safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 18 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 15 January  2004 at 17:00

 Letters - Briewe


Stadsraad voel vere vir die mense

[ Top ]


BAIE is reeds geskryf en gepraat oor die historiese Kraal sportterrein, regoor die Huguenot-gemeenskapsaal, en die beoogde sake-ontwikkeling daar.

Daar was ook ontmoetings en gesprekvoering met die burgemeester, onderburgemeester en amptenare van Drakenstein oor erf 17439, die Kraal - alles pure verniet.

Die Yorkshire Fietsryklub sit met dokumentasie oor jarelange onderhandelinge om die Kraal te bekom vir 'n fietsrybaan van internasionale standaard.

Geld was egter die tameletjie en pleidooie by staatsdepartemente en die privaatsektor het niks opgelewer nie.

En eintlik moes "ons" Kraal wat nou so druk bespreek word, nooit op die agenda beland het vir sake-ontwikkeling nie.

"Ons" Kraal het dan altyd aan die Paarlse gemeenskap behoort vir sport, met die Drakenstein Munisipaliteit as voog.

Nou word dit verkoop vir 'n armsalige R1,1 miljoen (vir die grond), en, as vertroosting, R400 000 vir sportontwikkeling.

Tel die gemeenskap se gevoelens dan nou niks meer nie? Openbare gevoel is oorweldigend ten gunste van 'n sportsentrum, maar die raad gaan desnieteenstaande voort met die verkoop van die grond vir 'n winkelsentrum.

Wat 'n mens bekommer, is reeds die agteruitgang van die hele area rondom die stasie. Dit is besig om in 'n krotbuurt te verander en dit kan selfs wees dat die nuwe planne die agteruitgang in die hand werk.

Die stadsraad kan nog met eer uit hierdie debakel kom, maar dan sal ons leiers met moed en wysheid moet optree. Luister 'n slag na ons en respekteer ons wense.

Die Paarl was al die jare die hartland van fietsry, maar 'n gebrek aan fietsry het die sport nou weer laat terugsak in sy Aspoestertjierol.

Ek voel dit kan weer 'n bymekaarkomplek word, 'n plek waar die verskillende gemeenskappe mekaar kan vind.

'n Sportleier het onlangs die volgende stelling kwytgeraak: "Ek voel vere vir die nuwe Suid-Afrika". Vir my voel dit asof die uitvoerende burgemeester en sy komitee sê "ons voel vere vir die Paarlse gemeenskap".

Japie Green


Why such outdated reasoning?

[ Top ]


WITH reference to the unfortunate letter of Yusuf Patel and Gerhard Meyer's excellent response, I can only but hope that these arguments, that obviously carry a "huge apartheid chip", will one day soon be irrelevant to all South Africans of all races, religions and social standings.

The same is to be said of the outdated, conservative opinions of learned Afrikaners who suggested to reserve the Taalmonument amphitheatre for "ligte Afrikaanse musiek".  

Instead, these action groups should've grabbed the opportunity to advertise the monument for what it stands - a monument reflecting the development of a new language in the New World, influenced and spoken by the various cultures and languages of indigenous and immigrant peoples!

I congratulate the very enthusiastic and courageous Paarl Tourism & Vintners Committee under the entrepreneurial leadership of Gerhard Meyer for having presented the most successful concert to date at that monument, showcasing the fact that fortunately the 4000 concert visitors weren't influenced by these "outdated voices" prior and post the concert. 

 I hope that this concert has changed the mindset of Paarl for ever, and to move fast-forward into the 21st Century .

Viva Paarl Tourism


Skok oor dié plaasaanval in Paarl

[ Top ]


EK kan net nie glo wat ek lees in die Paarl Post oor die plaasaanval nie. My ouers was woonagtig op 'n plaas langs Simonsvlei, op die Klapmutspad en ek was in Gimnasium.

Ek en my familie het sewe jaar gelede na Kanada toe geëmigreer weens die ontsettende hoë kriminele element in Suid-Afrika.

Nie een van my familie lede was gelukkig met die idee nie, almal het gesê ons moet vanaf Johannesburg (waar ons destyds gebly het) na die Kaap verhuis, omdat dit 'n stille, rustige plek is, met nie die helfte van die geweld van Johannesburg nie.

Tot vandag toe is my broer wat in die Kaap is, en my man se familie nog ontsteld met die idee dat ons nie eerder na die Kaap toe verhuis het nie en Kanada verkies het.

Ons bly in 'n klein dorpie met die naam van Elmira, so 'n uur se ry noord van Toronto.

My man is 'n siviele ingenieur hier, en ek bedryf 'n wynwinkeltjie (soos hulle dit hier noem, 'n " brew on premises" plek, waar ek wyn maak vir kliënte).

My kinders is 8 en 4 jaar oud, elke dag stap hulle self skool toe, en van die skool af saans stap hulle self na die winkel om hulle eie speelgoed of wat ook al te koop, sonder dat ek hoef bekommerd te wees of iets met hulle sal gebeur.

Ek ry my perd drie keer 'n week deur 'n ongelooflik pragtige woud, sonder dat iemand na my hoef te kyk of dat ek sal bang wees dat iets met my gaan gebeur. My dogtertjie en seuntjie het 'n Shetland ponie, en ry elke keer saam met my, vreesloos.

Ons werk baie hard hier, daar is geen mense wat jou huis of stalle skoon sal maak nie, of jou bed sal opmaak nie, jy leer om jou eie wasgoed te doen en jou eie kos te kook.

Maar as ek lees van al die goed wat gebeur in my dierbare ou Paarl, wat ek so ongelooflik lief voor was, en wat my so 'n goeie opvoeding gebied het, dan dink ek net, "Hoe KAN mense vir my kwaad wees oor ek my land verlaat het?"

Elze Higgo, Kanada


Dankie vir steun aan Liggiesfees

[ Top ]


DIE Paarl Simfonie van Ligte Feeskomitee wil die publiek bedank vir hulle wonderlike samewerking tydens die pas afgelope Liggiesfees.

Die fees word vir die Paarlse gemeenskap gereël op inisiatief van die Drakenstein Munisipaliteit en dit was vir ons as komitee verblydend om te sien hoe goed die fees bygewoon was en dit deur die hele gemeenskap.

Ons het ook groot lof vir die veiligheidspersoneel wat aan diens was en gesorg het dat alles glad verloop het.

Ons het 'n mylpaal bereik deurdat die aanskakel van die liggies op Morning Live gebeeldsend is en ook die optrede van die Frank Pietersen Musiekskool die Donderdagaand.

Baie dankie aan al die borge sonder wie hierdie feestelikheid nie sou kon plaasvind nie, veral Avis, KFC, BoE Bank, BAT, Centrepoint Superette, Essops Supermarket, Polarama, Motor Mecca, Spur en Steers.

Verder wens ons almal 'n goeie feestyd en voorspoedige nuwe jaar.

Thomas du Plessis

(Feesvoorsitter)


Ons kon eie dam gebou het

[ Top ]


NOUDAT dit so min reën en 'n watertekort ons voorland is, wil ek net 'n paar feite noem waarvan die meeste mense nie weet nie.

Die Drakenstein Munisipaliteit besit grond bo in Bainskloof waar die Witrivier sy oorsprong het.

So vyftien jaar gelede het hulle vir Ninham Shand as ingenieurs aangestel om te beplan vir 'n dam bo in die berg. Let wel hulle het nie regeringshulp of subsidie gevra nie.

Die dam sou aan Paarl en Wellington water verskaf. Die boere hier wat waterregte het, sou ook water kry uit die beoogde dam, asook boere anderkant Bainskloof.

Alles en almal het die dam goedgekeur. Die destydse minister, nou die Minister van Onderwys, moes net sy goedkeuring gee.

Die Groenes, hulle wat die paddatjies en sekere plante beskerm, sê toe nee omdat dit skade aan die natuur sou veroorsaak.

Die minister weier toe ook, en sê ons moet leer om water te bespaar soos Hermanus. Intussen bou die regering duisende huise, wat almal van water voorsien moet word. Hy sien seker toe nie hoe die mense meer word nie.

Die ergste is dat Paarl en Wellington se belastingbetalers reeds miljoene rande spandeer het op die skema.

Ek dink nie dis te laat om die saak weer op te neem nie, want selfs nou sien ek hoe miljoene liters water uit die berge see toe loop, wat ons hier kon gebruik het.

Die nageslag sal altyd daarna verwys dat ons nie die dam gebou het nie en altyd sê dis die minister se skuld. Ek hoop ons huidige raad neem kennis en kyk wat hulle kan doen.

Tienie Malan


Please help pensioners

[ Top ]


PEOPLE in the Drakenstein Municipality owe the municipality thousands of rands. Question: Has the municipality bothered to make a survey of why this is the case?

In Mbekweni people do want to pay for their resources, such as water and others. The problem is unemployment and the majority of them depend on old age and or disability pension.

They get these grants between the 15th and the 19th of each and every month, whilst the municipality urges them to pay within the first seven days of each month, otherwise their debt will rise and their electricity will be cut off.

Most people from the white and coloured communities don't have this problem, because they receive their grants early enough, therefore it is easier for them to pay for their resources in time.

If the municipality can't make  an exception for these people who get their grants so late in the month, then I suggest they try to negotiate with AllPay or government so that everyone get their grants at the beginning of the month.

This way no one will have excuse for not paying in time.

I honestly think this is a win-win situation for the community and the municipality.

Lennox

The Municipal Manager of Drakenstein replies: Pensioners who receive their grants after the 7th of the month, are welcome to make special arrangements for the late payment. Contact Mr W Daniels at the Municipal Finance Department.


Een amptenaar breek beeld van SAPD af

[ Top ]


BAIE dankie aan al ons hardwerkende lede van die SAPD - daar word so hard gepoog om die beeld van die SAPD op te bou, dan kos dit net die optrede van een beampte om alles weer af te breek.

Op Maandag 24 November omstreeks 20:15 was ons op die N1 op pad huis toe. By Goodwood ry daar 'n wit Isuzu reg no CN 14820 voor ons.

Die man ry van die een baan na die ander al slingerend en mis rakelings ander voertuie teen 'n spoed van meer as 120km/h, want teen daardie selfde spoed kon ons hom nouliks in sig hou.

Ek het al wat noodnommers is geskakel en die belofte gekry "we will send somebody" wat toe nooit opgedaag het nie.

By die Paarl polisiekantoor het ek persoonlik dit onder die beampte aan diens se aandag gaan bring en hy het onmiddellik die voertuig gaan agternasit in Jan van Riebeeckweg.

Net verby die toetsstasie is die bakkie afgetrek en die beamptes was besig om met die bestuurder van die bakkie te gesels. Ons het toe verbygery tevrede dat hierdie man wat 'n gevaar op die pad was, nie verder sou bestuur nie.

Groot was ons teleurstelling toe dié einste bakkie minute later weer by ons verbyry.

Polisiebeampte: daar word van ons as die gemeenskap verwag om ons samewerking te gee om ons paaie te beveilig. Is dit hoe u "Batho Pele"?

Aan die bestuurder: meneer indien u nie geskik is om te bestuur nie, kry iemand anders of wag totdat u beter voel.

Ek sê nie dat hy noodwendig onder die invloed van 'n middel was nie, maar sy vermoëns kon aangetas gewees het wees 'n ongesteldheid.

Teleurgestelde staatsamptenaar

Kapt Johnny May, Paarlse polisiewoordvoerder, reageer: Paarl polisiediens neem met dank kennis dat die briefskrywer ons hardwerkende lede raaksien.

Net soos in enige ander organisasie is daar tugprosedures wat ingestel kan word sou 'n lid nie volgens die Polisiediens se gedragkode optree nie.

'n Ondersoek is na hierdie geval gelas en sal interdepartementeel behandel word. Indien dit sou blyk dat enige lid of lede se optrede tot nadeel van die beeld van die SAPD was, sal regstellende stappe onmiddellik gedoen word.


Dis ons verantwoordelikheid

Editorial

[ Top ]


SIT aan jou motorligte, maak vas jou veiligheidsgordel, moenie drink en bestuur nie...

Jaar na jaar hoor ons dieselfde waarskuwings en versoeke. Tog styg die dodesyfer op ons paaie jaar na jaar, ongeag die miljoene rande wat bestee word aan bewusmakingsveldtogte.

Iemand het selfs nou die dag voorgestel dat ou, ongebruikte verkeersmotors langs die hoofweë geplaas moet word in 'n poging om roekelose bestuur teen te werk.

Waar lê die probleem? Moet ons nog swaarder strawwe uitdink, nog meer verkeerspersoneel aanstel?

Dit is te betwyfel of dit enigsins sal help om die ongeluksyfer te laat daal. Daar moet liewer gekonsentreer word daarop om bestuurders bewus te maak van hul eie verantwoordelikheid.

'n Morele verantwoordelikheid teenoor hulself en hul geliefdes, maar ook teen die land en ander padgebruikers.

Ons moet ophou om te dink 'n oortreding is net verkeerd as 'n wetstoepassingsbeampte ons sien. Padreëls is met 'n doel daar: om  padgebruikers te help om veilig by hul bestemming uit te kom.

Ons moet ook leer om te ontspan en minder aggressief te wees agter die stuurwiel. Al maak die ander bestuurder 'n fout, gaan jou aggressie dit dalk net vererger.

Kom ons geniet die rit en maak dit deel van die uitstappie, al is dit werk toe. Kyk om jou rond, haal diep asem, lig die voet effens van die petrolpedaal en kom veilig anderkant.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]