safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


wdrummiesFC



OPGEDOLLIE. Ilke Olivier (links) en Melissa Bothma van William Lloyd Primêr spog met 'n plek in die Boland Trompoppie span. Hulle is deel van William Lloyd se eie trompoppies wat onlangs by die Boland Trompoppie Toernooi in Vredenburg die binnehuise- en buitelugafdelings gewen het. Foto: Leigh Reitz

 


Beraders kyk  na kinders

[ Top ]


BERADERS vir die 'Oog op die Kind-projek' gaan weer eersdaags in die Paarl opgelei word.

Die projek is 'n gemeenskapsgebaseerde kinderbeskermingsprogram en is deur die Kaapstad Kinder- en Gesinsorgvereniging geïnisieer.

Die doel is die voorkoming van die kindermishandeling, verwaarlosing en die beskerming van kinders.

Die eerste dertien beraders in die Paarl is verlede jaar opgelei en die tweede groep se opleiding begin eersdaags.

Hulle sal verantwoordelik wees vir berading en monitering van kinders wat blootgestel word aan mishandeling, asook identifisering van veilige huise.

Mense wat belang stel in die opleiding, kan Alicia Rhode skakel by 862-6182.


Holiday fun at museum

[ Top ]


THERE'S no need for kids to be bored these holidays - bring them to Iziko Museums for exciting workshops and a little eastern inspiration.

Between 2 and 17 July, seven to twelve year-olds can discover the wonders of Japanese creativity such as origami (paper folding), colourful doll mobiles, bead-dragons, bead-frogs and other exotic creations to wear, enjoy and take home.

A clay-modelling course for 8-18 year-olds is also offered. Workshops take place at Iziko's different venues. For details, call 481-3823 or 481-3811.


Toktokkie klop weer

[ Top ]


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se jaarlikse fondsinsamelingprojek, Toktokkie, skop weer op 26 Junie af.

Tydens dié veldtog gaan Kansa vrywilligers van huis tot huis om kankervoorkomende inligting te versprei en fondse in te samel.

Toktokkie is een van Kansa se grootste fondsinsamelingsprojekte, te danke aan die vrygewigheid en deelname van die plaaslike gemeenskap.

Belangstellendes wat graag betrokke wil raak of verdere navrae het, kan vir Elsa Dauth by die Kansa Wynland- en Weskusstreekkantoor by 864-2633 of faks 864-2722 kontak.


Leer van Griekwas

[ Top ]


DIE Paarl Museum het vandeesmaand 'n tydelike uitstalling oor 'n merkwaardige man, "Die Hervormer", Andrew Abraham Stockenstrom le Fleur (en die vestiging van die Griekwa-volk).

Die Griekwas is 'n volk van gemengde afkoms, met inheemse mense, slawe en Europese voorvaders.

Andrew Abraham Stockenstrom le Fleur is op 2 Julie 1867 op Herschel in die Aliwal Noord-distrik gebore. Later van tyd het hy onder meer die Griekwas en Kleurlinge van die Kaapse Vlakte aangemoedig om hul eie grond te koop en  selfstandig te word. 'n Versoek is aan die Kaapse koloniale regering gerig om kroongrond teen 'n nominale bedrag beskikbaar te stel. 

Toe hierdie versoek misluk het, het die Hervormer self grond by Eureka-landgoed gekoop. Die gevolg van hierdie inisiatief was dat die Griekwas en Kleurlinge grond kon besit tussen Retreat en Kraaifontein. 

Hierdie projek het 'n belangrike rol gespeel om die Kaapse Vlakte op te bou en was die eerste van baie projekte wat die opheffing van die Griekwas ten doel gehad het.

Skakel gerus vir Jaline de Villiers of Elizabeth Bowes as u enige navrae het, by 872-2651.


Nightclub wants to help

[ Top ]


THE owner, management and staff of Sinatra's Night Club in central Paarl wish to thank all patrons for their support on Friday 6 June, when more than R1000 was raised as part of their Community Development Programme.

Blankets were purchased and handed over to the Haven Night Shelter in Paarl.

'Pay back time' will continue every Friday for the month of June.

Five rand from all door takings  on these evenings will be donated to charity.

"Help us to help the unfortunate and needy," appealed owner Steven Raman to patrons.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za