|
Sy is die oudste van twee dogters, en haar jonger sussie, Ilke (15), is 'n kranige gimnas. Haar ouers Wilma en
Jonathan staan bankvas agter hul dogter.
Landi het nog nooit professioneel modelwerk gedoen nie hoewel sy al aan skool- en verskeie modelkompetisies
deelgeneem het en al haar oefenwerk op haar eie doen.
Tans is sy 'n finalis in die Rapport Jong Model van die Jaar-kompetisie 2004.
"Ek wou nog altyd aan die Mej Tiener-kompetisie deelgeneem het. Dit was vir my 'n groot eer toe ek as finalis gekies
was.
"Gedurende die Septembervakansie het ek by die Sun International Hotel met die ander finaliste kennis gemaak. Hulle
is baie vriendelik en ons het sommer gou met mekaar gemeng.
"My ouers ondersteun my in alles wat ek doen, en ek is baie positief dat ek goed sal vaar. Ek sal definitief KN se
naam hoog hou."
Wat dit nog meer interessant maak, is dat Landi die enigste leerder is onder die finaliste wat by 'n publieke skool
vir seuns en meisies is. Die ander finaliste is almal in of private- of meisieskole.
Na matriek wil sy haar graag toespits op dramastudies, maar beoog dit ook om moontlik verder te studeer in
joernalistiek.
"Hopelik ná die kompetisie en verder af in die lyn, sal ek bekendheid verwerf en sodoende my beroep bevorder."
* A local teenager is a finalist for Miss Teen SA.
|