|
Eers het hy gevra hoe dit verkoop word. Dromsgewys, het die bestuurder van die bakkie gesê.
Die gekwoteerde koste was R30 'n drom van die komposmengsel. Dit word oor die grasperk gestrooi, met die arbeid gratis.
Die vyf mans van die bakkie het dan ook haastig begin skep en laai en aandra en strooi. Maar toe weet hulle nie van ophou nie.
"Ek het aanhou sê, dis genoeg. Ek wil net drie dromme hê, maar die mans het hulle doof gehou," vertel Viljoen.
"Ek het hulle probeer stop, maar eers toe die bakkie heeltemal leeggemaak was op my grasperk, het hulle opgekyk.
"En toe soek hulle die geld vir 18 dromme! Die man het so arrogant geraak dat ek die polisie moes skakel.
"Ek het gesê ek het drie dromme gevra, en daarvoor sal ek betaal. Die res moet hy verwyder."
Maar die man het die geld geweier en ook verseg om die kompos weer op te laai.
"En toe die polisie kom, dreig hy my met 'n aanklag. Nou moet ek dit alles afskraap van die gras af of dit sal versmoor," sê Viljoen.
"Hy het later teruggekom, na die polisie weg is, en my weer gedreig."
Viljoen waarsku tuiniers om op die uitkyk te wees vir die komposverkopers met die rooi CY 105456 bakkie.
"Hulle kan nie vertrou word nie," sê hy.
* A Paarlite has had his lawn covered in manure by swindlers |