safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 19 September 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 26 September 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wbank38PLAASSKOOL. James Hendricks, onderwyser by Daljosafat Primêr, by van die leerders wat tydelik in 'n gebou op die plaas Spes Bona van Chris van der Westhuizen skool gaan terwyl afgebrande klasse vervang word. Skoolhoof Eric Meyer het sy dank uitgespreek teenoor almal wat hand uitgesteek het in hul nood. Die nege nuwe klaskamers behoort eersdaags gereed te wees. Pic: Susan Botha


Lenteskool vir matrieks en graad elfs

[ Top ]


MATRIEKS en graad elfs wat nog wil inskryf vir die Mathcardsentrum se Lenteskool by Hoërskool Gimnasium moet nou vinnig spring om reëlings te tref.

Wiskunde, Natuur- en Skeikunde en Rekeningkunde word aangebied in die komende skoolvakansie, van 30 September tot 4 Oktober.

Die amptelike sluitingdatum is môre. Laatinskrywings sal nog na die tyd aanvaar word, aangesien baie matrieks nog worstel met die skooleksamen, maar laatslapers sal nou onmiddellik moet reageer om teleurstelling te voorkom.

Volledige brosjures met inskrywingsvorms is beskikbaar by Hoërskool Gimnasium, Mauritz Uys Uitrusters, Waltons, Wynland Apteek (Noorder-Paarl) en Wellington Toerismeburo. Vir verdere inligting skakel 872-0307 of 082-854-3611.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za