|
bok op die kar se dak in die agterplaas in Nuwe Eskdalestraat!
En hou jy stil, groet Grietjie met 'n vriendelike geblêr.
Grietjie was een van 'n drieling wat so 'n jaar gelede op Anneli Willemse se pa se plaas by Jansenville gebore is. Die ma-bok kon nie drie grootmaak nie, en toe trek Grietjie Paarl toe.
Nou is sy die liefkind van die buurt.
"Saans staan haar pens koelrond soos die bure kos aandra en bederf," se Anneli.
Dis mielies en blaarslaai, vrugte en ander bok-lekkernye. Maar eintlik eet sy alles.
Soggens kry sy 'n stukkie brood uit die kombuis, en saans 'n bakkie hondepille - haar gunsteling.
Die nood kan maar druk - vir Grietjie slag Johan Willemse nooit. Al moet sy voertuie in die straat staan sodat Grietjie nie haar bokpootjies op die motordakke kan plant nie.
* A goat is the beloved pet of a Paarl family. |