safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Public should guard against this service

[ Top ]


PUBLIC be warned! I feel duty-bound to warn the public against certain tow-in concerns that prowl the streets waiting to pounce on their unsuspecting victims.

My son recently had the misfortune of "losing" a wheel on his car. Boland Towing was called to tow the car, as it was causing a traffic hazard.

He asked for a quote which was not forthcoming. He was told that he would be avised when collecting his car.

He was charged R1500 plus R75 a day holding fee. To my mind this 4km trip is daylight robbery and totally reprehensible.

A garage would have charged him R120.

Beware public! Be on your guard against these vultures of the road.

Dick Durr

Jacques Terblanche, owner of Boland Towing, responds: The complainant alleges that we prowl the streets looking for unsuspecting victims. We work from our premises and do not have vehicles on "prowl patrol".

In this particular case, the client telephoned our offices for assistance and a vehicle was dispatched from there to help him.

When the job had been completed, the client asked the driver for a price. He was told that the office could give him a price, but never bothered to phone and said that his insurance company would carry the cost.

As this tow was the result of an insurable risk, the client was charged the standard rate for the recovery and towing as well as storage of vehicles.

These rates are determined annually by the South African Towing and Recovery Association (SATRA), of which we are a member.

All of the ten towing services in Paarl are SATRA-members and would thus have all charged exactly the same for this kind of tow.

I am not aware of a "garage" in Paarl that tows and stores vehicles for R120 after hours and over weekends, but if the client is of the opinion that a "garage" would have charged him R120 for these specialist services rendered after hours, we suggest that in future he does not make use of a towing service and phones the "garage" instead.


Waarom geen KFM-opvangs in die Paarl?

[ Top ]


KAN iemand asseblief aan my verduidelik hoe dit moontlik is, en wat die rede is, dat die twee grootste dorpe in die Boland, naamlik Paarl en Stellenbosch, nie KFM kan opvang nie?

Stellenbosch kan nog plek-plek, maar Paarl (feitlik) glad nie. 

Dis uiters moeilik om te glo dat met hedendaagse tegnologie dit nie moontlik is nie. Wat is die rede?

Ek glo daar is duisende ander nes ek wat erg gefrustreerd is hier-deur.

Riana Loubser

Jaco Viljoen, operasionele bestuurder van KFM, reageer: Kfm 94.5 is in 1996 verkoop met 'n lisensie uitgereik deur die destydse IBA, of in vandag se terme, ICASA.

Daarin is gestipuleer dat Kfm 94.5 uitsaai op 23 senders in die Skiereiland waarvan die mees oostelike een die 94.5fm Tygerberg sender is.

Ons is bewus van ontvangsprobleme in areas soos die Paarl, Stellenbosch, Constantia, Seepunt en Kampsbaai.

Dit is aangespreek deur 'n aansoek in te dien by ICASA vir ekstra senders, maar die aansoek is ongelukkig afgekeur.

Intussen is en bly dit hoog op Kfm 94.5 se prioriteitslys om oplossings te soek.

Ons is reeds in die proses om in samewerking met Sentech te kyk na 'n alternatiewe moontlikheid.


Baie dankie vir die geduldige hulp

[ Top ]


OP Maandagaand 9 Junie omstreeks 18:30 het ek met my rooi Golf by Daljosafat Motors gestop, om petrol in te gooi.

Nadat ek klaar gehelp was, wou my motor nie aanskakel nie.

My twee kinders was by my in die motor.

Graag wil ek die petroljoggies bedank, asook die onbekende meneer (al wat ek weet, is dat u naby New Orleans sportgronde bly) wat  op dieselfde tydstip petrol kom ingooi het, en uitgehelp het, totdat my voertuig kon vat.

Baie baie dankie vir u behulpsaamheid en geduld. Ons kon op enige plek gestrand gewees het, waar daar dalk nie betroubare mense en hulp soos dié Barmhartige Samaritaan kon wees nie.

Nogmaals dankie vir u hulp.

Dankbaar


Waarom word dié pragtige gebou gesloop?

[ Top ]


OMTRENT twee weke gelede was daar 'n advertensie in die Paarl Post oor die ou Bethany Skool, geleë in Klein Drakensteinweg, wat aandui dat dit hersoneer gaan word vir kerkdoeleindes.

Bethany Skool is een van die oudste geboue in Paarl-Oos en ons as oud-studente heg sentimentele waarde aan die gebou.

Ek hoop dat die wysigings aan die gebou deur die koper, die Katolieke Kerk, op so 'n wyse uitgevoer sal word dat die gemeenskap nie beroof sal word van die enigste monument in ons woonbuurt nie.

In Suider-Paarl en Noorder-Paarl is daar 'n groot bohaai as 'n akkerboom afgekap word.

Ek vra alle oudleerlinge en leerkragte om op te staan en te verhoed dat hierdie pragtige erfstuk ons ontneem word.

Weerstand


Waarom saal so bemors?

[ Top ]


DIT is darem maar 'n skande hoe die Huguenot gemeenskapsaal gelyk het Dinsdagoggend, nadat 'n groep Rastafariërs op Jeugdag 'n program daar aangebied het.

Die hele saal was besaai met papiere en leë drankbottels. Asof dit nie genoeg was nie, het daar orals bottelkoppe rondgelê, 'n seker teken dat daar ook dagga gerook was. Die dagga-walms het ook nog sterk in die lug gehang.

Dit is alles goed en wel dat inwoners dié saal gebruik vir spesiale geleenthede, maar dan moet hulle ten minste self daarna opruim, as daar gemors was.

Nou moet die belastingbetalers opdok vir dié gemors.

Geskok


Redaksie:

Geen maanskyn en rose

[ Top ]


BETAAL aan die keiser wat die keiser toe kom. Hierdie Bybelse beginsel is deur die jare deur baie regerings gebruik én misbruik.

Die meeste mense het ook nie eintlik 'n wesentlike probleem met die beginsel nie, maar dit gaan met sekere voorbehoude gepaard.

Die belangrikste hiervan is dat die keiser darem moet regeer om aanspraak te kan maak op 'n deel van sy onderdane se inkomste.In moderne idioom sal ons sê die staat moet dienste lewer vir die belasting wat gehef word.

Hier plaaslik is dié beginsel deesdae sterk onder die soeklig met die instelling van grondbelasting in landelike gebiede. Hoewel die meeste boere ruiterlik erken dat hulle sekere heffings en belastings aan die owerhede moet betaal, is daar heelparty krapperighede.

Die eerste hiervan is die datum waarop grondbelasting ingstel moet word, waaroor klaarblyklik nog politieke rondtassery is.

Dan ook die kwessie dat daar oorbetalings aan die Drakenstein Munisipaliteit én Boland Distriksmunispaliteit gedoen word.

En sekerlik die grootste klip in die skoen: wat kry hulle vir al dié geld? Niemand is nog seker nie, want die verdeling van dienste is nog nie heeltemal uitgesorteer nie.

Voeg daarby die klaarblyklike administratiewe probleme rondom die uitstuur van die waardasies aan plase, en dit voorspel glad nie rose en maanskyn vir die nuwe vennootskap wat nou tussen Munisipaliteit en landbou opgebou moet word nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za