safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

Arts - Kunste




STER. Enid Rhode, 'n leerder van die Bianca School of Ballet en ook 'n balletjuffrou by die skool, het onlangs die trofee ontvang in die ope afdeling van die Paarlvallei Eisteddfod. Sy het 'n jazz-danssolo gelewer.

 

wenidFC

Kom tree op by Liggiefees

[ Top ]


DIE Paarl Liggiefees sal vanjaar op twee aande, Donderdag 4 Desember en Vrydag 5 Desember, plaasvind en die deure staan oop vir kunstenaars wat wil deelneem.

Die Donderdagaand sal 'n meer gewyde Kersprogram aangebied word onder leiding van Michelle Pietersen. Die Vrydag is 'n partytjie-aand waar verskeie musiekgroepe en straatmusikante optree en vermaak vir die kinders sal wees. Dit staan onder leiding van Gustav Skippers.

Belangstellendes wat by die program betrokke wil wees, insluitend mimiek- en ander straatkunstenaars asook poppekas en kinderteater, kan Paarl Toerisme (872-4842) of die HOP-kantoor (862-2889) kontak.

Saron en Gouda se feeste is op 12 en 13 Desember. Skakel Gustav Skippers skakel by 868-4972 of 082-707-9657.


Winter concert

[ Top ]


THE Cape Sinfonia's Winter Concert conducted by Corvin Matei will take place at the Baxter Concert Hall on Friday at 20:15. 

The soloist in the Mozart Piano Concerto in D Minor will be Justin Krawitz, while the orchestra will also play the Egmont Overture and Symphony no 6, 'Pastoral', by Beethoven.

Corvin Matei, former principal flute of the Cape Town Symphony Orchestra and CPO, is head of woodwinds at Beau Soleil Music Centre, where he also conducts the Beau Soleil Symphony Orchestra.

Tickets for the concert are available at R40 (R25 for children and pensioners) at the door.


Afrikaans op sy beste

[ Top ]


TAALWEEK word vanjaar van 11 tot 16 Augustus in die Paarl gevier deur die Afrikaanse Taalmuseum.

Onder die programme wat reeds gefinaliseer is, is voorlesings deur die Afrikaanse Skrywersvereniging (museum) op Maandag 11 Augustus, asook 'n Maleise koor en vertellings dieselfde aand (Kostinrichting).

Dinsdag 12 Augustus sing Marika Otto liedere van Brel (42 On Main) en die Woensdag tree Fanie de Jager op (De Oude Renbaan).

Die Donderdag is dit Leon Beukes (Zomerlust) op die spyskaart, asook Fanus Rautenbach (NG Kerksaal Suider-Paarl), Lucas Maree (De Oude Paarl) en 'Die uurglas kantel' deur Susanne Beyers en Joanie Combrink (Simonsvlei).

Die Vrydag is daar 'n ontbyt met Riana Scheepers (Malle Madonna) en die Pro Cantu jeugkoor tree die aand in die KWV Katedraalkelder op.

Johan Bakkes is die Saterdag die ontbytgas (Malle Madonna) en verder is daar 'n 'Alles in Afrikaans' program by die Afrikaanse Taalmonument.

Mense wat wil deelneem aan die program of meer inligting soek, kan Jack Louw by die museum skakel by 872-3441.


Oudisies vir musikante

[ Top ]


DIT is weer oudisietyd by die Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl.

Oudisies word môre gehou en volgende week van Maandag tot Donderdag vir alle simfonieorkes-instrumente, klavier, blokfluit, kitaar, solosang, koorsang, jazz, Afrika-perkussie en steelband.

Indien bogenoemde lys nie u keuse insluit nie, is u welkom om die sentrum te skakel by 872-2123/4 en faks 872-7651.

Dinsdag sal slegs oudisies vir steelband plaasvind.

Die middag om 15:00 is daar ook 'n informele middagkonsert en alle belangstellendes is welkom.

Skakel bogenoemde nommers vir 'n afspraak.


Valiant Swart in die Paarl

[ Top ]


DIE bekende sanger Valiant Swart is op Donderdag 3 Julie in die Paarl by Jefferson's vir een vertoning van sy show 'Unplugged'.

Toegang is R90 wat 'n drankie vooraf insluit. Besprekings is noodsaaklik en voorafbetaling sal plek verseker.

Die konsert bestaan uit twee dele van 45 minute elk, met 'n kort pouse tussenin.

Sodra die restaurant vol bespreek is, sal die deure vir die publiek gesluit word. Tafeltoekennings word toegeken soos mense arriveer.

Gaste moet teen 19:30 sit en die konsert begin om 21:00. Bespreek by tel 872-6037.


Belcher kuier by museum

[ Top ]


DIE digter Ronnie Belcher is die spreker by die jaarvergadeirng van die Vriende van Wellington Museum Dinsdagaand om 19:00.

"'n Bietjie van joune

en 'n bietjie van myne

maar die doodgaan in die wêreld

dis ons almal syne"

Hierdie paar reëls onderstreep maar weer dat Belcher, wat op 21 April sy 70ste verjaardag gevier het, uit enige situasie 'n gedig  kan skryf. 

Oor sy werk sê die digter Daniël Hugo: "Met sy volkskwatryn vang hy 'n lewe se vreugde en verdriet vas. Hy kry dit reg om met min woorde baie te sê."  

Belcher het, met die doel om 'n tweede doktorsgraad te kry, landwyd gereis om navorsing te doen oor mondelingse letterkunde van die Afrikaanse bruin mense. 

'n Groot deel van die navorsing handel oor die Griekwas - hul volksletterkunde, musiek en geskiedenis.

Mense wat na hierdie interessante skrywer wil gaan luister, moet Ansie van Vuuren vandag nog skakel by 873-4710 of 084-335-3701 (n/u).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]