|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
BY die Toekenningskonsert van die Paarlvallei Eisteddfod is bekers aan die wenners van die afdelings oorhandig. In die Voordragafdeling was die toppresteerders Arina van Noordwyk van WA Joubert (beste monoloog), Ebenezer Primêr se graad viers (beste spreekkoor) en Jamey-Lee Moss van William Lloyd (hoogste punt in junior tweespraak). In die Solosang-afdeling was die bekerwenners Sean Jacobs van Laerskool Drakenstein (beste junior seun), Jean-Louise Momsen van WA Joubert (beste junior dogter), Christiaan Schoonbee van Tulbagh Hoër (beste senior seun), Hanmari de Wet van Hoërskool Gimnasium (beste senior dogter), Mandy Banda en Anelle Steyn van Hoërskool La Rochelle (beste senior duet) en Marissa van Zyl van Gimnasium (hoogste punt in die ope klas en kunslied ope klas). Bekers vir koorsang is oorhandig aan Laerskool Courtrai (beste junior koor), Amstelhof Primêr (beste senior primêre koor), Hoërskool La Rochelle (beste hoërskoolkoor) en Hoër Meisieskool Paarl (beste kamerkoor). In die senior klavier-afdeling was die uitblinkers Niel Tolken van Hoërskool Vredenburg (hoogste totale punt: seun), Mareli Greyling van Hoërskool Gimnasium (hoogste totale punt: dogter), Maryke Thom van La Rochelle Hoër (mees belowende senior/beste bladlees/beste senior duet), Marissa van Zyl van Hoërskool Gimnasium (beste Bach uitvoering) en Andréa van Greunen van Hoërskool La Rochelle (beste senior duet). Die slagwerkbekers is toegeken aan Laerskool Noord-Eind (graad een tot graad drie) en Amstelhof Primêr (graad vier tot sewe). Amy Engelbrecht was die beste junior violis en Nadine Spies van Hugenote Hoërskool was die beste senior violis. Die beste presteerders in blaasinstrumente was Mari du Toit van Hugenote Hoërskool (houtblaas) en Angelo Adams van New Orleans Sekondêr (koperblaas). Die beste junior klassieke ghitaarspeler was Natasja Oberholzer en die beste senior was Lizelle Duvenhage. Die orkeste van die Frank Pietersen Musieksentrum was aangewys as die beste junior en beste senior orkeste. |
|
|
|
|
DIE Paarl Museum (agter Toringkerk) gaan op Saterdag 28 September om 20:00 weergalm met die soet klanke van Thomas Channell en sy vriende, as die eerste van baie uitvoerings in hierdie pragtige, historiese gebou. "Speelpen/Playpen" is 'n baie quirky show met stunning oorspronklike Afrikaanse en Engelse liedjies en 'n paar ou bekendes (Makin' Whoopee...). Thomas is 'n ou bekende in veral Stellenbosch kringe en sal onthou word vir sy optredes in produksies soos "Tango del Fuego" deur Marthinus Basson, en "My Plek tussen skape" en "Kniediep in die donker" by die KKNK. Jan Matthews ('n gegradueerde van die College of Music) voeg sielvolle vioolspel by en Tinus van Dyk bring 'n verdere tikkie tower met kitaar, mandolien en stem. Thomas tokkel natuurlik die klawers en doen die singwerk. Geniet nuwe instrumentasie en liedjies in 'n baie spesiale venue. Kaartjies is R40 (wat 'n glasie Nederburg-wyn insluit) by Paarl Museum te Hoofstraat 303, Paarl (bespreek by 872-2651). |
|
|
|
|
'n ERVARE konsertpianis, Benjamin Fourie, tree op Saterdag 28 September om 20:00 in die Goodnow-saal op Wellington op. Sy program bestaan uit Gabriel Fauré se Nokturne nr 6 in D-mol opus 63, agt Préludes van Frank Martin, die Se una Notte d'Inverno W46/99 van Etienne van Rensburg en Frédéric Chopin se Nokturne in D-mol opus 27 nr 2 en die Fantasie in F opus 49. Fourie was sedert 1989 dosent aan die Kollege vir die Kunste in Windhoek, tot hy vroeër vanjaar 'n pos aanvaar het as klavierdosent aan die Universiteit van Natal. Hy het reeds in Namibië, Suid-Afrika, Duitsland, Frankryk en die Tsjeggiese Republiek uitvoerings gegee. Twee laserskywe met klavierwerke van Suid-Afrikaanse komponiste is uitstekend deur resensente ontvang. Fourie ontvang 'n aantal internasionale toekennings, waaronder die nominasie "International Man of the Year" van die internasionale biografiese sentrum in Cambridge, Engeland in 1991/92 en "Outstanding Man of the 20th Century" van die Amerikaanse biografiese instituut in 2000. Toegang vir die konsert in die Goodnow is R25 (kinders R10). Skakel Schalk Fourie by 864-1050 of Willem Fourie by 863-1856. |
|
|
|
|
THE Paarl Boys' High School's orchestra will form part of the Heritage Day celebration at Boschendal on Tuesday. They will be presenting a programme of light music between 11:30 and 12:30, weather permitting. The 400th anniversary of the Dutch East India Company will be the focus of Boschendal's festivities. A special exhibition in the Manor House will tell the story of Dutch trade in the East Indies and their settlement at the Cape. Of particular interest is the Simonsberg silver-mining hoax that took place during this period. Boschendal's Heritage Festival runs from 24 to 26 September. Dishes from areas of Dutch influence in the Indian Ocean will feature in the menus of the restaurant and Le Café (870-4274). |
|
|
|
|
DIE laaste naweek in September is feesnaweek op Wellington. Die heel eerste Three Ships Whisky Stokkiesdraai-fees vind vanaf 27 tot 29 September daar plaas. Die naam van die fees word ontleen aan Wellington se bekendheid as die grootste wingerdstokkies-afsetpunte ter wêreld. Wingerdstokkies word in bondeltjies vasgedraai om uitgevoer en verkoop te word. Breek Stokkiesdraai-tyd dus aan op Wellington, is die hele dorp in rep en roer, groot en klein word ingespan. Die legende doen die ronde dat die kinders, veral by die plaasskole ook sommer ingespan is om te help "stokkiesdraai" - en dit in skoolure. Wanneer Juffrou dan vra, waar hulle was, was die verduideliking dat hulle moes 'stokkiesdraai'. Geënte wingerdstokkies word reeds sedert 1912 in Wellington geproduseer. Die hoë kwaliteit van die stokkies, gunstige klimaatstoestande en kennis wat van geslag tot geslag oorgedra word, verseker dat 75% van die totale wingerdkwekersbedryf tans in Wellington gesetel is. Die Wellington Wingerdkwekersvereniging sal juis tydens die fees hul vaardigheid en vernuf ten toon stel en demonstreer hoe dit gedoen word. Tydens die Stokkiesdraai-fees sal stokkies ook sinoniem wees met drome. Koop 'n stokkie en skryf jou droom op die aangehegte kaartjie. Al die stokkies word aan 'n draadheining vasgemaak en drie gelukkige kopers se stokkiesdrome word dan getrek - wonderlike drome soos 'n helikoptervlug of 'n ontwerpersrok kan gewen word! Teen die einde van die aand word die stokkiesmuur aan die brand gesteek - skouspelagtig. Tydens die fees sal van ons land se grootste Afrikaanse kunstenaars hul stem letterlik kom dikmaak. Vrydagaand 27 September om 18:00 tree Helena Hettema in die Goodnowsaal op en later die aand is Danie Niehaus en Kevin Leo aan die beurt om 21:00 in die CP van der Merwe-saal. Die nimlike Soli Philander van Liriekeraai-faam, kuier Saterdag saam om 17:00 in die CP van der Merwesaal. Dieselfde aand is Karin Hougaardt om 21:00 te sien in die stadsaal in haar bekroonde produksie, Metamorph. Vir die kinders is daar die kulkunstenaar Groot Zorrino, kiskarwedrenne, Hip Hop Jive met Magdaleen, modelvliegtuigvertonings, 'n mini-kriekettoernooi, hondevertonings en 'n pretpark. Daar is ook bergfietswedrenne, 'n 4x4 avontuur, straatmyl, kontemporêre danse en die Wellington Idols se finale rondte. Mej Wellington word ook Saterdag gekroon. Navrae by Stokkiesdraai-feeskantoor by 873-3988. |
|||
|