|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
outydse optog van perde, koetse en waens van alle soorte, vergesel deur orkeste en ruiters. Die optog lei na die park in Pinestraat, Suider-Paarl, waar vertonings van perdry en koetsbestuur van 11:00 te sien sal wees. Kinders kan poppekas en ponieritte geniet. Dit is 'n besondere geleentheid om 'n saamtrek te sien van die soort perdekarre en waens wat vroeër jare in die Paarl gebou is, hoofsaaklik vir reisigers wat na die binnelandse goud- en diamantdelwerye gestroom het. Die stalletjies sal aanloklik wees vir dié wat van tuisgebak, eg Suid-Afrikaanse kos en handgemaakte geskenke hou. Demonstrasies van tradisionele vaardighede soos spin van wol tot koperbewerking sal te siene wees. Die middag is stampvol bedrywighede. Om 14:00 sal 'n wa-wiel by Clift Granietwerke aanmekaargesit word en voorsien word van 'n velling in die tradisionele smidswinkel wat daar ingerig is. Dit dag sal afsluit met die oorhandiging van die wawiel - 'n gepaste huldeblyk aan die vaardige wabouers van weleer. Die fees word gereël deur die komitee wat hom beywer vir die ontwikkeling van De Poort erfenisdorpie op die feesterrein in Suider-Paarl. As dit reën sal die stalletjies en waens in die twee groot pakstore in Concordiastraat (langs Clift Granietwerke) wees. Navrae by 863-3902 of 082-780-9125. * Paarlites will celebrate Heritage Day on Tuesday with a festival recalling the heyday of the local wagonmaking industry. |
|
|
|
|
DIE beweerde verkragter van 'n sesjarige meisietjie is in Mbekweni deur die kind se pa gevang en aan die polisie oorhandig. Die meisie was meer as 'n week in die Paarl hospitaal waar sy van ernstige beserings moes aansterk. Sy is voorverlede Saterdag tussen 'n skare toeskouers by die Mbekweni sportgronde ontvoer en wreed verkrag. Ná haar tuiskoms uit die hospitaal het sy saam met haar pa in die erf voor hul woning in die White City buurt gestaan, toe sy 'n man wat verbygeloop het, as haar verkragter uitgewys het. Haar pa het die vreemdeling ingehardloop en in hul huis aangehou totdat die polisie opgedaag het. Die verdagte is 'n 23-jarige inwoner van Mbekweni. Hy is drie maande gelede op korrektiewe toesig uit die gevangenis vrygelaat nadat hy 'n vonnis vir huisbraak uitgedien het. * 'n Man van Mbekweni, wat onlangs in die Paarl streekhof op borgtog vrygelaat is terwyl hy op 'n klag van verkragting verskyn, is Maandag weer in hegtenis geneem nadat 'n jong vrou die naweek aangehou en verkrag is. Die ondersoekbeampte, insp Auckland Losper, is stomgeslaan dat bure nooit die naweek ondersoek ingestel het terwyl die vrou (in haar 20's), sedert Vrydag in 'n opslaanhuis te B-blok 8, Mbekweni, aangerand en verkrag is nie. * In 'n ander verkragtingsaak die naweek is 'n meisie aangeval terwyl sy Saterdag om 17:00 op die Ou Paarlpad na haar woning tussen Klapmuts en Muldersvlei gestap het 'n Vreemdeling het haar genader en 'n ent saamgestap voordat sy met 'n stuk hout deur die gesig geslaan en verkrag is. Insp Clifford Coetzee ondersoek die voorval. Ooggetuies kan hom by Klapmuts 875-5555 skakel. * A man suspected of raping and injuring a six-year-old girl in Mbekweni has been apprehended by her father. |
|
|
||||||||||
|
Die inwoners van die HOP-huisies langs Fairyland (fase drie van Projek 59) is die hoenders in oor hulle krag wat net nie kom nie - vier maande nadat hulle begin intrek het. |
|
|
|
"Dit is 'n gemors hier in 'Spookytown'," sê die inwoners van dié woonbuurt wat nou 'n naam dra wat pas by die spookagtige atmosfeer snags. Daar is geen straatligte en geen kragdrade na die huise nie. "Toe ons hier ingetrek het, het ons ook nie water gehad nie," vertel Isha Jordaan, een van Spookytown se komiteelede. 'n Woordvoerder van die Munisipaliteit sê watervoorsiening was 'n probleem by ongeveer 30 persele. As gevolg van die baie reën en nat toestande is die ateraansluitings nie deur die kontrakteur voltooi voordat die mense ingetrek het nie. John Visagie, woordvoerder van die komitee, sê hulle het verlede week 'n vergadering met raadslid Mercia van der Vent (UDM), voorsitter van die behuisingskomitee, gehad. "Hierdie probleem kos ons baie geld," het Jordaan verduidelik. Nie alleen staan alle elektriese toebehore nou ongebruik nie, maar mense moes ook koste aangaan om toestelle wat met olie en gas werk, te koop. Dan is daar ook al die kerse en lampe wat nodig is om die donkerte darem effens te verdryf. Dit is ook hierdie donkerte wat groot kopsere veroorsaak. "Die geweld is besig om toe te neem," sê Jonas Hoffman, nog 'n komiteelid. Hy vertel dat daar gereeld skote in die nag gehoor word en daar is gedurig diefstalle van boumateriaal en huishoudelike toerusting. Die donker strate maak dit veral vir die kinders gevaarlik. "Dit word nou warm," verduidelik Visagie, "en die huisies is maar klein, so die kinders wil net uit." En net hier kom die probleme. Onlangs het 'n tweejarige seuntjie een oomblik nog in die straat gespeel en die volgende oomblik was hy net skoonveld. "Ons het omtrent gesoek," vertel Hoffman. Uiteindelik is die kind in Milkytown gevind, gelukkig ongedeerd. Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, sê: "Na die fiasko by Projek 2, waar groot skade veroorsaak is deur plunderaars asook soortgelyke gevalle elders in die land, het die Regering besluit om die geld vir die elektriese retikulasie slegs beskikbaar te stel nadat die huise reeds voltooi is. "Oorbruggingsfinansiering is nou deur die stadsraad beskikbaar gestel en ons is besig om die werk te doen." "Dit lyk asof die munisipale departemente wat die beplanning van die projek gedoen het, nie hulle huiswerk gedoen het nie," het een ontstoke inwoner gesê. "Ek sal graag wil weet hoe hulle dit gaan regstel en hoe hulle gaan sorg dat dit nie weer in die toekoms gebeur nie." * The residents of the new housing project "Spookytown" who have been stuck without electricity for more than three months are to march in protest today. |
|
|
|||||||||||||
|
At a recent meeting in Paarl, farmers were shocked to hear that no farm within the town has been identified as outright suitable for development Currently all the farms within the original municipal boundaries are zoned for single residential purposes, but approval for subdivision is at the discretion of the municipal council. Three farmers have applied for and are awaiting approval for subdivision. According to the draft policy on the Paarl "town" farms, the development of the farms for residential purposes will detract from the town's cultural heritage and tourism potential. Cash-strapped farmers at the meeting objected to this view. Said Graham Retief, "Agriculture is basically no longer profitable, and in the urban area it is extremely difficult. Why should a farmer be forced to continue farming?" Added Vincent Bruwer, another farmer, "If I bought land zoned for subdivision thirty years ago, but cannot exercise that right, the zoning should revert to agriculture and I should be compensated by the Municipality. "Some of these farms have been in the market for years, but there is no demand." To a suggestion that viability of the smaller farms could be increased if one farmer should buy out his neighbour, Bruwer said that this had not happened yet and was unlikely to happen in future. "The market for these farms is depressed and will be further limited if it is restricted by a ban on development. As it is, some of these farms are being cross-subsidised by larger units outside the urban area." To a suggestion that farmers could augment their income with tourist facilities such as guesthouses, restaurants and wine tasting facilities, farmers pointed out that further capital outlay would be required and that this market was also saturated. "It is only with outside funding that farms such as Laborie and Grande Roche have been developed for tourism purposes," said Retief. "The basis of this study should be sustainability. How much can you sacrifice to retain ambience?" Explained Cedric Madell of MCA Planners: "The problem is that should residential development be allowed on one farm, it will be the catalyst for more development, making it harder for the remaining farmers to continue farming." Town councillor Deetlefs du Toit suggested that division of farms into large "rural" portions each with a residential unit, but retaining the open area for agriculture, should be considered. The funds from the sale of the erven in such a "rural subdivision" would ensure the viability of the farm. David Hellig, a town planning consultant, pointed out that development and subdivision of the rural area between Paarl and Franschhoek was becoming commonplace. "What you are doing here is isolationist. You cannot have green lungs at the farmer's expense - the Municipality will have to buy up these farms if they wish to retain them. Farmers are being penalised by pressure groups." Madell pointed out that, irrespective of the Municipality's stand, strict environmental and heritage legislation was likely to prevent single residential subdivision of the Paarl farms. Viability should be ensured by giving farmers reliable access to water, equitable rates and taxes (no higher than those of farms outside the urban area) and measures allowing them special rights to farm, which could require changes in bylaws forbidding nuisance factors. "The development pressures cannot be ignored and the policy must provide guidelines for urban development and densification where it is suitable along the urban edge. "Key issues to be finalised are the criteria to assess development applications, which will allow a faster approval process incorporating all government departments." The draft policy reflecting the proposed guidelines is to be released for comment within the next month. For enquiries, contact Bisschof Bosman on 807-4834 or Lize Malan of MCA Planners on 685-1150 or mcaplan@gem.co.za. |
|
|
|
|
'n BAKKIE wat die Paryspad byster geraak het naby die N1 Vrydagaand het chaos veroorsaak toe hy 'n ankerkabel van 'n kragpaal getref het en die kabel op die snelweg beland het. Die motoris, bestuurder van 'n munisipale voertuig, was onderweg op die Paryspad in die rigting van die Paarl toe die motor die pad verlaat het en die ankerpaal getref het. Toe die kragpaal val, het die Parys-Suid kragkabel op die N1 beland en alle verkeer het vir 'n uur tot stilstand gekom, totdat die kabel verwyder kon word. Intussen is die kragtoevoer na die Wemmershoekgebied langs 'n ander roete herstel. Daar word nou beoog om die kabel ondergronds te lê in die omgewing van die N1, volgens 'n munisipale woordvoerder. Boschenmeer sal 'n deel van dié koste dra. * 'n Jong Paarlse vrou is in die vroeë oggendure Saterdag beseer toe haar motor die pad verlaat het. Elze le Roux (26) en haar vriend, Marco D'Emiljo (25) was ongeveer 01:18 tussen Wellington en Paarl onderweg, toe daar na bewering 'n onderonsie tussen die twee ontstaan het. Le Roux het glo toe die stuurwiel geruk, waarna die bestuurder beheer oor die rooi Volkswagen Golf verloor en dit die pad verlaat het naby Diemersfontein. Le Roux het bekken- en handbeserings opgedoen. Haar linkerkaak is ook gebreek en sy is na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas, waar dit weer geheg gaan word. D'Emiljo het ligte gesig- en armbeserings opgedoen. Die motor is 'n wrak. * Rudolf Smit (29) van Dirkie Uysstraat op Franschhoek het ligte hoofbeserings opgedoen, toe sy motor Sondagaand op die Paryspad gerol het. Hy is in die Paarl Hospitaal behandel. * Werner Meyer (18) van Nougatspoort, Montagu, is in die Paarl Medi-Clinic opgeneem nadat sy bakkie Sondag op die Dutoitskloofpas gerol het. * The N1 was blocked for more than an hour on Friday night when a motorist hit the anchor cable of a post, causing electricity cables to fall onto the highway. |
|
|
|
|
'n MOTORIS het die slagoffer van 'n kaper geword nadat hy Vrydagaand in die Paarl 'n geleentheid aan 'n ryloper gegee het. Die vragmotorbestuurder, Steven Pieterse van 'n plaas in Agter-Paarl, het in die parkeerplek van die Paarl Hospitaal 'n man opgelaai wat 'n rygeleentheid gevra het. Pieterse het aan die polisie vertel dat hulle skaars aan die beweeg was toe die passasier sy hand in 'n Bybelhouer gedruk het, en dit op hom gerig het. Omdat hy gedink het daar is 'n vuurwapen in die sakkie, het hy die bevel gehoorsaam om in die rigting van Wemmershoek te ry. Pieterse het op die Wemmershoekpad voorgegee dat hy 'n nood het. Hy het stilgehou en uit die vragmotor gespring. Die ryloper het agter die stuur ingeskuif en hom gedwing om aan die passasierskant terug te klim. By die T-aansluiting na Franschhoek het Pieterse uitgespring en het die kaper met die leë vragmotor weggery. Pieterse het 'n bus gestop en die saak by die Groot Drakenstein polisie gerapporteer. Polisiebeamptes het haastig reageer en na 'n jaagtog die vragmotor op die R45 by Klapmuts voorgekeer. Jack Sivanda (27) van Eersterivier is aangekeer. Daar is geen teken van 'n wapen in die Bybelhouer gevind nie. * 'n Taxi-bestuurder van Paarl-Oos is ook sy wiele kwyt nadat hy deur drie mans in Daljosafat gekaap en in Klapmuts uit sy voertuig gelaai is. Llewellyn Ross was Dinsdag om 07:00 in sy Toyota Hi-Ace met twee passasiers onderweg toe hy drie mans regoor Metal Box in Jan van Riebeeckweg 'n rygeleentheid gegee het. Twee van die mans het pistole uitgepluk en hom gedwing om agter die stuur uit te skuif. Ross en sy passasiers, Furnell Arends en Morris Cameron, moes in Klapmuts agterbly toe die kapers met die bussie in die rigting van Kaapstad ontsnap het. Sy selfoon is ook gebuit. Insp Lucas Lourens (807-4000) ondersoek die saak. * Two vehicles were hijacked. |
|
|
|
|
FAMILY members this week recalled the night two years ago when Carlo van Litsenborgh (69) died at the hand of murderers on his farm at Klapmuts. Sentence is expected to be delivered by Judge André Oosthuizen today. Van Litsenborgh's wife, Peggy, recalled in the Cape Town Supreme Court earlier this week how her husband's blood dripped over her while she was being held captive by the assailants. She and her children were shattered by the death of the man who had never done anyone harm, she testified. The sleeping couple was surprised by two intruders in their house on the farm Sanice in September 2000. Van Litsenborgh was shot and killed in his bed before his wife was viciously attacked. She was forced to open a safe and then tied and locked in a storeroom. The murderers fled with cash, valuable jewellery and a revolver. Siphumelelo Mvumri (31), a taxi conductor from Franschhoek, was arrested by Insp Rogerio Carosini in October and some of the jewellery recovered. An alleged accomplice in the attack, Langa taxi driver Mzvandile (Zwai) Tukwayo (38), has managed to evade arrest. |
|
|
|
|
THE Concerned Citizens Toll Road Action Group from Paarl has sent a letter to the Municipal Manager of Drakenstein, expressing their opposition to the erection of the proposed toll plaza on the N1. With the letter are petition forms with more than 9000 signatures. According to the letter most people are against the toll plazas, because of the crippling effect it will have on the economy of the Western Cape, financially and time-consuming. "Every single person will be affected financially in different degrees and the hardest hit will, once again, be the poorest." People who still want to sign the petition can do so at WPK, Postnet, the Municipality or one of the municipal libraries. A public open day on the draft environmental impact report (EIR) on the proposed Toll Highway Project will be held in Paarl on Monday 30 Septem-ber at the Zions Church Hall in Klein Drakenstein Road, Paarl East. On this date the specialist studies and the relevant specialists will be available to discuss their work from 15:00 to 20:00. The public can attend at any time within this period as there will be no formal presentations. |
|
|||||