|
|
 |
 |
|
Nuus - News |
|
Skelms hoog en droog |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
SO amper het 'n firma wat badkamertoerusting in die Paarl verkoop, verlede week droë-bek daarvan afgekom.
Mans het vir 'n bestelling by die firma On Tap in Jan van Riebeeckweg met 'n gesteelde tjek probeer betaal.
Petroljoggies van die vulstasie langsaan, het egter al vroeër die dag onraad vermoed toe 'n blou Nissan 4x4 knaend om die firmas gedraai het. |
|
|
 |
Anton Steyn, bestuurder van Gelderblom's Motors, het die polisie in kennis gestel en toe hy sien die bakkie trek by die agterplaas van On Tap in, ook die badkamerfirma gewaarsku.
Die oproep het Quinton Nichols se vermoede bevestig dat die mans in die bakkie darem net te haastig self begin laai het aan 'n bad en toilet.
Hulle wou ook 'n wasbak laai, toe die polisie opgedaag het. Een van die verdagtes het met die Nissan weggejaag, terwyl sy medepligtige te voet probeer ontsnap het.
Hy is binne sekondes aangekeer, terwyl die bakkie ná 'n jaagtog van die pad gedwing is. Die mans, van Guguletu, het reeds in die Paarl Landdroshof verskyn.
Hulle was in besit van 'n gesteelde tjekboek waaruit 80 tjeks geskeur is. Dié tjeks kan nog aangebied word, het teenbedrogspeurinsp Nico Koegelenberg, gewaarsku.
Dit is die vierde weekeinde dat hierdie tjeks in die Paarl opduik.
Wees op die uitkyk vir tjeks van Eerste Nasionale Bank in Seepunt, in die naam van EC Enterprises (reeksnommers 2107 tot 2240). Skakel insp Koegelenberg by 807-4000.
* Thieves who had paid for goods with a dummy cheque, were arrested after alert petrol attendants reported them. |
 |
|
 |
Wynmaker in hof |
|
|
 |
|
 |
'n BEKENDE Paarlse wynmaker, Kosie Möller, is onlangs in die Kaapse Hooggeregshof gedagvaar vir skadevergoeding van R5,6 miljoen deur sy voormalige werkgewer, Devon Hills wynmakery buite Stellenbosch.
Möller het die 2001 wynoes by Devon Hills hanteer kort nadat hy by KWV weg is. Hy het ook Devon Hills se voorraad en bemarking beheer.
Die siviele saak is teen Möller en sy Tomorrow Wine Company aanhangig gemaak deur die Switserse firma Capamis, eienaar van Devon Hills, nadat Möller hul diens in Desember 2001 verlaat het en 'n oudit na bewering nie rekenskap kon gee van alle wynvoorraad nie.
Devon Hills eis by Möller 'n blootlegging van rekenings en winste en voer aan dat Möller wyne ter waarde van R5,6 miljoen verkoop het, waarvan die opbrengs nie aan hulle oorbetaal is nie.
Devon Hills voer ook aan dat Möller die kelder by Devon Hills vir sy eie wynmaakbelange gebruik het en "geheime" winste uit wynverkope nie aan Devon Hills oorgedra het nie (R289 000).
Volgens Möller was Devon Hills bewus daarvan dat hy ander wynbelange gehad het. Hy het die wins in 'n trustrekening inbetaal omdat daar 'n dispuut ontstaan het en hy nie sy laaste salaris ontvang het nie.
Daar is ook sprake van nalatigheid weens wyne met 'n te hoë vlugtige suur. Devon Hills eis vergoeding van R424 433 vir dié wyne wat na bewering teen 'n laer prys verkoop is.
Möller se verweer is dat hy alles in sy vermoë gedoen het om die vlugtige suurvlakke laag te hou.
'n Ooreenkoms is in die Hooggeregshof tussen die twee partye bereik dat 'n forensiese oudit gedoen sal word. Die oudit is nog nie voltooi nie.
* A well-known Paarl winemaker has been sued for R5,6 million. |
 |
|
 |
Erfenis-makietie in Paarl |
|
|
 |
|
 |
DIE wamakerstradisie van die Paarl word weer Woensdag (Erfenisdag) feestelik herdenk in Suider-Paarl.
Die fees op die oop terrein langs De Oude Renbaan sal besoekers die geleentheid gee om te ervaar hoe die vervaardiging van trekdierrytuie die nywerhede van die Paarl en die Drakenstein 'n eeu gelede oorheers het.
Dit word aangebied deur die De Poort projek wat 'n museumdorpie wil vestig by die ingang tot die Paarl.
Die dag skop om 09:45 af met die vuur van die kanon teen Paarlberg en 'n straatresies om 10:00 in Suider-Paarl.
Daarna volg 'n optog van outydse waens en perdekarre asook veteraanmotors van Sentraal-Paarl na Suider-Paarl, gelei deur die bokkiekar wat onlangs met die ou wapad deur die Karoo van Kimberley na Ceres gereis het.
Daar sal ook perdry-items, ponieritte, perdekarritte, kaskenades, 'n poppespel, musiek, uitstallings van tradisionele handwerk en kosstalletjies wees. Besighede wat spanne wil inskryf vir die kaskenades kan vorms by Paarl Toerisme (872-4842) kry.
In die ou tabakstoor in Tabakstraat sal outydse ambagte soos kantwerk en houtwerk gedemonstreer word.
By die nabygeleë Clift steenwerke sal mense die outydse smidswinkel met 'n ystersmid in aksie kan sien.
In die skuur op die plaas Schoongezicht (by die Bergrivier Boulevard kruising) sal 'n hoefsmid in aksie wees. Wyn en olyfolie kan ook daar geproe word.
Wa-ritte sal tussen die verskillende punte onderneem kan word.
'n Spesiale stoomtreinrit sal Kapenaars na Paarl-stasie bring vir die dag (kaartjies is R160 by Paarl Toerisme 872-3829).
Saterdag kan mense ook by die De Poort terrein van 11:00 demonstrasies van die inspan van trekdiere en die hantering van trekspanne sien. Daar sal kos- en handwerkstalletjies wees asook perdekarritte. Om 14:00 is daar 'n perdekar-dryfkompetisie.
Nader besonderhede kan verkry word van Frances Graves by 863-3902 of Johan van der Merwe by 082-879-1100. |
 |
|
 |
Man los, vrou vas |
|
|
 |
|
 |
'n VROU wat 'n klag van gesinsgeweld teen haar man wou terugtrek, is in die Wellington Landdroshof van meineed aangekla.
Die getuienis van Lorna Demas (24) van Bergrivierweg 28, Vanwyksvlei, het in die hof nie ooreengestem met haar verklaring aan die polisie nie.
Haar man, Ryan, het op grond van haar aanranding-verklaring 'n naweek in polisie-aanhouding deurgebring. Ná die naweek het die vrou besluit om die aanklag teen haar man te laat vaar.
Die staat het geweier om die saak terug te trek en die vrou moes in die hof getuig. Daar het sy onder eed verklaar dat sy nie deur haar man aangerand is nie.
Die saak teen Ryan Demas is op grond van haar getuienis teruggetrek, waarna sy vrou van meineed aangekla is. Lorna Demas is gewaarsku om op 23 September in die hof te verskyn.
"Die hof beskou die saak in 'n ernstige lig," het 'n woordvoerder gesê.
"Die polisie en die hof is keelvol vir mense wat sake van gesinsgeweld maak net om dit weer terug te trek. Dit is tyd- en geldmors. Die hof gaan voortaan streng optree in sulke gevalle." |
 |
|
 |
Ondersoek na raadslede |
|
|
 |
|
 |
BYNA 'n jaar nadat 'n ondersoek na beweerde oortredings van die Gedragskode deur ANC raadslede van die Stellenbosse stadsraad geloods is, is Dinsdag besluit om 'n spesiale komitee van vier raadslede aan te stel om die klagte te ondersoek en indien nodig die raadslede te dissiplineer.
Verlede jaar het die destydse Speaker van die Stadsraad, DA Raadslid Andricus van der Westhuizen, vir dr Carel du Plessis aangestel om aantygings dat raadslede JC Anthony, James Morgan, Gordon Pheiffer, Anne Moses en Alicia Mgijima die Gedragskode oortree het, te ondersoek.
Dr Du Plessis het in sy verslag verlede jaar in Oktober gevind dat drie van die raadslede (Anthony, Morgan en Mgijima) wel die Gedragskode oortree het.
Voor daar egter teen die raadslede opgetree kon word, het die ANC die voorheen DA-beheerde Raad oorgeneem weens oorlopery van raadslede.
Die nuwe Speaker, William Kalazana, het intussen aan dr Willem Steenkamp opdrag gegee om dr Du Plessis se verslag te hersien.
Dr Steenkamp het in sy verslag gedateer 17 Desember bevind dat daar prima facie getuienis van oortredings deur slegs JC Anthony en James Morgan bestaan.
In sy verslag sê hy dat die oortredings ernstig blyk te wees en beveel hy aan dat daar 'n deeglike en prosedureel billike ondersoek na die feite gedoen moet word, gevolg deur behoorlike en regverdige besluitneming met betrekking tot moontlike skuldigbevinding en vonnis, indien toepaslik.
Die Speaker het hierna selfs 'n derde regsopinie versoek, dié keer vanaf adv HJG Labuschagne.
In sy verslag gedateer 21 April het adv Labuschagne ook bevind dat daar prima facie getuienis bestaan dat raadslede Anthony en Morgan bepalings van die Gedragskode kon oortree het.
In sy hersiening van die Du Plessis verslag, het dr Steenkamp gesê dat die wyse waarop die ondersoek tot op daardie stadium gedoen is, nie die toets van 'n hof sal slaag nie omdat geen skriftelike kode beskikbaar was nie.
'n Komitee van vier raadslede ('n voorsitter plus een elk van die ANC, NNP en DA) sal die saak nou verder voer. - Elsabé Retief
* Councillors from Klapmuts and Franschhoek have been subject to a municipal investigation. |
 |
|
 |
Biblioteek loop deur |
|
|
 |
DAAR is Sondagnag by Drakenstein Biblioteek in Paarl-Oos ingebreek en die booswigte het met heelwat waardevolle items weggekom.
Die biblioteek is tot Maandag gesluit om die skade te bepaal en die rekenaarstelsel weer aan lyn te kry.
Behalwe 'n klompie duur naslaanboeke, is die televisiestel, mikrogolfoond, videomasjien, twee hoëtroustelle, elektriese ketel, koffiemaker, stofsuier, 'n honderd CD's asook kontant in die kleinkas gesteel.
Die diewe het die diefwering voor 'n agterdeur oopgebreek om toegang tot die gebou te kry. Twee binnedeure is oopgeslaan met 'n brandblusser. Laaie en kaste is oopgebreek en boeke op die grond gegooi.
Die telefoon- en alarmdrade is geknip en die rekenaarstelsel is buite werking. Insp Deon Nicholas by 807-4000 soek inligting.
* Thieves looted the Drakenstein Library in Paarl East on Sunday night. |
 |
Naweek was duur |
|
|
 |
'n MAN en sy vrou het die naweek altwee in die polisieselle in Paarl-Oos beland, maar nie vir die oorspronklike aanklag nie.
Die man het glo Saterdag die kos wat sy vrou gekoop het, weggedra en vir drankgeld geruil.
Die kwaai vrou was op pad om 'n saak van diefstal aanhangig te maak, toe haar man met die drank tuiskom.
Sy besluit toe glo om die beste van 'n sleg saak te maak, en het begin saamkuier.
Die drinkery het nie lank vreedsaam verloop nie, want dieselfde aand nog het die vrou by die polisiekantoor gaan kla dat haar man haar aanrand.
Sy wou nie 'n saak van aanranding maak nie, toe word die man vir almal se beswil vir dronkenskap opgesluit.
Kort daarna het die vrou glo berou oor haar haas- tige besluit gehad, en vir haar wederhelf kos na die selle aangedra.
Maar toe word sy ook summier vir dronkenskap in hegtenis geneem.
Altwee is later, nugter, met 'n boete vrygelaat.
Dis toe dat die vrou weer kla: "Dit was darem nou 'n duur naweek." |
|
Pipeline celebrated |
 |
 |
Susan Botha |
 |
|
|
 |
|
 |
POVERTY is hunger. Poverty is lack of shelter. Poverty is losing a child to illness brought about by unclean water.
That is why Clarence Johnson, Mayor of the Boland District Municipality, was so pleased at the official opening of the Wemmershoek Water Pipeline last week.
"We are ensuring water security to all and celebrating the delivery of clean drinkable water to the rural poor."
The scheme brings clean water to 15 800 people. Boland District Municipality (BDM) funded the first phase that supplied bulk water from the Wemmershoek Treatment Works to Franschhoek and the rural consumers.
Construction on this R8,1 million project started during 2001 and was completed the following year.
Phase two consists of bulk water supply to the La Motte settlement. This water was originally supplied from the Department of Water Affair's Robertsvlei construction camp.
The supply was erratic and shortages appeared during summer. BDM improved the water supply to this area at a cost of R2m.
Phase three is the bulk water supply to the Wemmershoek settlement and is currently in final design phase for construction later this year and will also be fully funded by the BDM.
Now Boland District Municipality has transferred the Wemmershoek Water Scheme to the Stellenbosch Municipality as the Water Services Authority to ensure long-term water provision arrangements are in place so that affordable water services are available.
Ronnie Kasrils, Minister of Water Affairs and Forestry, officially opened the pipeline at the Wemmershoek pump station last week, saying the Berg Water Management Area, of which this is part, is of particular importance to the Western Cape Region.
"The Berg River Project that will be constructed in this valley will be used in the Greater Cape Town Area for domestic and commercial purposes, thereby ensuring that water is available to meet the needs of people for the immediate future.
"This Project will also bring a capital investment of R1,6 billion to this area."
"You as a community will benefit from this economic boost. The spin-off of the Project will be job creation, housing, infrastructure development and tourism.
"It is envisaged that an estimated 75 management posts and approximately 400 other job opportunities will be created. Where possible, these positions will be filled by local residents during the construction phase."
Johnson said the BDM is committed to providing sustainable water and sanitation services to the rural communities.
"This programme 'Amanza Yimpilo' (water is life) has provided 60 000 people with water through seven water schemes at the cost of R23,8 million.
"It has always provided water subsidies to over 1132 farm worker dwellings; provided subsidies for sanitation to 763 households that benefit 4578 farm dwellers; and generated 220 direct jobs as a result of these projects." |
 |
|
 |
Polisie vat baie vas |
|
|
 |
MEER as 'n honderd mense is oor twee naweke in die Paarl vir dronkenskap aangehou deur die polisie se misdaadvookomingseenheid.
Die dronkes word vir hul eie veiligheid, en dié van padverbruikers, opgesluit en vrygelaat wanneer hulle nugter is.
Vir drink in die openbaar is daar 32 arrestasies gemaak. Dié mense word met 'n boete vrygelaat.
Vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom het die beamptes van die Paarlse misdaadvoorkomingseenheid tien arrestasies gemaak.
Tien mense is ook vir die besit van dagga in hegtenis geneem en twee vir handel in drank. Daar is in die dorp beslag gelê op 300g dagga,
Drie Paarliete, Jaco Peens (30), Jerome van Wyk (28) en Abdul-Kader Samodien (21) is betrap met dwelms. |
 |
Truck hijacked |
|
|
 |
|
 |
ARMED robbers hijacked a delivery truck in Paarl last week and forced the driver to hand over his takings after the liquor deliverymen stopped at a café in Lower Lady Grey Street at on Thursday.
When the passenger returned to the truck, a pedestrian pointed a silver firearm at him and forced him into the vehicle.
The hijacker was in his early twenties, short, cleanshaven and wore a dirty white track-suit top with vertical stripes, black track-suit pants and a black woollen cap. On the way to Mekweni he spoke English and demanded cash from them. The men handed over R2776.
At Vlakkeland a red, old model BMW with rust on a lefthand door, moved in behind them. The three men in the BMW signalled that the delivery truck pull to the roadside.
One of the robbers approached the deliverymen with a black firearm. He was in his late twenties, clean shaven, slender and wore a red tracksuit.
The suspects then jumped into the BMW and sped away. The victims could only remember the first digits of the registration number, CN 119.
Insp Lucas Lourens (807-4000) investigates. |
 |
|
 |
Buurtwagte staan saam |
|
|
 |
DIE agt buurtwagte in Groenheuwel, Paarl, het besluit om voortaan een of meer keer per maand saam die woonbuurt te patrolleer.
Die doel is om misdaad te verlaag, buurtwagte meer in die kollig te plaas en inwoners aan te moedig om aan te sluit.
Buurtwagte kan mekaar ook raad gee oor verbeterings, soos beligting en skoonmaak-aksies.
Die afgelope naweek was die eerste van die gesamentlike aksies en die lede is behoorlik in hul noppies oor die uitslag.
Heelwat messe, asook dagga, is afgeneem en by die polisie ingehandig.
Arlene Krieling van die Greenhills Protectors, een van die buurtwagte, sê hulle hoop om veral minderjarige kinders wat by smokkelhuise kuier, te verwyder.
"Dié is deesdae die mekka vir jeugdiges om te ontmoet maar dit is ongesond en ons wil dit ontmoedig."
* The neighbourhood watches of Groenheuwel have decided to work together to control crime. |
|