safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 18 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 15 January  2004 at 17:00

Sport


MISSED. The goalkeeper of the Kwazulu-Natal u.19 roller hockey team, Wynand van Zyl, had to have arms like an octopus to stop the onslaught of Eastern Province in their match on Tuesday which EP won 18-2. The National Inline Hockey Championships started at Bridge House School on Sunday. During the tournament which continues until this coming Sunday, 42 teams from nine

wgoalieFC

provinces will compete against one another. This weekend the South African team will play-off against Argentina and Namibia to qualify for the World Championships that will be held in Germany next year.


Wie jaag vir wie op
Boxing Day?

[ Top ]


FIETSRY-AKSIE eie aan die Boxing Day byeenkoms sal weer op 26 Desember in die Paarl te sien wees, wanneer die tradisieryke byeenkoms vir die 106de keer aangebied word.

Met minimum prysgeld van R8000 op die spel sal van die beste fietsryers in die Wes-Kaap en Boland en selfs elders in die land weer hul opwagting maak.

Die groot trekpleister is egter die kans om as wenner van die 25 Mylwedren die Minnaar-trofee omhoog te lig. Die Wellingtonner Pierre Mouton het verlede jaar die prestasie behaal danksy die hulp van sy CVT-spanmaats.

Die wenner van die 25 Myl in 2001, Garth Thomas, sal egter weer op soek wees na glorie.

Die Paarlse Rhadsport Fietsryklub het juis vanjaar sake so gestruktureer om 'n gedugte manspan saam te stel wat as 'n groep beter opgewasse kan wees teen die spanpogings van die groot Kaapse klubs.

Thomas, tesame met die talentvolle Nolan Hoffman, Ashley Kulsen, Martin Hartman en Durwin Benjamin sal beslis vanjaar mekaar beskerm. Hoffman se huidige goeie vorm maak hom beslis ook een van die ryers om dop te hou.

Die gesoute padfietsryer, Paul Minnaar, wat verlede jaar op 'n geleende fiets tweede was in die 25 Myl, kan vanjaar ook weer een van die aanspraakmakers wees, sou hy besluit om in te skryf.

Benewens die 25 Myl kan ryers in die ope-afdeling ook hul staal wys in die 1500m, 1 Myl, Uitvalwedren, en die 10km Puntewedren.

Daar sal vanjaar ook 'n 400m wedren vir gestremde ryers in dié afdeling wees.

Ander wedrenne op die dag sluit in 'n 500m, 800m en 1500m vir o.10 tot o.12's, 'n 1500m, 800m en 3km vir o.14's, 1500m, 800m en 5km puntewedren vir o.16's asook 'n 800m en 1500m vir vroue- en veterane-ryers.

Die aksie begin om 14:00 by die Faurestraat Stadion en inskrywings is beskikbaar by Hein Kroff Fietse in Lady Greystraat.

Die volgende dag sal nog 'n propvol program op fietsry-ondersteuners wag wanneer die Yorkshire Fietsryklub Prestige-byeenkoms om 16:00 wegtrek.

Soortgelyke wedrenne sal in alle kategorieë plaasvind plus een, twee en drie ronde wedrenne vir junior en senior ontwikkelingsryers, en ryers kan met enige tipe fiets deelneem. Daar sal ook 'n 1500m vir juniors wees.

'n Wedren oor 25 Myl sal ook hier die hoogtepunt wees, met Ashley Kulsen, wat sy sege van verlede jaar sal wil herhaal. Hy kan egter taai kompetisie van Thomas en Hoffman verwag.

Hekgelde op die dag is R10 (R5 vir skoliere). Vir navrae oor die Boxing Day byeenkoms, skakel André Abrahams by 082-776-2939 en oor die Prestige byeenkoms vir Peter Nicholson by 082-671-1022.


Dawie kraai weer koning in Maleisië

[ Top ]


SELFS hewige reën kon nie verhoed dat Dawie van der Walt sy titel suksesvol verdedig tydens die Wêreld Amateur-gholftoernooi in Maleisië nie.

Die toernooi is twee weke gelede in Kuching in die Sarawak-provinsie gespeel en het op die laaste dag uitgereën.

Die Paarliet het sy sege van verlede jaar in die individuele-afdeling herhaal deur met drie houe te wen.

Hy het die toernooi met 'n totaal van 146 afgesluit met rondetellings van 74 en 72.

Van der Walt, tesame met sy spanmaats Henk Smith, James Wade (albei van Bellville), en Philip Krause ook van die Paarl, het derde gekom in die spankompetisie. Indië en Maleisië was onderskeidelik eerste en tweede.

Dawie is tans die vierde gekeurde amateur in die land volgens Sanlam Gholf Digest se ranglys.


Criterium beloof weer top fietsry-aksie

[ Top ]


DIE Rhadsport Fietsryklub hou Saterdag sy jaarlikse Klein Parys Criterium-wedren.

Dié wedren wat vir die derde keer aangebied word, raak al hoe gewilder en met R5000 prysgeld op die spel, sal die jaers weer alles in die stryd werp in die onderskeie ouderdomsgroepe.

Die Rhadsport-jaers het vanjaar baie goed gevaar in padwedrenne en hul voorste padjaer, Garth Thomas, het juis Sondag tweede geëindig in die Burger Sanlam-toer.

Hy het die naelrit van die bondel gewen, nadat die Brit, Andy Gibb, vroeër weggebreek en so sy sege beklink het.

Thomas wat die laaste twee jaar met die tweede plek in dié criterium tevrede moes wees, sal vanjaar die bordjies wil verhang om so sy klub se goeie vertonings op die pad vol te hou.

Die Rhadsport-span bestaande uit Thomas, Nolan de Wee, Wayne Green, Nolan Hoffman, Anton Wynand, Durwin Benjamin, Bertram Siebritz, Ivano Siebritz, Elias Chestoti en Ryno Martin het die beste gevaar van die plaaslike spanne wat onlangs aan die Double Century-wedren op Ceres deelgeneem het. Hulle het algeheel sesde geëindig.

'n Moeilike baanseisoen lê vir die klub se senior ryers voor. Hul topjaers, Thomas en Hoffman, gaan albei in Januarie in Johannesburg vir 'n geborge padspan deelneem.

Intussen sal Ryno Martin en Byron Kulsen, wat albei onlangs weer op die baan begin deelneem het, hul plekke volstaan.

Saterdag se wedrenne wat om 14:00 begin, maak voorsiening vir o.10/o.12 tot veterane. Inskrywings kan van 12:30 tot 13:45 gedoen word.


Atlete wikkel vroeg in
nuwe jaar

[ Top ]


ATLETE wat volgende jaar 'n groot seisoen op die baan en veld wil beleef, kan nie bekostig om oor die Kersseisoen slap te lê nie.

'n Gevorderde afrigtingskursus vir afrigters en atlete vind reeds van 6 tot 9 Januarie op Coetzenburg Stadion, Stellenbosch, plaas.

'n Byeenkoms vir dié atlete asook enige ander belangstellende atlete sal op 10 Januarie op dié Stadion aangebied word.

"Ons het juis die byeenkoms geskep vir atlete om hulself te toets en so te sien of hulle reg is vir die komende seisoen," het Richard Stander, hoof-uitvoerende beampte van Boland Atletiek, gesê.

Enige junior en senior atleet kan vir die byeenkoms inskryf.

Volgens Stander sal heelwat "groot internasionale kanonne" wat in SA vir die Olimpiese Spele kom voorberei, ook tydens die byeenkoms in aksie wees.

Hy het bygevoeg dat die byeenkoms 'n belangrike maatstaf van die atlete se fiksheid sal wees, aangesien die seisoen reeds op 31 Januarie afskop met die Wes-Kaapse Jeugkampioenskappe op George.

'n Span van 62 wat die Boland hier sal verteenwoordig, sal eersdaags aangekondig word, het Stander gesê.

Inskrywingsvorms vir die afrigtingskursus en die byeenkoms is by die Sentrum vir Uitnemendheid op Stellenbosch beskikbaar. Vir verdere navrae kan Joep Loots by 082-402-1103 of 808-4694 geskakel word.

* In wat as 'n eerste in die geskiedenis van Boland Atletiek bestempel is, is 'n Handboek vir 2004 uitgereik wat al die kontakbesonderhede van beamptes, kriteria vir spankeuses, byeenkomstereëls, 'n byeenkomskalender en nog meer relevante inligting bevat.

Atlete wat by Boland Atletiek registreer ontvang dié boekie as deel van hul registrasie. Atlete wat nie by Boland geregistreer is nie, kan die boekie vir R50 by die Sentrum vir Uitnemendheid koop. 


Start flexing for Wine Route cycling race

[ Top ]


CYCLING enthusiasts can start getting in gear for the Paarl Post/Paarl Motors Wine Route race that will take place on 24 January.

As usual cyclists will have a choice of two road races (78km and 38km), and two mountain bike races (38km and 22km).

Racers more inclined to strut their stuff on tar will start at the Market Street Bridge at 07:00 for the 78km and at 07:45 for the 38km.

From Market Street Bridge both races pass north through the town on Berg River Boulevard, to Main Street and the Malmesbury Road as far as the fourway-stop at the R44-junction.

All cyclists then head towards Klapmuts and Stellenbosch on the R44 until the 38km route cyclists turn onto the Agter Paarl Road and head back into Paarl.

The 78km route carries on under the N1 towards Stellenbosch from where it returns over Helshoogte to join the R45 back to Paarl.

The two routes join at the R45/R101 junction and head back along Main Street and then Berg River Boulevard to finish at the Old Jail.

As this is also a league race, points achieved will go towards the season's total of all registered cyclists.

Those who prefered the ruggedness of gravel, rock and sand, however, can opt for the mountain bike routes.

Both races start at 07:30 with all riders starting en mass. Both routes follow Berg River Boulevard and then onto Main Street before heading up the mountain on Jan Phillips Drive.

Entry forms are available at the Pedal Power Association or cycle shops and late entries on race day can be done at the registration tables.

For enquiries contact Marcia on 863-3333 or Dave on 863-2343.


Zola seeks Olympic dream in Dubai

[ Top ]


THE Mbekweni athlete Thembelani Zola aims to start his search for Olympic glory in Dubai early next year.

Zola, who runs for Mr Price WP, hopes to qualify for the 2004 Olympic Marathon event if he can compete in the Dubai Marathon to be held on 9 January.

"I have not run any marathons this year. I was waiting for Dubai," says Zola, whose practice program included competing in many halfmarathons and 10km's. Just Saturday he came first in the Strand Halfmarathon in a time of 69:24.

For him to qualify for the Olympics, Zola, must run a time of 2:09 in Dubai.

"I am convinced that I can run that fast time because I'm in the right shape now," says the lean 27-year-old who clocked a best marathon time of 2:28 and has been running for more than 10 years.

His problem, however, is finances. Zola needs R7000 to travel to Dubai.

"If no sponsorship is available, a loan will also be fine."

People interested in helping can contact him on 072-582-1268.   


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]