safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

Nuus - News


Boere kap na belasting

[ Top ]


WchrisBOERE in Drakenstein is erg beswaard oor die instelling van eiendomsbelasting op landbougrond.

Die Drakenstein Munisipale Raad hef die belasting vanaf 1 Julie teen 'n koers van 0,0035 sent in die Rand. Meer as 100 boere het verlede week op Wellington

VRAETYD. Bekommerde boere soos Chris du Toit (staande bo) het die munisipale bestuurder gepeper met vrae by verlede week se vergadering van die Wellingtonse Sakekamer.

vergader om protes aan te teken.

Hulle was dit eens dat die nuwe grondbelasting nie wenslik is nie en het daarop gewys dat daar groot onsekerheid heers oor waardasies.

Hulle is ook ontstoke dat hulle weens gebrekkige kommunikasie nie betyds beswaar kon aanteken teen die waardasies nie.

Boere het uit die gehoor daarop gewys dat die koers van 0,0035c/R besonder hoog is in vergelyking met omliggende gebiede soos Malmesbury (0.0025c/R), Kaapstad (0,0028c/R) en Ceres (0,0018c/R). Die beswaartydperk teen die koers eindig vandag.

Chris du Toit (AgriSA) en Jacques Carstens (Drakenstein Munisipale Bestuurder) het die boere toegespreek by die vergadering.

Volgens Du Toit het die grondbelasting klaarblyklik nie nuwe dienste of kapitaalprojekte ten doel nie.

"Die gevaar bestaan dat die Raad die addisionele inkomste bloot sal aanwend om sy groeiende skuldlas te probeer verklein.

"Die Raad behoort eerder effektiwiteit van dienslewering en die vordering van betaling vir sodanige dienste te ondersoek. "Grondbelasting is 'n indirekte vorm van belasting op produksiemiddele wat 'n nadelige impak op winsgewendheid en internasionale mededingendheid sal hê."

Pierre-Jeanne Gerber, grondeienaar en plaaslike LP, het hom uitgespreek teen die heffing van die belasting vanaf 1 Julie, hoewel hy dié vorm van belasting as regverdiger beskou as streekdiensteraadsheffings.

"Die nasionale wetgewing is nog nie deur nie, en weens die oorhaastige implementering het baie mense te laat, of glad nie, kennis gekry van hul waardasies. Dit het die Munisipaliteit baie welwillendheid gekos."

Carstens het boere die versekering gegee dat die Raad die proses "so professioneel moontlik bestuur" en dat alle stappe tot op hede geneem wettig en in terme van die ordonnansie plaasvind.

"Die Raad is verbind tot die konsep van dienslewering en die Raad sal in die komende finansiële jaar spesifiek dienslewering aan boere ondersoek."

Carstens het boere daarop gewys dat hul sekere dienste van die Raad, soos biblioteke, reeds benut en steeds in die toekoms sal mag benut.

Een van die boere het die saak opgesom: "Mnr Carstens, jy moet nie te gou staatmaak op die geld nie, want ek moet nog my bankbestuurder daarvoor gaan vra."

* Farmers held a protest meeting against property tax in Wellington.


Sampie is my naam

Malané Bosman

[ Top ]


waapFCSY naam is Sampie en op tien weke is hy gedoop met sy mens-ma, Riana Hon, se van.

Op die oomblik is Sampie nog kaalstert by AnimalZone by Klapmuts, want Riana wag vir die bestelling pasreg babadoeke om gemaak te word - kompleet met gate vir die lang stert en die agterbeentjies.
Nie dat kaalstert-loop vir Sampie 'n probleem is nie. Vir Riana wel.

GROOTMENEER. Sampie die apie klou aan sy mens-ma, Riana Hon.

Sampie laat los eenvoudig as die nood druk. En hy is altyd op Riana se arm, of om haar nek, of teen haar bors.

Snags slaap hy teen haar lyf, in die bed, onder die komberse.

Hy moet elke vier uur bottel kry, maar die wekker hoef sy nie te stel nie. Soos enige mensbaba raak Sampie wakker van die hongerpyne en dan is dit voertyd.

Hy kry nou Nan nommer 2 gemeng met Nestum nommer 3. Een van die dae sal daar 'n titseltjie Horlicks in die melk geroer word.

Riana moet ma speel omdat Sampie se eie ma hom nie self kon voed nie. Hierdie vieruurlikse voedings, 24 uur van die dag, sal sy nog tien weke lank moet volhou.

"Dis erger as 'n baba," sug Riana oor haar Suid-Amerikaanse Capuchin apie-kind.

Nes 'n regte peuter, is hy nie 'n oomblik stil nie en vroetel dan met 'n knoop aan haar trui, dan met haar hare en dan met haar oorbel.

Maar as hy so 'n skuins liefdeslek gee, moet sy glimlag.

En dan, so uit die speel uit, val sy ogies toe, en dan lyk hy nes 'n aap-engeltjie.

Sodra Sampie groot genoeg is sal hy saam met sy groter nefies en niggies in 'n hok gaan woon, met 'n huisie met ondervloerse verhitting ingebou.

AnimalZone is elke dag van die week oop vir besoekers.


Bakkie vat die pad

Malané Bosman

[ Top ]


AS 'n mens deesdae vir jou 'n Toyota koop om mee te gaan vakansie hou, moet jy gou maak, of jou bakkie word voor die vakansie al gesteel.

Dis wat Conrie en Marisa Conradie van die Paarl oorgekom het, tien dae nadat hulle die dubbelkajuitbakkie aangeskaf het.

"Ons het nog nie eens die eerste paaiement betaal nie," sug Marisa.

Sy het Maandag verlede week die wit bakkie op BoE-bank se omheinde parkering in Du Toitstraat geparkeer.

Toe sy ná werk wou huis toe gaan, was die bakkie skoonveld.

"Ek het eers gehoop my man het die bakkie kom haal, maar ongelukkig nie.

"Dis 'n groot skade. Met ons baba was my motor nou te klein. Ons wou so graag die vakansie gaan toer het en Conrie was juis aan die reël vir 'n langafstand brandstoftenk."

Sy vertel die bakkie was veilig gesluit, met immobiliseerder, stuurwielslot en alarmstelsel.

Dit is die derde bakkie wat die afgelope tyd uit dié parkeerterrein gesteel is, het die ondersoekbeampte, speurinsp Lizl Burden, gesê.

Nog twee Toyotas is hierdie maand in Noorder-Paarl gesteel. Die bakkie is nog soek, terwyl die motor sonder wiele in die Kaap teruggevind is.

* Toyotas are being targeted by car thieves in Paarl.


Council "drags feet on CBD"

Susan Botha

[ Top ]


BUSINESS people in Paarl East and Paarl West are dissatisfied with the Drakenstein municipal council's procrastination on the proposed urban renewal initiative in the Paarl Central Business District (CBD).

Rumour has it that some businessmen have appealed to provincial leaders to try and speed up the process.

Fourteen owners with 34 properties in the CBD have already signed a contract with Catalyst Property Asset Managers to facilitate a process for the urban renewal process in central Paarl.

Johan Pauw, representing the developers, estimates this would mean a R200 million injection into the CBD just during phase 1.

They also envisage, at their own cost, the development of a facility for informal traders as well as future development in the rest of Lady Grey Street as well as in other growth areas in Paarl, as determined by the Municipality.

Council has already approved the development in principle, but the finer detail is now endangering the whole project.

At a recent meeting of Pauw with the executive committee, Councillor Bokkie Claasen (NNP) gave her wholehearted support to the project wholeheartedly.

"One has to be blind not to see the decay. Job creation is important - our people are eating from the rubbish bins."

She urged Councillors to support the renewal as an opportunity for everyone.

Councillor Deetlefs du Toit (DA) supported her and said if Council did not take this opportunity, they would have to shoulder the blame for the deterioration of Paarl: "We won't survive this one".

Municipal Manager Jacques Carstens said he and his management team welcomed the initiative and supported it fully.

In a report to Council, the Planning Department said urban settlements were increasingly confronted with the phenomenon of urban decay, which includes both the physical and functional deterioration of the built environment.

Such conditions are usually the result of the nature of the historic "footprint" of a town which cannot cater any longer for changing times and needs.

Business expands in an unplanned way into neighbouring residential areas, resulting in conflicting land uses and the relocation of residents to areas away from the CBD, with an evident decline in clientele and undesirable urban sprawl.

This has led to development of suburban shopping complexes where the full range of consumer needs are concentrated with the one-stop concept.

But this concept is  plagued by negative impacts such as the high dependency on private motor vehicles, which mostly divorce these shopping complexes from poor communities with minimal mobility.

The state of decay and ongoing deterioration of the Paarl CBD is undisputable, and if the situation is left unchecked, it should be anticipated that there is a real threat that key  anchor shops will relocate, says the report.

Pauw put a holistic plan for the redevelopment potential in the Paarl/Wellington area on the table, as well as a plan for Lady Grey Street.

The plan includes the closure of a part of Lady Grey Street and redevelopment of the street as well as surrounding squares such as Patriot Square and Van der Lingen Square, because of the urgency to retain the anchor tenants in the area.

A development on the eastern side of the river will form part of Phase 1 and some suggestions in this regard will be put to Council in the near future.

Pauw requested Council to make the required land available for development and to support and expedite the speedy rezoning of such areas.

He described some of the benefits for Council: In the first place 15 000 m² of new retail bulk will be created in the CBD, which will generate a huge amount of new rates and taxes.

It is anticipated that as many as 1200 permanent job opportunities could result either directly or indirectly from such new business ventures.

The development will also ensure that the property values of the existing CBD remains intact.

The parking ratio in the CBD will, inclusive of the extensions, be more than double the current ratio.

A full traffic impact assessment will be done to address all issues, at the developers' cost.

The safety and security of patrons to Lady Grey Street will be addressed, while tourists will be drawn into the upgraded area.

It should address most of the issues around the informal trading in Lady Grey Street.

The coalition in the Council (ANC and NNP) will now formulate a uniform viewpoint on the matter, which they will then communicate to the other parties before starting to negotiate a contract between the Municipality and the developers.


Swift action against squatters

Susan Botha

[ Top ]


ILLEGAL structures were erected on the open ground between Jan van Riebeeck Drive and Edube Village over the weekend by Mbekweni residents angered at the housing backlog.

The invaders are allegedly squatters living in backyards in Chris Hani Park, bordering on the area.

On Monday a contractor removed the half-built structures under protection of the police.

Municipal manager Jacques Carstens said the cost of hiring a contractor amounted to thousands of rands, which the Municipality could hardly afford.

He thanked the SAPS for their support.

The operation started at about 11:00 and within an hour all evidence of structures or poles to mark erven were removed.

The operation took place peacefully, except when the contractor took building material which had already been removed from the site by the would-be squatters.

Angry comments were shouted at the contractor's workforce, but with the assistance of the SAPS the small crowd was kept under control.

The Municipality is currently in discussion with the Provincial Minister of Housing about funding to provide basic services to squatter families on a specially identified piece of land.

Erven will be surveyed for later formalisation of housing.

However, said Carstens, land for informal housing is scarce, while the cost of basic services (including bulk services) is  expensive.

The Municipality has also applied for funds for the establishment of such a transit camp.Yesterday the situation was calm.


Diewe mal oor brille

Leigh Reitz

[ Top ]


OM darem drie keer binne een maand onder inbrekers deur te loop, is eenmaal te erg.

So sê Marelise Bester van Marelise Bester Oogkundiges (Eye Site) in Hoofstraat, nadat haar onderneming se voorruit verlede Donderdagoggend vir die soveelste maal aan skerwe geslaan en meer as dertig brilrame gebuit is.

Die twee vorige inbrake het op 15 en 23 Mei plaasgevind, albei in die vroeë oggendure. Toe is ontwerper-sonbrille gesteel.

"Dit laat 'n mens baie negatief voel," het sy moedeloos gesê,

"'n Mens probeer op 'n eerlike manier jou geld verdien en dan kom diewe vanaf die straat en plunder jou plek."

'n Opsie sou wees om traliehekke voor haar vertoonvensters aan te bring, alhoewel dit die estetiese waarde van haar besigheid sal laat daal.

Tydens die laaste inbraak het ooggetuies 'n man in drawwersklere sien weghardloop vanaf die toneel, wat die vermoede laat bestaan dat hy voorgee om 'n drawwer te wees in die omgewing.

"Ek het juis my plek so ingerig dat dit verbruikers se oog sal vang en traliehekke sal  onooglik wees."

Ook die oogkundige Naas van der Spuy oorkant die pad het die vorige Vrydag erg deurgeloop, toe sy voorruit versplinter is deur diewe, wat met tien sonbrille en tien leesbrille voet in die wind geslaan het.

Weck & Danner Oogkundiges in Lady Greystraat het 'n inbraak vrygespring toe die dief gesteur is nadat hy die voorruit uitgegooi het.

* Thieves are targeting optometrists nowadays, breaking windows to get to spectacles.


"Dokter" vas

[ Top ]


DIE man wat hom in die Paarl as 'n dokter voorgedoen het en so gemaklik motors en skaapvleis kon bekom, is uiteindelik agter tralies.

Abdur Adams (32) van Woodside 19, Ottery, het die afgelope weke in die Paarl met 'n slenter twee voertuie gesteel terwyl hy dit glo sou toetsbestuur het.

Die Golf van Courtrai Auto het hy by 'n motorhawe in Parow vir 'n BMW verruil.

Hy het ook 'n slaghuis oorreed om twee skape by die Paarl Hospitaal af te laai, en toe sonder om te betaal met die vleis verdwyn.

Adams is by Swellendam aangekeer terwyl hy in die gesteelde VW Kombi van Paarlvallei Motors onderweg was.

Sy mede-passasiers het hom as ene dr Abdur Williams geken.

Volgens die ondersoekbeampte, insp Auckland Losper van die Paarl, is Adams deur lede van die Strandfonteinse polisie in Ottery aangekeer.

Die verdagte was werkloos, nadat hy tronkstraf vir motordiefstal uitgedien het. Hy is ook deur die Woodstock polisie op aanklagte van motordiefstal gesoek.

* The man who posed as a doctor in order to obtain garage cars, has been arrested.


Paaie eis tol

[ Top ]


'n WERKER van 'n hoenderplaas in Klapmuts het met sonop Vrydag gesterf toe die bestuurder van 'n bakkie op die Protea-afdelingspad beheer verloor het.

Die bestuurder het aan die polisie vertel dat hy deur die ligte van 'n wit bakkie verblind is. Swuyile Ndiniso (31) van Fisantekraal is op slag dood.

Klapmuts speurhoof insp Rogerio Carosini (875-5555) hoor graag van ooggetuies.

* Saterdagaand ná nege het Attie Pietersen van die plaas De Hoop op die Wemmershoekpad gesterf toe hy vermoedelik onder 'n voertuig beland het. Getuies van die voorval word versoek om speur-insp Jacques Mouton (807-4000) te skakel.

* 'n Tienjarige seun het Dinsdagmiddag voor 'n voertuig beland naby die Klapmuts-afrit op die N1, toe hy uit die skool gekom en vermoedelik blindelings oor die pad gehardloop het.

Denver Bothes, woonagtig by die naburige Tucuman Kwekery, het op die toneel gesterf.

* Saterdag het 'n man van Kraaifontein ernstige beserings opgedoen toe hy by die Mbekweni-stasie by die deur van 'n bewegende trein uitgestamp was.

Randall Kruger (48) is na die Tygerberg Hospitaal vervoer vir behandeling.

* 'n Man, Martin Willemse (38) van Riebeeck-Wes is van dronkbestuur aangekla nadat 'n voetganger op die Paarl-Wellingtonpad omgery is. Innocent Mbeko (36) het  'n gebreekte arm en ander ligte beserings opgedoen.

* Altesame 81 mense is oor die langnaweek in die Paarl aangekla dat hulle in die openbaar dronk was.


Buurtwag vang ontsnapte

[ Top ]


'n ONTSNAPTE gevangene - kaal onder geel reënklere - is Sondag deur buurtwaglede in Noorder-Paarl vasgetrek.

'n Oproep na die buurtwag-noodnommer, oor drie verdagte persone Sondag om 22:00 in Boschstraat, het die lede haastig laat reageer.

Die mans is agternagesit en die polisie is ontbied. Die polisie het bevestig dat een van die mans uit die Paardeberg Gevangenis ontsnap het waar hy 'n vonnis vir huisbraak en diefstal moes uitdien, het Robert Larke van die Buurtwag gesê.

Die buurtwag noodnommer is 082-813-6980.

* 'n Jong man van Denneburg, Clifford Norval van Aurorastraat 10, word versoek om met Paarl speur-insp Jean Henning in verbinding te tree.

Insp Henning (807-4000) glo dat Norval, van Aurorastraat 10, hom behulpsaam kan wees in 'n huisbraak-ondersoek.

* Huisbrekers het oor die naweek toegeslaan op die plaas Upper Waterfall in Groot Drakenstein, drie weke nadat die eienaars uit Johannesburg in die nuwe woning teen die berg ingetrek het.

'n Waardevolle Bushnell Spacemaster multi-posisie teleskoop en 'n duur Giant bergfiets is onder die gesteelde items.

Gee inligting aan speur-insp Cornell Swanepoel (874-8000).


Aanvaller sit lank

[ Top ]


'n MAN wat gepoog het om 'n jong meisie te verkrag, is in Wellington tot 15 jaar effektiewe gevangennisstraf gevonnis.

Nicolaas Bezuidenhout (32) van Lilystraat 22, Wellington, het in Desember verlede jaar die 12-jarige meisie na 'n woning gelok waar sy aangeval is.

Die meisie is drie keer met 'n mes in die arm en bolyf gesteek terwyl hy gepoog het om haar te verkrag.

Bezuidenhout is op die aanklag van ernstige aanranding tien jaar gevangenisstraf opgelê, en vir poging tot verkragting nog tien jaar tronkstraf, waarvan die helfte met die eerste klag saamloop.

Wellington speur-insp Marlon Josephs is vir sy deeglike ondersoekwerk geprys.

* Die Paarl Polisie is op soek na ene David Thomas, ook bekend as "Blou", wat hulle dalk kan help in 'n ondersoek na 'n poging tot verkragting.

'n Minderjarige meisie is op 7 Februarie vanjaar byna in 'n toilet verkrag, terwyl sy en haar suster in die woning in Groenheuwel was. Die aanvaller is glo gesteur deur die slagoffer se suster wat die toilet binnegekom het.

Mense met inligting word versoek om met die ondersoekbeampte, insp Simon Fredericks, by 807-4000 in verbinding te tree.

* 'n Seun is voorverlede naweek na 'n woning in Courtrai, Suider-Paarl, gelok waar hy erg aangerand is.

Volgens die polisie is die 14-jarige straatkind op Vrydag 6 Junie om 10:00 deur 'n Xhosasprekende man geneem na die half-voltooide huis wat hy vir die eienaars oppas.

Die seun is daar met 'n piksteel geslaan, vasgebind en gesodomiseer. Insp Hennie Williams (807-4000) ondersoek die saak.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za