safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 19 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 June 2003 at 17:00

Youth - Jeug


Seun oorleef nag op berg

[ Top ]


wbros'n TIENER van Wellington is die naweek van die Swartberge by Oudtshoorn gered nadat hy van sy stapmaats geskei is.

Roswill Heyns (18) van Aprillaan, Vanwyksvlei, was deel van 'n stapgroep van nege mense wat deur Jacques Matthee van die Paarl, gereël is.

OPPAD. Roswill Heyns (naaslinks) saam met Jacques Matthee  (middel) en sy stapmaats voor sy nagmerrie-ondervinding in  die Swartberge.

Digte mis het Saterdagaand op die berg toegesak. Toe Roswill besef hy is alleen, het hy nie verder gestap nie, en al die kledingstukke in sy rugsak aangetrek.
Hy het die nag in die yskoue deurgebring.

"Toe ons sien Roswill is nie by ons nie, het ons drie uur lank gesoek," het Matthee gesê.

Roswill het intussen met sy selfoon 'n familielid in die Paarl geskakel, en 'n soekgeselskap met polisiemanne en 'n natuurbewaarder was om middernag op die berg.

Hulle het die oggend om 06:00 op Heyns afgekom, vier kilometer van die oornaghut by Gouekrans. Ná sjokolade en koffie, kon Roswill self verder stap.

* A Wellington teenager survived a freezing night out in the Swartberg at Oudtshoorn.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za