safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

People - Mense


Rooiwarm veteraan sy hart se punt

Susan Botha

[ Top ]


wjeanFCGROOTSEUNS en hul speelgoed... Só word daar dikwels verwys na die band tussen mans en hul motors. Maar die verhouding wat Jean Smit die afgelope veertig jaar opgebou het met Peugeot, en veral die 203-model, is ernstige hartsake.

Smit, afgetrede onderwyser van Hoërskool Gimnasium en nou stadsraadslid, en sy bloedrooi Peugeot is 'n bekende gesig in die Paarl.

VUURWARM. Jean Smit met sy opgewarmde Peugot 203. Dié model was die eerste na-oorlogse model van die fabriek in Frankryk.

Hy vertel dat hy as student op Stellenbosch verlief geraak het op sy "lieflike brul". "Ek het  daar en dan besluit, dié ding is kookwater."
Jannie Malan, 'n eletrotegniese ingenieur, het hom

ingelyf in die geheimnisse van die 203-enjin. En toe sy vriend Pieter Kapp sy eerste motor koop, kon dit nie nie hoër of laer nie - dit móés 'n 203 wees.

'n Jaar later, in 1964, kom Kapp van Marlow, naby Cradock, terug met dié woorde: 'Jou motor staan op Marlow'."

"'n Verflenterde en opgeryde hoenderhok", is hoe Jean sy eerste kennismaking met dié motor beskryf. Maar sy besware swig voor Kapp se geneul en hy koop die wrak vir R20.

"Die voertuig moes heeltemal herbou word. En op die een of ander wyse tref jy die oorgeplante en warmgemaakte 403 enjin se 'sweet spot'. Die vuilgrys loodpoot verander oornag in 'n bloedrooi, vlugvoetige haas!"

In 1966 begin Jean sy loopbaan by Boishaai in die Paarl - natuurlik mét die rooi vuurwa.

Twee jaar later ruil hy dit in op 'n Peugeot 403, self 'n legende in die Paarl. Jean het net een keer van die Peugeot-pad afgedwaal, toe hy 'tot sy verdriet' 'n Fiat gekoop het.

In 1971 word hy by Gim aangestel. Hy ontmoet ds Johan Fourie, huidige SA voorsitter van die Peugeot-klub, en neem tydelik 'n 203 by hom oor. Nou het die gogga weer gebyt en hy koop twee 203-wrakke en binne 18 maande het hy 'n nuwe motor.

Maar dan verkoop hy dit vir 'n bakkie. "Dit is hier waar ek besluit, nie weer nie," en hy maak al die ou onderdele weg.

In 2000 bel Danie Fourie, ook 'n entoesias, hom oor 'n 203 wat reeds agt jaar by hom staan. "Ek erken ruiterlik, ek het dit vir myself en Danie so moeilik as moontlik gemaak. My gesin het 'n leeftyd van Peugeot-ervaringe en hulle s'n is nie naastenby so positief soos myne nie.

"Ek gaan haal dié apologie vir 'n voertuig op 'n dag toe niemnd by die huis is nie. En toe die vrouegeslag later opdaag, is hulle gaande oor die 'oulike kar'."

Net 18 maande en die motor is weer op sy wiele. "My eiehandige reddingsaksie, eintlik 'n retro-special omdat ek die outydse bak voorsien van 404/504/505 meganika, laat almal wat dink hulle ken my, stilweg kop skud. Ek's op 'n nostalgiese trip in my eie en die 203 se verlede in."

Nuwe onderdele was na amper 50 jaar nie meer beskikbaar nie en Jean het na hartelus sy eie ontwerpe en verbeteringe gebruik.

Die 203 is in 1947 bekend gestel en produksie is in 1960 gestaak.

"Hierdie heel laaste rooie is die 203 waarvoor ek nooit die kennis, ervaring, geld, tyd en toerusting gehad het nie."

Vanwaar dan die romantiek rondom 'n Peugeot 203?

In Jean se woorde: "Hierdie beskeie voertuig spreek tot die hart en die verstand van die doodgewone bestuurder, maar bied ook avontuur en uitdaging aan die motorsport-entoesias".


'Daar is tog eerlike mense'

Leigh Reitz

[ Top ]


'n MENS kry nie meer eerlike mense nie, het Driekie Mouton van Bethelstraat in die Paarl gedink.

Dit was totdat haar beursie verlede Maandag met 'n dikke R700 daarin, spoorloos verdwyn het.

'n Inkopietog om vir manlief 'n Vadersdagtrui te gaan koop, het haar later minus haar beursie by die huis bevind.

Nie dat Driekie eens agtergekom het nie, want die maandelikse inkopies was reeds gedoen en daar was nie rede om weer een keer in die beursie te kyk nie.

Dit was totdat 'n vreemde man gebel het en allerhande vrae oor haar mediese kaartnommer gevra het.

Hoekom, wou Driekie weet.

Nee mevrou, kyk net gou in u beursie om hierdie nommer te bevestig.

Dis toe dat sy agterkom sy het sonder haar beursie by Mr Price uitgestap en 'n bedagsame werker, Mornay Jones (30), het dit op hom geneem om die eienaar op te spoor.

Nie dat dit maklik was met geen identiteitsdokumente in die beursie nie. Toe gebruik die jong man maar sy speurdersinstinkte en bel die nommer op die mediese kaart en spoor die eienaar op.

"Dit is hartroerend om te weet dat daar nog sulke mense is wat soveel omgee.

"Hy kon so maklik net die geld gevat en die leë beursie weggegooi het. Maar hy het liewers baie moeite gedoen om my op te spoor.

"En dit was my sakgeld van my man wat die res van die maand moes hou!", het sy vertel.

En 'n beskeie Mornay sê dit is maar in sy natuur om soveel om te gee vir sy medemens.

"Ek is net bly dat ek haar beursie kon terugbesorg.

"Sy het skoon in trane uitgebars toe ek haar bel om te sê dat sy maar haar beursie met al die geld nog daarin, kan kom haal by my," het hy gesê.

En sy goeie daad het vir hom vrugte afgewerp: Driekie het sommer 'n groot koek vir die personeel gebak en hom 'n geldjie in die hand gestop.

"Ek is hom ewig dankbaar," het sy gesê.

* A Paarlite was thrilled when a shop assistant returned her lost wallet.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za