambassadeur vir vroue kan wees, iemand wat gebalanseerd is en innerlike krag uitstraal. Sy moet omgee vir mense en familiewaardes bevorder as sakevrou en fondswerwer.

Sy beskryf haarself as 'n "entrepreneursvraat", wat geen geleentheid kan laat verbygaan nie. Sy was al musiek- en drama-onderwyseres, aktrise, model, huisvrou, personeelkonsultant, velsorg- en gesondheidsdeskundige, stadsraadslid, reisagent en is tans toeroperateur.

"My lewensideaal was nog altyd om werklik tot diens van my naaste te kan wees: die verwaarloosde straatkinders; gevangenes wat vergeet word in tronke; ons bejaardes wat nog soveel bydraes uit hul ondervinding kan lewer.

"Mev Suid-Afrika Internasionaal 2002 bied hierdie wonderlike geleentheid aan diegene wat dit wil aangryp - en ek het besluit om die uitdaging te aanvaar."

Die wedstryd word op 3 Augustus beslis tydens 'n uithangaand in Gauteng. Mev Heelal Internasionaal word in November aangewys, ook in Suid-Afrika (sien die webwerf www.mrssa.co.za om te stem).

Finaliste vir die wedstryd is betrokke by 'Dream Factory', 'n internasionale organisasie wat siek en gestremde kinders help om hul droom te bereik, asook "Babies behind bars" wat omsien na kinders wat saam met hul moeders in aanhouding is.

Kontak Alet voor 28 Julie vir 'n "Droomwens" inskrywingsvorm by 083-450-5273.

* A Franschhoek resident is a finalist in the Mrs SA competition.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za