safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 19 September 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 September 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Flinke diens van Wellington SAPD hoogs waardeer

[ Top ]


MET die vlaag van motordiefstalle in die Paarl/Wellington area wil ek motoreienaars (veral dié in Wellington) tot 'n mate gerus stel.

Op Woensdag 10 September vertrek ek baie vroeg die oggend vanaf Wellington na Vredendal. Soos gewoonlik is ek 'n bietjie laat en so haastig as wat my bakkie my toelaat om 'n afspraak om 08:00 op Vredendal te maak. 

Minute na my vertrek, klop 'n polisiebeampte van die Wellington Polisiekantoor my vrou in Richterlaan wakker en verneem of ons bakkie nie gesteel is nie. Iemand jaag teen 'n hoë spoed in die rigting van Hermon daarmee! 

My vrou kon die beampte gelukkig gerusstel dat dit haar man is wat net 'n bietjie haastig is en dat die voertuig nie gesteel is nie. 'n Selfoonoproep kon dit bevestig.

Aan 'n onbekende polisiebeampte wat vroeg in die oggend die voertuig as verdag aangesien het, moeite gedoen het om die nommer na te speur, die adres op te soek, my vrou wakker te klop (en moes hy KLOP!!) en ons te waarsku teen 'n moontlike diefstal - knap gedaan en baie dankie. 

Terloops, ons huis het nie 'n straatnommer wat vertoon word nie en dit moes heelwat raaiwerk geverg het om die regte huis op te spoor. 

Die gemeenskap van Wellington behoort sulke diens te waardeer!

Johan Truter


Paulus Joubert se historiese revue was uitstekend

[ Top ]


EK is seker my sentimente verwoord die gevoelens en gedagtes van baie ouers, leerlinge en lede van die publiek wat Paulus Joubert Primêr se puik revue "Oos, Wes, Tuis Bes!" op 10 en 11 September in die Huguenot Gemeenskapsaal bygewoon het.

Ek is seker die revue het die harte en siele van baie toneelgangers geraak. Van die ouer persone het seker nostalgies geraak oor hul dorp se geskiedenis wat puik deur die byna 635 jonge akteurs en aktrises uitgebeeld is.

Diegene wat nie die revue bygewoon het nie, het beslis iets groot gemis. Hier verwys ek na die belangrikheid van die kulturele erfenis van Paarl se gekleurde inwoners, wat soos 'n pêrel gekoester moet word, veral in die nuwe geslag Paarliete.

Opvoeders kan selfs binne die UGO-raamwerk die ryke geskiedenis van Paarl se gekleurde inwoners inkorporeer in leerlinge se leeraktiwiteite.

Sodoende kan ons "eie" geskiedenis verhef word tot 'n bate wat deur alle inwoners met groot trots gekoester sal word.

Nogmaals weer geluk aan Paulus Joubert Primêr met julle puik revue!

Noël-David Adams


Varkblomplukkers moet in hul pasoppens wees

[ Top ]


DIE landbougemeenskap moes seker groot steun gevind het in die Paarl Post voorbladartikel van 29 Augustus ("Varkblomplukkers pasop").

Ons hoor altyd dat die polisie nie die hulpbronne of mannekrag het om die wet effektief toe te pas nie en nou het hulle waarskynlik die vermoë om die onwettige varkblomplukkers vas te vat!

Die onwettige plunder van ons flora (beskermde en onbeskermde spesies) is 'n skending van ons natuurskoon wat almal se erfenis is, maar in hierdie geval word daar uit die aard van die saak geen finansiële verlies deur die grondeienaar gely nie.

Dit is in skerp teenstelling met die stropery van die wingerde en vrugteboorde wat daagliks aangaan en wat die kommersiële landbou derduisende rande skade laat lui (waaroor ook al berig is.)

Op elke sypaadjie, kruispad en selfs in die Hoofstraat gaan die verkoop van gesteelde vrugte onverpoosd aan en nooit word die "informele handelaars" gevra om bewys te lewer van waar die produkte verkry is nie.

Hierdie probleme is al vele kere aan die polisie gerapporteer en die patrolliewaens ry daagliks by die misdadigers verby sonder om eers vas te stel of die vrugte met die boere se toestemming verkry is en verkoop word.

Dit blyk dat dit weer 'n geval is van waar ons nuwe "criminal justice system" ons in die steek laat, omdat dit waarskynlik amper onmoontlik is vir die polisie om 'n saak te maak wat tot 'n suksesvolle vervolging  lei.

Dit word daagliks moeiliker om uit die kommersiële landbou 'n bestaan te maak sonder hierdie soort probleme.

Is dit nie nou hoog tyd dat meer van 'n "zero tolerance" benadering aan die saak geneem word nie?

As die landbou se vermoë om 'n wins te maak affekteer word, sal dit net uitloop op meer afdankings, werkloosheid en die spiraal van misdaad brei net weer uit.

Natuurliefhebber


Daycare centre staff abused

[ Top ]


I WOULD like bring your attention to the state of affairs at some home daycares. The employers do not care for their employees.

They are forced to work from 7am to 6pm without a decent rest period, and receive only two weeks' pay for a four-week annual holiday.

They receive no benefits or bonus or even a cup of coffee.

They do not receive any paid sick-leave and therefore have to care for the children even when the doctor has ordered the individual to rest.

I am appealing to the employers of daycare workers to look after the interests of their employees.

Many employers view the children as financial commodities that they do not wish to share.

A tired employee


C'mon summer!

[ Top ]


OVER the past few weeks I have been suffering from a case of what I like to call 'imminent summernitis'. 

The symptoms of this rare disease are cold sweats at the mere mention of the word bikini', hyperventilation at the sight of a swimming pool, manic sun-bed tanning and a repeated reminder to diet. 

I have woken up at nights with paranoid thoughts of my boyfriend leaving me for those perfectly busted, golden brown, long-limbed babes.

I am 20 and feel much older, because youngsters reach puberty at such an early stage these days! 

I look forward to this season, which will bring long lunches on patios and dancing till dawn with my best friends.  That's how I intend to spend my summer and this can be done with or without hot pants!

Hilde Leonhardt


Vrou kón ongeluk verhoed

[ Top ]


EK was baie geskok om te sien hoe 'n hondjie op Woensdagaand 4 September in Klein Drakensteinweg raakgery word deur 'n vrou in 'n blou motor wat baie maklik betyds kon gestop het.

Sy het oor die hond se agterlyf gery en weggery. Die klein wit hondjie is ernstig beseer en het sy agterlyf gesleep.

Hoekom doen mense sulke goed?

Geskok


Munisipaliteit kán so help

[ Top ]


NA aanleiding van al die klagtes oor hoe vuil die middedorp van die Paarl is, het ek 'n voorstel om die probleem op te los en terselfdertyd die werkloses te help.

Soos die afsetpunt waar werkloses papier en karton kan inruil vir 'n geldjie, kan die Munisipaliteit afsetpunte bepaal waar werkloses rommel kan ingee. Hulle kan rommel in swart sakke versamel en betaal word per sak soos afgegee by die afsetpunt.

M du Plessis


Redaksioneel:

Moenie stokkiesdraai nie

[ Top ]


OPENBARE vakansiedae het 'n tyd vir huisskoonmaak, pieknieks en strandbesoeke geword.

Dikwels was dit omdat daar nie eintlik opwindende programme rondom die vakansiedag beplan is nie.

Inwoners van die Paarlvallei kan egter nie kla aan 'n gebrek aan verbeeldingryke aktiwiteite vandeesmaand nie.

Op Erfenisdag, Dinsdag, word die wabedryf, wat 'n inherente deel van die Paarlse geskiedenis is, van vroegoggend tot laatmiddag gevier word.

'n Kanonskoot, perderuiters, 'n optog van perde, koetse en waens en 'n outydse smidswinkel is alles deel van die program.

'n Dorpsfees vir die Paarl is lank reeds 'n teer puntjie en hierdie fees kan dalk beteken daar is uiteindelik 'n oplewing in die fees-droogte.

Ook op Wellington gaan daar volgende naweek fees gevier word en ook hier is dit gebaseer op 'n stukkie dorpsgeskiedenis.

Die Stokkiesdraaifees se naam verwys na 'n tyd toe oud en jonk moes help om wingerdstokkies in bondeltjies te draai om verkoop te word.

Kinders het dit vinnig begin gebruik as verskoning om nie by die skool op te daag nie en tot vandag draai kinders natuurlik nog stokkies.

Die fees gaan die kuns van stokkiesdraai laat herleef, maar daarmee saam gaan daar ook 'n vol kunsprogram en sommer net pret vir almal wees.

Volgende week sal beslis nie 'n tyd wees om stokkies te draai nie!


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za