ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 18 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 25 November 2004.

Arts - Kunste


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Paarliet is voorsinger

[ Top ]


"MY liefde vir musiek het definitief die wenprys losgeslaan," sê Anita Jordaan (33), skakelbord-operateur by 'n Paarlse bank, nadat sy onlangs die Noot vir Noot-Roadshow kompetisie in die Strand gewen het.

Anita het vir haarself verlede naweek 'n geldprys losgesing. Dié Paarliet het weens haar liefde vir musiek na die geleentheid gegaan, en in die stilligheid gehoop sy slaan dalk 'n prys los. Toe gaan sy met 'n handvol geld huis toe..

NOOT-VIR-NOOT. Anita Jordaan met die aandenkings uit die kompetisie.

Sy het in die eerste ronde, waar daar vrae aan die gehoor gestel was, 'n prys van R200 gewen deur al die vrae reg te beantwoord in die "Kriptiese leid- raad"-kompetisie.

Later het die kompetisie 'n wending geneem deurdat die gehoor op hul sitpleknommers getrek is. Sy was een van vier mense wat getrek is en die enigste een wat oorgebly het, nadat almal uitgeval het. Daarna is sy deur na die "Maak of Breek"-speletjie, waar sy al ses liedjies reg geraai het, en met die boerpot van R3000 weggeloop het.

"Dit was rêrig 'n lekker ondervinding. Ek was 'n bietjie senuweeagtig, met al die hordes mense wat daar was."

Hierdie musiekliefhebber en enkelmoeder van Andrea (10) en Roelé‚ (6) is baie opgewonde: "Selfs my dogtertjies is trots op hul ma."

Sy is 'n suster van die bekende musiekonderwyseres Ester Horne en het op skool musiek as vak geneem


Levy op nuwe CD

[ Top ]


DIE bekende Ameen Levy van die Paarl se liedjie, `Wyn', is een van die snitte op Hoezit Musiek se nuwe CD, Pomp & Jive, Jol & Jieet'.

Die CD, wat snitte van die land se top kunstenaars bevat, is vandeesweek landwyd vrygestel. Onder die kunstenaars is Danay, Rasta Rebels, Rockets, A2Zee, Kallitz en Alistair Isobel.

Ameen is baie opgewonde oor die CD. "Ek is dankbaar vir Kevin van der Spuy. Hier is nou 'n Kapenaar wat ons mense en die Kaapse musiektoneel verstaan.

"As hy sy kaarte reg speel, kan hy 'n tweede `Motown' soos in Amerika hier op eie bodem begin."

Wen 'n CD

Een gelukkige Paarl Post-leser kan 'n kopie van die nuwe CD wen. Antwoord net die volgende vraag: Watter liedjie van Ameen Levy is op die nuwe CD? Stuur jou antwoord per poskaart na: CD-kompetisie, Posbus 248, Paarl Post 7620 of e-pos susanb@paarlpost.co.za. Die sluitingsdatum is Donderdag 25 November om 17:00.


Derde vertoning vir Steve Hofmeyr

[ Top ]


LAATSLAPERS het 'n laaste kans om nog kaartjies te koop vir Steve Hofmeyr se vertoning in die Paarl amfiteater, `Neil Diamond - A Beautiful Noise'.

Ná alle kaartjies vir sowel die Vrydag- as die Saterdagaand reeds verkoop is, is daar besluit om 'n  ekstra vertoning op Donderdagaand 2 Desember aan te bied.

Nianel sal ook die Donderdagaand in die vertoning wees en sal van Neil Diamond se duette saam met Steve sing.  Sy vertrek direk na die en vlieg weer Saterdag terug vir die aand se konsert.

Dit is die eerste keer dat die Neil Diamond skouspel met die orkes in die Kaap te sien is.

Dit is ook die eerste keer in die byna 30 jaar se bestaan van die amfiteater dat 'n vertoning drie aande agtereenvolgens uitverkoop sal wees. Meer as 8000 mense het reeds kaartjies gekoop vir die Vrydag en Saterdag.

Die ekstra vertoning het fyn beplanning geverg deur die promotor, Gerhard Meyer, en Louise van Wyk, Steve se bestuurder.

Steve word direk na 'n optrede in Pretoria met 'n spesiale vlug na Paarl gebring om betyds te wees vir  Donderdag se optrede.

Tonne toerusting en 'n produksiespan van meer as 20 persone, sal verseker dat hierdie skoupel glad verloop.

Verskeie kos en wynstalletjies sal reeds vanaf 17:00  op elke dag open en konsertgangers word aangeraai om vroeg op te daag en die sonsondergang vanaf  Paarlberg te geniet.

Mense sal moet gou spring as hulle nie hierdie geleentheid wil mis nie. Kaartjies is by Computicket beskikbaar (083-915-8000) of via die internet by www.computicket.com.

Vir  navrae, skakel 872-1002.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]