safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 18 Septembert 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 September  2003 at 17:00

Arts - Kunste


Hero's welcome for Hala

[ Top ]


A GREAT honour befell Weltevrede Secondary in Wellington last week when a famous former learner came to visit unexpectedly. Richard Hala, member of the popular music group AfroZ (from Coca Cola Popstars 2002 fame) and two of his group, Nigel and Nazeem, visited the school.
Richard was invited to assist the grade

whalaFC

HERO. Richard Hala with some of the pupils.

nine learners in an arts and culture programme by his former choir mistress and arts teacher, Sheryl Hendricks. When the group entered the hall, they were greeted with shouts of joy.

Richard sang the song that started his career, "The Impossible Dream", accompanied by his former teacher. A very emotional Miss Hendricks remarked: "Today Richard has reached his impossible dream".

Richard matriculated at Weltevrede in 1996. At the time he was part of a local group, Black Suga, who won the Shell Road to Fame competition a few years back.

In 2002 he made it to the top ten of the Coca-Cola Popstars, but unfortunately he was not chosen to be in the winning five. Luckily fate did not have the final say, and Richard and the other remaining four got a recording contract soon afterwards.

The rest is history - AfroZ has become a household name. Their latest album, 'Ain't it Funny' is currently number 2 on the charts.

Richard named Miss Hendricks his role-model: "She was always there for me and taught me to follow my dreams, no matter what".

He also had a message for the grade nines: "The greatest risk you can take is taking no risk at all!"


Slot hou Oktoberfees

[ Top ]


DIE Laerskool Slot van die Paarl beplan 'n groot Oktoberfees vir Saterdag 11 Oktober op die terrein van Hoër Landbouskool Boland.

Daar sal heelwat vermaak wees, asook 'n handwerkmark, sport en veteraantrekkers.

Zirk Bergh tree as gasheer op en Cobus & Christo en Etha sal die musiek verskaf.

Uitstalruimte is nog beskikbaar vir die handwerkmark en kan bespreek word by Emilene Janse van Rensburg, 084-407-5493.

Verdere navrae by die skool, 869-8007.


Wyn en kuns by Vendôme

[ Top ]


GOEIE wyn, kuns, musiek en letterkunde word  Dinsdag saamgetrek in 'n unieke aanbieding op die historiese wynplaas Vendôme aan die oewer van die Bergrivier.

Marietjie de Jongh, organiseerder, sê die  program sluit 'n optrede deur  sanger  Laurinda Hofmeyr, voorlesings deur Johann Nel, 'n kunsuitstalling van Magrieta Horn se skilderye, 'n wynproe en 'n "boerepeusel" in.

Laurinda Hofmeyr is bekend vir die verwerking en toonsetting van Afrikaanse gedigte. Haar eerlike, akoestiese benadering spreek tot poësieliefhebbers asook rock-en-rollers.

Sy sing ou bekendes sowel as nuwe musiek van haar CD Ligdag wat onlangs bekend gestel is.  Laurinda word bygestaan deur die kitaarspeler Nic Turner (van Sons of Trout en Micanic).

Johann Nel is bekend as boekvoorleser op RSG en vir sy radioteater werk. Hy tree  gereeld by kunstefeeste op.

Magrieta Horn het 'n lojale gevolg in die Wes-Kaap waar haar skilderye te sien is in gallerye, binnenshuise versieringsondernemeings, in korporatiewe en private versamelings.

Kaartjies kos R80 elk  en omdat die lokaal intiem is, is plekke beperk. Belangstellendes kan Marietjie de Jongh bel by 863-3905 of 082-413-6701.


Tenore by dinee

[ Top ]


DIE Wynland Tenore, André Serfontein, Hayden McGregor en Hennie van der Merwe tree op Saterdag 27 September om 18:30 op by Paarl Toerisme se aandpakgeleentheid in die stadsaal op.

Die tenore, al drie professionele sangers, word op die klavier begelei deur Bram Potgieter van die Paarl.

Hulle program strek vanaf solo-arias, geestelike liedere, treffers uit musiekblyspele, tot van die beste kunsmusiek uit die Afrikaanse liederskat. 

As individuele kunstenaars het al drie die tenore hul buiging gemaak by verskillende opera-produksies in die Kunstekaap en Baxter teaters.

Die groep "Brawou!", bestaande uit Bram Potgieter, Wouter Loots en Ilka Peterson, sal as kontinuïteits-orkes tussen die gaskunstenaars se items 'n program van strelende agtergrondmusiek lewer. Die besondere sangtalent van Loots en Peterson word ondersteun deur klavier, trompet en dwarsfluit.

Ander kunstenaars op die program is Sarah Theron en Charlene Truter. Gaste kan ook uitsien na 'n driegang-ete uit die boonste rakke.

Kaartjies is R250 elk by Toerisme, 872-3829.


Wen 'n splinternuwe
Donkey CD

[ Top ]


TWEE gelukkige lesers kan vandeesweek 'n nuwe CD van Ameen Rappin' Donkey Levy, Turbo Donkey, wen.

Ameen sê hy wil graag op dié manier vir die mense dankie sê vir hul ondersteuning. Die eerste druk van die CD is reeds uitverkoop, minder as twee weke ná die bekendstelling.

Luisteraars kan vanmiddag om 14:30 skakel na 872-6889 en dié maklike vraag antwoord: Wat is die naam van Levy se nuwe CD?

Die CD, Levy se vierde, is onlangs tydens 'n swierige konsert in die Huguenot-gemeenskapsaal vrygestel.

Ameen het sy belofte van verlede jaar gestand gedoen en weer eens die verhoog oopgestel vir die Boland se jong kunstenaars.

Annemarie Scott, Samenthea Wallaby, Olin Isaacs en die Little Flames dansers het voor 'n gehoor van meer as 600 mense opgetree in die geselskap van die groep Tjommies, Fire Ball, Too Much en die Endurance Brass Band.


Joey de Koker terug op verhoog

[ Top ]


DIE bekende aktrise Joey de Koker, is terug op die verhoog in die Paarl Teaterklub se nuwe produksie, "Die Waterwyser". Dit word van môre tot 4 Oktober in die Ou Meulteater opgevoer.

Joey vertolk die hoofrol van Ouma Driedoring.

Die Waterwyser speel gedurende 1933 (depressie-tyd) op 'n plaas af, daar ver in die moordenaars K'roo, waar Ouma Driedoring en haar twee dogters (die weduwee Anna en die oujongnooi San) swoeg om te oorleef op Tweehasenmeteenslag-raakgegooifontein.

Op die openingsaand, Vrydag 19 September, is daar, in samewerking met Boland Wynkelder, 'n gala-aand teen R50 elk, wat wyn en 'n ligte ete insluit. 

Op Erfenisdag, 24 September, is die spelers in kostuum by die De Poort feesterrein, waar hulle 'n bietjie "gat" (koffie) gaan verkoop. Die aand is daar 'n Erfenisdag gala-aand in die teater teen R50 elk.

Ander opvoerings is R25 per persoon, en kaartjies is beskikbaar by Print Right, Paarl (tel 872-7209).


Finalist for award

[ Top ]


PAARL glassblower Elizabeth Lacey is one of a handful of artists who have had more than one work accepted for the finals of South Africa's richest and most prestigious art awards, the Brett Kebble Art Awards.

Zambian-born Lacey, who has lived in South Africa since childhood and now has her glass blowing studio on the Seidelberg wine estate at Paarl, has had works of fused and blown glass accepted in the Craft and Sculpture categories.

"The Journey", in the Sculpture category, represents a universal reality, "the perpetual movement that all people experience in life, moving from the past into the future".

Lacey's Craft submission, "African Queen" from her Totem Series, is more decorative.

"The Journey" is one of 31 finalists in the Sculpture category. "African Queen" is in competition with 24 other finalists in the Crafts.

All the works of finalists will be exhibited at the Cape Town International Convention Centre from September 30, when the awards will be announced.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za