safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 19 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 26 August  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Why such double standards in Paarl?

[ Top ]


A DIFFERENT set of rules seems to apply to a different set of inhabitants of Paarl, especially regarding the sanctified Heritage Management Policy.

For years we have been trying to remove the deplorable used car lot at the northern gateway to Paarl opposite the entrance to the prestigious farm St Pieters Roche, to no avail.

Their illegal flags, lights and large signage boards are apparently approved and sanctioned by Council and blessed by the Provincial Administration (who incidentally took exactly 16 months to reply to our appeal against the Drakenstein Municipality's consent for the tenant to trade cars, boats and  front-end-leaders in a purely agricultural area on a residential site.

Is not "the character of the Main Road Special Area" which is so stringently protected by the "negatively affected"?

And what about the "Special Significance" of farms within municipal boundaries?

Whilst all agricultural landowners in Paarl are restricted beyond endurance to do with their own sweat-soaked property what they deem necessary to survive, individual landowners get permission to do what they like?

How can this disparate execution of the Council's duties and responsibilities be tolerated?

Double Trouble

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer; Die Provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het 'n finale tydelike afwyking op die eiendom toegestaan vir 'n periode van een jaar ten einde die huurder in staat te stel om binne 'n redelike tyd sy besigheid te verskuif na 'n meer geskikte perseel.

Die tydperk het verstryk op 18 Julie. Die verantwoordelike amptenaar het onmiddelllik daarna 'n lasgewing bedien op beide die eienaar en die huurder. Albei het onderneem om die bedryf te staak.

Indien daar nie gehoor gegee word aan die instruksies nie sal die Munisipaliteit onverwyld voortgaan om effek te gee aan sy publiekregtelike verpligting en toesien dat die bedryf by wyse van 'n regsproses verbied word.


Straatname beter

[ Top ]


VIR my is dit 'n riem onder die hart om ons woonbuurt se straatname so pragtig geverf te sien. Dit is netjiese skrif in swart op 'n wit agtergrond. Name is selfs op meer plekke op die randstene aangebring.

Ek sê sommer luidkeels dankie aan die Drakenstein Munisipaliteit, want nou kan die Polisie, Ambulansdienste, Brandweer en besoekers gouer by hul eindpunte uitkom.

Ek smeek ook dat ledige kinders of moontlik grootmense ook, asseblief nie sal skraap aan die nuwe name soos met die ou name gedoen was, dat 'n mens nie 'n straatnaam kan uitmaak nie.

Ek pleit dat alle inwoners nou moet bewys hulle is trots op hul buurt.

AC Adams


Ons moet bewaar

[ Top ]


WANNEER mens so kyk na die nat strate en kaal eikebome in die Paarl, besef ons hoe mooi ons dorp is, en hoe in beheer van die seisoene ons Hemelse Meester is.

Dit herinner mens ook aan die bekende toneel van vroeër jare:  Onder 'n eikeboom, onder 'n groot, kleurvolle strandsambreel, ons bekende Paarlse meester, met sy palet en kwas, besig om die pragtige gesig op doek te verewig.

Kan 'n Paarliet in hierdie weersomstandighede deur die Paarlse Hoofstraat ry en nie herinner word aan wyle Dawid Botha nie, hy wat nat en koue weer getrotseer het om te sorg dat daar vandag in baie huise, of dit 'n oorspronklike of 'n afdruk is, 'n stukkie van ons Paarlse eie teen die mure pryk?  

Laat ons dit vir ons nageslag bewaar: die prent teen die muur, maar beslis ook die kleurvolle prent van ons herinneringe.

Eileen Stenekamp


Bestuur breek polisie

[ Top ]


EK reageer op "Tier" se brief van 12 Augustus: om jou "guts" te stort oor die polisie is 'n mors van tyd.

Onthou hoe hoër jou rang, hoe groter die beloftes, hoe meer vergaderings en hoe minder positiewe werk. Niks verbeter in die polisie nie. Waar is die verhogings?

Wat het gevorder? Stresgevalle.

Wie is die grootste oorsaak ? Die bestuur - met leë beloftes, vals hoop, rassisme, negatiewe houdings en 'n tekort aan belangstelling en bystand aan lede met werksprobleme.

By 'n polisielid se begrafnis sien jy al wat offisier is - dit is ook al wanneer lede die bestuur sien en gesigte by name kan plaas.

Daar word die oorledene geprys en erken as 'n goeie polisieman - dit is ook al wanneer sy familie in ag geneem word.

Doen iets vir die lewende polisiemanne om hul moraal te verbeter.

Ek daag die Paarl en omgewing se polisiebestuur en offisiere uit om te kyk of hulle 'n positiewe verbetering kan aanbring.

Bekommerd

Dir Dottie Adonis, adjunk-areakommissaris, reageer: Dit is betreurenswaardig dat die briefskrywer deur hierdie medium ongetoetste inligting die wêreld instuur.

Net soos enige organisasie het die SAPD sekere prosedures in plek om enige aktiwiteit, hetsy positief of negatief, aan te spreek ten einde hul doelwitte te bereik.

Bekommerd word aangemoedig om in aanraking te kom met enige stasiekommissaris in wie se wyk hy probleme ondervind sodat probleme opgeklaar kan word.


Onprofessionele skeidsregters pla

[ Top ]


MET die rugbyseisoen wat nou vinnig einde se kant toe staan begin ek onwillekeurig dink aan hoe daar op die skolerugbyvelde opgetree word deur volwassenes wat optree as skeidsregters.

Skole-sport is baie gesond, skeidsregters moenie dit verwoes nie. Skeidsregters moet nie dink hulle kan kinders inloop nie, want hulle ken gewoonlik die reëls die beste.

Daar word egter soms aan jong spelers gesê om stil te bly, want ek, die skeidsregter is in beheer.

Die kapteins van rugbyspanne moet geleer word om druk te plaas op die skeidsregters op die veld en van die veld en daar moet ook soos op internasionale vlak ná die wedstryde 'n verslag geskryf word oor die verloop van die wedstryd en hoe die skeidsregter dit hanteer het.

Vir toekomstige wedstryde moet dan net die skeidsregters gebruik word wat op standaard is.

Meneer die Skeidsregter, hou tog jou horlosie dop en blaas die fluitjie as die tyd verby is. Die lynregters moet ook bewus wees wat aangaan en net asseblief nie kant kies nie.

Dankie aan die skeidsregters wat dit regtig 'n plesier maak vir ons om ons jong manne te sien rugby speel. Hou so aan en help om ontslae te raak van dié wat nie op standaard is nie. 

Interskole-ouer


Optrede hier nodig

Editorial

[ Top ]


n MENS hoor gedurig dat daar na die "armstes van die armes" gekyk moet word.

Een groep wat onder hierdie groep geklassifiseer kan word, is mense wat toelaes ontvang.

Kyk 'n mens egter na wat by die uitbetalingspunt in Du Toitstraat, Paarl gebeur, lyk dit glad nie of daar regtig na hul belange omgesien word nie.

Eers het die uitbetalingspunt verskuif van Fabriekstraat, wat baie meer sentraal is, na Du Toitstraat.

Hier het die mense hulle vasgeloop in 'n jarelange geskil tussen die bestuur van die Du Toitstraat Ontspanningsklub, in wie se saal die uitbetalings nou plaasvind, en die inwoners van die straat wat kla oor geraas.

Die saak het vroeër vanjaar 'n draai in die hof gemaak, met die gevolg dat die klub nie langer funksies mag aanbied nie, wat hulle voortbestaan in gedrang gebring het.

Die oplossing was om die saal te verhuur vir die Allpay-uitbetalings.

Nou is die inwoners uiters ongelukkig: daar is nie genoeg parkering nie, smouse en begunstigdes maak verkeer in die straat onmoontlik en met die reënweer het mense selfs op inwoners se stoepe skuiling gesoek.

Die inwoners het sekerlik die reg op privaatheid, maar wat van die begunstigdes se reg op menswaardigheid?

Hierdie is 'n tameletjie wat beslis nie reggemaak kan word met 'n skouerophaal nie: Iemand sal daadwerklik (en vinnig) moet optree.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]