safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 18 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 15 January  2004 at 17:00

Nuus - News


Werker sterf toe trap meegee

Malané Bosman

[ Top ]


'n WERKER wat besig was om 'n vervalle trap by 'n munisipale woonstelgebou in Paarl-Oos te herstel, is verlede week dood toe die trap inmekaargetuimel het.

Die trappe, wat meer as 30 jaar gelede saam met die Bauhiniawoonstelle gebou is, word na jare se pleitdooie deur die bewoners, nou versterk en herbou.

Gilmore Cornelissen (20) van Jardinestraat 28, Wellington, 'n werknemer van Lohbauer bouers, was op die sementtrap na die tweede en derde verdieping toe dit Woensdagmiddag ingetuimel het.

Hy is onder rommel toegeval.

Gilmore is deur ambulanspersoneel na die Medi-Clinic gehaas, waar hy die volgende dag aan inwendige beserings beswyk het.

Gilmore word oorleef deur 'n eenjarige dogtertjie, Gailene, sy ouers Fortuin en Margaret, en susters Jasmine (11) en Michelle (2).

Hy het aan Bergrivier Hoërskool op

wtrap03FC

TRAPSUUTJIES. Dié trappe in Paarl-Oos word al lankal doekvoet gebruik, nou te meer nog nadat 'n werker (regs bo) gesterf het nadat 'n trap verlede week tydens herstelwerk ineengestort het. Rosina Simons (onder), en Richard en Speciline Christiaan met hul kleinkind Tracey Williams, vertrou glad nie die enigste trap na hul Bauhiniawoonstel nie.

Wellington gematrikuleer en was 'n kranige rugbyspeler.

Gilmore het vier maande gelede by die bou-ondernemer, waar sy pa die afgelope agt jaar al werk, in diens getree. Sy pa was nie op dieselfde werksterrein toe die ongeluk gebeur het nie.

Die tuisdiens is Sondag om 12:00 en die roudiens om 13:00 in die VGK Kerk, Wellington.

Inwoners van die woonstelblok kon nie by hul wonings kom totdat 'n staaltrap later die dag bokant die eerste verdieping opgerig is nie.

"Ons is al lank bang vir hierdie trap," het Speciline Christiaan by die voordeur van haar woonstel op die eersteverdieping gesê.

"Die oppervlak by ons voordeur is sleg gekraak en daar val gedurig stukke sement uit. En daar is niks wat dit aan die onderkant stut nie."

Woede

Inwoners het Maandag hul woede luid bekend gemaak terwyl polisiebeamptes foto's van die toneel geneem en met ooggetuies van die ongeluk gesels het.

"Moet julle dan altyd wag totdat daar 'n sterfte is voordat iets gedoen word?" het 'n vrou die fotograaf toegesnou.

"Ons soebat al jare dat hier iets gedoen word, en nou is dit so erg dat die trappe padgee onder die mense."

'n Vroeëre ondersoek gelas deur die Drakenstein Munisipaliteit het getoon dat 56 boonste trappe en -platforms in Chicago en 26 in Bauhinia vervang moet word.

Die Munisipale Ingenieursdepartement het voorgestel dat 80 drie-verdieping trappe vervang word oor die volgende twee jaar. Die tender is aan Lohbauer toegeken.

Intussen moet daar voor die einde van die 2008 finansiële jaar verbeterings aan 250 tweeverdieping trappe aangebring word.

Daar word beplan dat die verf van woonstelle in 2006 hervat sal word, wanneer die drieverdiepingtrappe klaar herstel is.

* A builder's employee died in the collapse of a staircase in Paarl East.


Last edition 2003

[ Top ]


THIS is the last edition of Paarl Post for this year. The office closes tomorrow for three weeks, and reopens on Monday 12 January. The first edition of Paarl Post in 2004 will appear on 15 January.


Aksie  teen misdaad in die feestyd

[ Top ]


IN wat beskou kan word as 'n deurbraak in gemeenskapspolisiëring, het die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid, polisie en buurtwagte saamgesnoer om 'n belangrike misdaadvoorkomingsprojek by spoorwegstasies in die Paarl te loods.

As gevolg van hierdie inisiatief sal die spoorwegstasies, Huguenot, Paarl, Dal Josafat, Mbekweni en Wellington gedurende die feesseisoen deur verskeie buurtwaglede gepatrolleer word.

Hierdie buurtwaglede sal in verbinding met die polisie wees, geklee in geïdentifiseerde glimbaadjies en kan om hulp genader word indien enigeen in nood verkeer.

Die Paarl Polisiediens doen 'n beroep op die publiek om versigtig te wees by die Hugenotestasie-voetoorbrug, sowel as in die omgewing van die rioolwerke nadat drie persone onlangs slagoffers van onderskeidelik 'n rooftog en verkragtings was.

Op Donderdag 4 Desember om 23:00 is 'n 35-jarige vrou deur vier mans van haar persoonlike besittings beroof nadat sy die brug oorgesteek het. 

In nog 'n voorval van verkragting is 'n 22-jarige vrou op 9 Desember gedurende die dag naby die rioolwerke van agter gegryp toe sy die rivier te voet wou oorsteek. Sy is aangerand en verkrag.

Die verdagte is bruin van gelaat, sowat 20 jaar oud en was geklee in 'n vaalbroek en 'n donkergroen hemp. Enigiemand met inligting kan insp. Catherine Kroff van die Paarlse speurdiens by 807-4000 bel.

Na aanleiding van die talle verkragtings die afgelope ruk in die Boland het die polisie die volgende veiligheidswenke aan vroue en kinders bekend gestel:

* Beweeg in 'n groep met betroubare mense in jou midde.

* Indien moontlik gebruik betroubare vervoer.

* Indien u alleen beweeg, vermy asseblief stil strate of onbewoonde gebiede.


Raadslid aangekla

[ Top ]


'n MUNISIPALE raadslid van Drakenstein, Solomon Ross, verskyn môre in die Paarlse landdroshof op aanklag van aanranding.

Ross, van La Uva munisipale woonstelle, word aangekla saam met Hyron Roberts (18), 'n vriend van sy  dogter.Dié twee was op 14 November glo betrokke in 'n onderonsie met mede-inwoners van die woonstelblok nadat een van hulle, Nico van Zyl, beswaar gemaak het teen Roberts se teenwoordigheid.

'n Struweling het tussen Ross, Roberts en Van Zyl ontstaan, en van Zyl se dogter, Wilhelmina Havenga wat in dieselfde blok woon, het haar pa gaan help.

Ross het na bewering vir Havenga aan die arm gegryp en haar met die vuis teen die nek geslaan.

Daar is glo ook beledigings geslinger en gedreig dat 'n petrolbom  gegooi sou word indien hulle nie binne vyf dae trek nie.

Ross en Roberts moet nou saam in die hof verskyn.

* Town councillor Solomon Ross will appear in court tomorrow on a charge of assault...


Swaar vonnis vir skoenrower

[ Top ]


'n GEWAPENDE rower is verlede week in die Paarl-streekhof 15 jaar gevangenisstraf opgelê.

"Laat dit 'n afskrikmiddel wees vir diegene wat sulke misdrywe beplan," het 'n polisielid tevrede gesê.

Heinrich Louw (27) van Leatherstraat, Smartietown, het op 28 Junie verlede jaar 'n voetganger in Paarl-Oos met 'n vuurwapen aangehou en van sy Bronx skoene beroof.

Louw is kort daarna deur insp Theonis Segelaar in hegtenis geneem op aanklagte van roof en die onwettige besit van 'n vuurwapen.

Borgtog is geweier en hy was sedertdien in aanhouding.

Louw se lang lys vorige veroordelings is by vonnisoplegging in ag geneem .

In 'n ander hofsaak ná ondersoek deur insp Segelaar is Jacques Frans (25) van Daphnestraat, Paarl-Oos, verlede week skuldig bevind en tot 18 maande tronkstraf gevonnis in die Paarl streekhof.

Hy is aangekla van die onwettige besit van 'n vuurwapen.

Polisielede het gewaarsku dat geen genade betoon sal word vir mense wat beplan om met onwettige wapens rond te loop en inwoners lastig te val en te beroof nie.

* A thief who robbed a victim of his shoes at gunpoint has been sentenced to 15 years in prison.


Billionaire's accounts frozen

[ Top ]


THE Cape High Court has ordered that the bank accounts of a German billionaire with farms in Wellington, be frozen.

Alexander  Falk (33), owner of Canetsfontein in the Bovlei, recently purchased portions of another two Bovlei farms to extend his vineyards.

He also acquired 550h of land under pine plantation on the slopes of Bain's Kloof. He had intended to build an underground cellar there.

Falk first decided to buy property in South Africa while he was studying for an MBA at the University of Cape Town about ten years ago.

He is under suspicion of alleged share fraud in Germany and depositing profits in Wellington.

According to the records of the court, Falk and six partners manipulated the share prices of his company Ision AG in Germany.

He allegedly then sold 75% of the shares to an English company, making a personal profit of 10 million Euros.

The sale was worth 812 million Euros, but according to the court records the shares were actually worth approximately 280 million Euros.

This year the court in Hamburg ordered that the 500 million Euros (nearly R5 billion) made from the sale, be seized. They also ordered that Falk's assets be seized.

On that same day Falk transfered a large amount of money to his Standard Bank account in Wellington.

The bank notified the financial intelligence centre about the transaction as it looked suspect.

Later that month, the German embassy in Pretoria informed the Scorpions, who followed up on the information.

The unit requested Standard Bank to freeze the money of his company, Falk Real Estates, and his overseas accounts.

Judge Bennie Griesel said if Falk wanted to oppose his decision, he would have to give valid reasons why his accounts and his share certificates should not be seized.


Sakeman weer in hof

[ Top ]


PAARL sakeman Sedick Muckaddam (52) het verlede week probeer verhoed dat die Paarl Post op straat verskyn.

Dit was nadat hy bewus geword het van 'n berig waarin gemeld word dat 'n beskermingsbevel deur sy vrou, Shanaaz (38), teen hom aangevra is weens beweerde aanranding.

Maandag was die Muckaddams weer in die Paarl landdroshof, hy in die gange met 'n selfoon styf teen die oor, en sy elegant in 'n ligpers snyerspakkie.

Nuuskieriges wat die bekende eienaar van die Planet bioskoop herken het, het saamgedrom om die uitslag van die besoek aan die hof te verneem.

"Hy is uit die huis uitgesit," is deur die gange gefluister.

Die egpaar word verteenwoordig deur onderskeidelik prokureurs David Nasson en Lloyd Fortuin.

Maandag is 'n tussentydse hofbevel, dat Muckaddam nie die egpaar se woning in Carlettastraat mag betree nie, bevestig.

Volgens 'n regsverteenwoordiger is die huwelik in terme van Moslemgebruik klaarblyklik beëindig en moet die respondent met voorstelle vir 'n skikking vorendag kom.

Daar moet onder andere onderhoud betaal word vir die vrou en egpaar se vier jong kinders, voorsorg getref word vir alternatiewe akkommodasie, verseker word dat mev Muckaddam verder kan studeer en dat sy ongestoord die gebruik van haar luukse swart BMW sal hê.


Haarkapper se seun kry borg

[ Top ]


DIE seun van die vermoorde haarkapper Lorna Januarie van Paarl-Oos is Maandag op borgtog van R2000 vrygelaat.

Darrian Januarie (19) se moeder is in April in die haarsalon doodgeskiet. Sy vader, Colin, is in die been gewond.

Darrian het in Junie in die landdroshof verskyn op 'n aanklag dat hy sy pa se vuurwapen gesteel het.

In Julie het hy op die aanklag van betrokkenheid by die moord voorgekom.

'n Eerste borgaansoek van Darrian het misluk aangesien die polisie meer kans gegun wou word vir die ondersoek.

Maandag het landdros Marietjie de Villiers die aansoek toegestaan wat deur adv Niel Louwrens namens Darrian se familie gebring is.

Die landdros het in ag geneem dat die persoon wat die sneller getrek, asook die vuurwapen waarmee die moord gepleeg is, nog nie opgespoor is nie.

Die saak gaan ook nie meer in die hooggeregshof aangehoor word nie, waar die vonnis vir skuldigbevinding lewenslange tronkstraf kan wees.

Dit verminder die risiko dat Darrian borg sal ontduik, was haar mening. 'n Merkbaar verligte Darrian is gewaarsku om 6 Januarie in die streekhof te verskyn.

Speur-insp Graham Adams (807-4100) ondersoek die saak.

* A teenager whose mother was shot to death earlier this year, is out on bail.


Dowe bejaarde oorval

[ Top ]


AL het sy honde geblaf, het 'n hardhorende bejaarde Maandagoggend nooit kon dink dat aanvallers besig was om hom by sy plaashuis in Klein Drakenstein te bekruip nie.

Jurie Matthee (69) en sy vrou Gertruida woon al jare lank in 'n woning op die plaas Kliprug, afgesonderd tussen digte Port Jackson bome.

'n Heupprobleem maak dat hy beswaarlik oor die weg kan kom, ook met 'n kierie.

Maandagoggend so 10:00 was hy besig om die motorhuis, sowat tien tree van die woonhuis, oop te sluit, toe drie onbekende mans hom oorval het.

Sy vrou was nog in die woning, onbewus van die drama.

Matthee is teen die grond vasgedruk en vermoedelik met 'n vuis in die gesig geslaan terwyl hulle sy sakke deursoek het.

Matthee het om hulp geroep, waarna die rowers hulle uit die voete gemaak het met sy selfoon en R300 en persoonskaarte uit sy beursie.

Die polisie was gou op die toneel. Spoorsnyhonde het die bosse deurkruis tot by die Bergrivier, waar die reuk verdwyn het.

Intussen het 'n polisiehelikopter die gebied uit die lug gefynkam, tevergeefs.

Die soektog na verdagtes in die onmiddellike omgewing is na drie uur afgelas. Hulle het vermoedelik suid met die rivier langs beweeg.

Die mans word beskryf as bruin van kleur en in hul vroeë twintigs. Een van die rowers het 'n rooi bandana met blompatrone oor sy gesig gebind gehad.

Speur-insp Nardie Groenewald (807-4062) ondersoek die voorval.

Die Matthee-egpaar is hierdie week deur hul seun, Herman Matthee van Robertson, bygestaan.

"My ouers sal nie langer hier op die plaas kan bly nie, hulle sien dit nou self," het Herman gesê.

"Hulle sal nou by my kom woon."

* An elderly man has been attacked and robbed at his farmhouse in Klein Drakenstein.


Juffrou eis teen skool

[ Top ]


BYNA twee jaar nadat 'n onderwyseres van die Hoër Meisieskool Paarl erg beseer is toe sy met 'n diskus raakgegooi is, het sy verlede week toestemming gekry om tot 'n halfmiljoen rand te eis van die Departement Onderwys en ander partye.

Edith Strauss, atletiek- en netbalafrigter, eis R463 000 vir fisieke en emosionele skade, asook toekomstige mediese onkoste en dié kostes reeds aangegaan.

Die verweerders is die Wes-Kaapse minister van onderwys, Hoër Meisieskool se beheerliggaan en dokters wat Strauss ná die voorval behandel het.

'n Diskus het haar op 12 Februarie 2001 op die skool se sportterein teen die voorkop getref terwyl sy besig was om atletiek af te rig.

Sy is bewusteloos van die veld gedra en in 'n hospitaal behandel vir 'n "gekraakte voorkop en ernstige nek- en oogbeserings".

Volgens Strauss, wat sedert die ongeluk gereeld 'n nekstut dra, het sy 'n "lelike" letsel op haar voorkop en verduur sy steeds erge pyn.

Sy voer aan dat sy reeds R30 000 aan mediese onkoste betaal het, en dat sy in die toekoms nog kostes sal moet aangaan.

Strauss beweer dat die skoolhoof en die beheerliggaam nie verseker het dat daar in 'n veilige omgewing afgerig word nie en dat hulle nie die nodige stappe gedoen het om die ongeluk te voorkom het nie.

Sy voer aan dat die ongeluk te wyte is aan hulle nalatigheid omdat daar nie veiligheidsnette om die diskusgooi-gebied was nie.

Sy meen haar bekwaamheid om sedert die ongeluk en in die toekoms haar beroep te beoefen, is aangetas.

Strauss het Woensdag verlede week die dringende aansoek ingedien. Regter Nathan Erasmus het verlof toegestaan dat die saak in die Kaapse Hoërhof aangehoor word. Die eistydperk verstryk op 11 Februarie volgende jaar.

Volgens André Gaum, provinsiale minister van onderwys, word die bevindings van 'n interne ondersoek afgewag.

Die skool se beheerliggaam het 'n eie ondersoek na die omstandighede gedoen en bevind dat dié liggaam nie aanspreeklik gehou kan word nie.

"Die skool wil dit duidelik stel dat daar geen kwade gevoelends is teenoor die juffrou vir die instel van die eis nie. Die gereg moet sy verloop neem," het voorsitter Phil du Plessis gesê.

* A teacher is suing Paarl Girls' High for an injury sustained during sport activities.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]