safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 18 Septembert 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 September  2003 at 17:00

Youth - Jeug


Leesprobleme begin tuis

[ Top ]


TYDENS Geletterdheidsweek is daar klem gelê op lees en skryf, of liewer, die gebrek daaraan. 

Teen hierdie tyd weet almal dat slegs 36% van alle graad dries wat in 2002 vir geletterdheid en syferkundigheid getoets is, aan die nasionaal aanvaarbare vlak voldoen het. 

Dit kan deels gewyt word aan die feit dat die toetse in Engels af- geneem was vir twee uur aaneenlopend, wat verlies van konsentrasie veroorsaak het, meen kringbestuurder van onderwys Michael le Cordeur. Hy werk tans aan 'n doktorale proefskrif oor die bevordering van lees.

Die situasie sal slegs verbeter indien daar 'n nuwe ingesteldheid teenoor lees is by kinders en hul ouers, sê hy.

Kinders sien wat hul ouers doen, en doen dan dieselfde. As ouers aand na aand omsit en na die televisie staar, is die kanse 99,9% dat hul kinders dieselfde sal doen.
Hoeveel ouers lees nog saans vir hul kleuters 'n bed-toe-gaan-storie?

wheksFC

LIEWE HEKSIE. Faith Lawrence van die OBOS-onderwyssentrum in die Paarl het Liewe Heksie gespeel tydens Geletterd- heidsweek by die sentrum. Hier deel sy lekkers uit aan die leerders van die skole wat die poppekas en ander pret meegemaak het. Die genooide skole was Sonop, Ronwe, Bergendal, LK Zeeman, Klein- gim, WA Joubert, Noord-Eind, Langabuya en Charleston Hill.

Navorsing toon dat dit een van die heel belangrikste meganismes is om 'n positiewe ingesteldheid jeens lees by kinders te kweek.

Hoeveel ouers gaan saam met hul kinders biblioteek toe? Dit is nog steeds gratis om boeke uit te neem. Hoeveel ouers koop 'n goeie boek vir hul kind vir hul verjaarsdag?

Die uitslae bewys dat skole waarvan die leerders uit 'n meer gegoede sosio-ekonomiese agtergrond kom waar die omstandighede en omgewing 'n groter bydrae tot die kind se vlak van geletterdheid gemaak het, feitlik sonder uitsondering beter as die benadeelde skole gedoen het.

Opvoeders kan 'n kind leer lees, maar 'n liefde vir lees word by die huis gekweek.

Dat leerders swak lees, is grotendeels te wyte aan 'n swak voorbeeld wat volwassenes stel.

Tensy ouers die rol speel wat hulle behoort te doen, sal alle pogings tevergeefs wees en sal die agteruitgang in lees, soos elders in die wêreld, slegs toeneem, sê Le Cordeur.

* Teachers can teach children to read, but they get a love of reading from their parents.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za