ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 18 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 25 November 2004.

Lifestyle - Leefstyl


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Urgent need for blood

[ Top ]


THE festive season is here and WP Blood Transfusion Service thanks all blood donors who have helped to ensure that they have a good blood supply at the beginning of the Festive Season.

They are very proud of all regular blood donors who help WPBTS to supply all hospitals in the Western Cape with blood to avoid a crisis over the festive season.

The service always welcomes new donors, but encourages regular blood donation as the safest source of blood.

SKENKING. Die WP Bloeddiens spoor weereens mense aan om bloed te kom skenk met die oog op die feestyd. Ruhan van der Walt het onlangs bloed geskenk. By hom is personeellede suster Ann Slater, John Ngquthwana en Frikkie Alexander.

They urge regular and prospective donors to spare a thought for patients who are in need of blood transfusions. WPBTS needs thousands of units of blood from donors to make it through this Season.

They need 600-700 units daily just to supply the regular demand.  Donors should watch out for details of emergency clinics in shopping centres.

If you weigh more than 50kg, are older than 17 years, enjoy good general health and maintain a safe sexual lifestyle, please give blood - because life is precious.

Blood can be donated every Thursday at the Paarl office in Main Street (next to the Protea cinema. Remember to eat before and take in plenty of liquids. For more information, contact 507-6300.


Oortreders help by skool

[ Top ]


DIT woel en werskaf deesdae op die skoolterreine by Ebenezer, New Orleans Primêr en Charleston Hill - en dit alles gratis en verniet. Dié skoonmaakprojekte is deel van Paarl Gemeenskapskorreksies se uitreikaksie en die werkers is mense wat tot korrektiewe toesig gevonnis.

Hulle moet, as deel van hul vonnis, 'n bepaalde getal ure gratis gemeenskapsdiens verrig by nie-winsgewende organisasies, soos skole en kerke.

Paarl Gemeenskapskorreksies is die verantwoordelike liggaam en gemeenskapsdiens word tans op 'n gereelde grondslag by verskeie instansies in die Paarl, Wellington en Franschhoek gedoen. Dié diens bied groot verligting aan skole wat nie altyd finansieel in staat is om genoeg instandhoudingspersoneel aan te stel om skoolterreine skoon en in stand te hou nie.


Manne vir Christus byeen

[ Top ]


DIE eerste byeenkoms van Manne vir Christus vind op Donderdag 25 November om 19:30 in die Hoërskool Gimnasium Skoolsaal, Paarl plaas. Die spreker is Graham Power.

Die Manne vir Christus-inisiatief het by 'n paar manne van die Paarl/Wellington-omgewing begin in wie se harte die Vader 'n baie spesifieke behoefte, opdrag en passie geplaas het.

Hoekom net die manne? Die gevoel was maar net dat mans ook eiesoortige kwessies en behoeftes het wat aangespreek moet word en dat ons man-tot-man hieroor wil praat. 

Die doelwitte is om God te dank en te verheerlik, uitreiking na mekaar, leer en ondersteuning van mekaar oor kerklike grense heen, om die grondgebied waar hulle woon en werk vir Christus te proklameer en te vergroot en om die volle krag van gebed te benut.

Hulle wil ook manne vir Christus te wen, verdere momentum gee aan transformasie/herlewingsaksies wat reeds aan die gang is, en manne help om hul amp as koning; priester en profeet in hul gesinne op te neem. Die formaat van die byeenkomste sal bestaan uit lofprysing, getuienisse, sprekers/Woordbediening en gebed.

Die groep nooi manne, pa's, oupas, seuns van alle Christelike denominasies - gered of ongered.

Daar is ook 'n spesiale uitnodiging aan geestelike werkers en -leiers.

Navrae oor volgende week se byeenkoms kan gerig word aan Freddie (082-700-0689), Francois (083-309-7627) of Carel (082-375-0517).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]