safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 19 December 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 16 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


Land-based fishing project creates jobs

[ Top ]


wloodsTHE Department of Economic Development and Tourism, as part of its industry development projects, has assisted in the amalgamation of six Boland trout farms into a co-operative. The six trout farms are in Paarl, Stellenbosch and Worcester.

With the funding that the co-operative is receiving from the department it hopes to increase its yield by 20 tons to 50 tons.

As part of this launch, provincial cabinet ministers Ebrahim Rasool and Marius Fransman visited the Buffet olive farm in

FISHERMEN. At the launch of the amalgamated Boland trout farms in Paarl, provincial cabinet ministers Marius Fransman (left) and Ebrahim Rasool each caught and gutted their own fish, to the amusement of bystanders. Pic: Leigh Reitz

Klein Drakenstein and were very impressed with the initiative of the farm workers.

"This project can be seen as a pocket of hope. It takes South Africa into a new dimension, using nature to develop

oneself," said Fransman.

Rasool said this project was leading by example and that quantities should be increased without lowering the quality.

The trout fishing season finished at the end of November and starts again in April.

The trout are cultivated in dams and their main growing season is during winter.

The co-operative is thinking of introducing Tilapia for the summer season. Trout cultivation is an industry that is developing from the bottom up and can play a role in job creation and poverty alleviation.


Distrik wil desentraliseer

Ken McIntyre

[ Top ]


IN plaas van 'n sentrale hoofkantoor het die Boland Distriksmunisipaliteit op 11 Desember besluit om te desentraliseer en funksies tussen verskeie dorpe te deel.

Die politieke, wetgewende en simboliese setel sal op Worcester wees, terwyl die uitvoerende en top bestuur op Stellenbosch gestasioneer sal word.

Die kantore in die Paarl sal opgradeer word om 'n meer omvattende diens aan inwoners te lewer. 'n Opleidingsentrum kan moontlik ook hier ingerig word.

Areabestuurders met ondersteunende personeel sal op Worcester, Stellenbosch en Paarl gevestig word.

Jonny Cheminais, 'n konsultant van Steele Cheminais en Genote wat sedert Junie ondersoek ingestel het na 'n geskikte perseel vir 'n hoofkantoor, het in 'n uurlange aanbieding gesê aldrie dorpe (Worcester, Stellenbosch en Paarl) het voor- en nadele.

Worcester beskik oor die beste raadsaal en vergaderlokale vir raadsvergaderings, die kantore is gestremd-vriendelik en daar is voldoende parkering, maar kantoorruimte is beperk.

Stellenbosch het voldoende kantoorruimte en nog twee verdiepings kan aangebou word, maar parkering is beperk en weens die rietdak is instandhoudingskostes hoog.

Die Paarl is tussen die twee en 'n nuwe begin kan hier gemaak word. Die meeste raadslede op die distriksmunisipaliteit se raad kom van die omgewing. Om nuwe kantore te bou, kan egter sowat R35 miljoen kos.

Stellenbosch en Paarl is ook nader aan die parlement, nasionale staatsdepartemente en die provinsiale administrasie van die Wes-Kaapse regering.

Cheminais het sy kommer uitgespreek oor die afplatting in inkomste uit heffings tussen 1996 en 2001 in die voormalige Breërivier Distriksraad, waar die SA Inkomstediens en Telkom ook kantore afgeskaal het.

Terwyl die inkomste in die destydse Wynland Distriksmunisipaliteit in dié tyd met 69% gegroei het, het die Breërivier s'n met slegs 25% gegroei.

"Talle mense wat aan 'n meningspeiling deelgeneem het, het egter geglo die hoofkantoor moet in die area met die laagste ekonomiese groei gevestig word," het hy gesê.

Die burgemeester, Clarence Johnson, het tydens die vergadering ook versoek dat die distriksmunisipaliteit se teenwoordigheid op Montagu meer sigbaar moet wees.

Dit is in hierdie stadium onbekend hoeveel personeellede deur die besluit geraak word.

* The Boland District Council has decided to decentralise to three offices in Worcester, Stellenbosch and Paarl.


Bedreigde plante bewaar op meentontwikkeling

[ Top ]


DIE ontwikkeling van die toerismesentrum en wynlandgoed op die voormalige munisipale meentgrond aan die voet van die Franschhoekpas, het gelei tot die ontdekking van die teenwoordigheid van drie uiters raar en bedreigde inheemse plantspesies, waaronder die Serruria gracilis Protea.

Hierdie deel van die Franschhoek Bemagtigings- en Ontwikkelingsinitiatief voldoen aan streng internasionale omgewingsvereistes om die natuurlike habitat te bewaar en te stimuleer, wat gelei het tot die ontdekking van die klein plantkolonies.

Die Serruria gracilis is 'n Protea fynbos plant wat plat op die grond groei en 'n baie spesifieke graniet-habitat nodig het om te bestaan.

Volgens 'n verslag van prof Charlie Boucher van die Botanie Departement van die Universiteit van Stellenbosch, is hierdie spinnekopblom (spiderhead Protea) gekategoriseer as 'n spesie na aan totale uitwissing. 

Die pad soos uitgelê vir die ontwikkeling is onmiddellik verlê sodat die klein kolonie Serruria gracilis glad nie geaffekteer word nie. Die gebied waarin die kolonie leef is ook afgekamp vir bewaring en voorsien van inligtingsborde.

Twee ander raar plantkolonies is met die deeglike fynkam van die inheemse flora geïdentifiseer, naamlik die Osmitopsis asteriscoides-Cliffortia strobilifera vleiland fynbos en Erica plukenetii-Cliffortia ruscifolia droë struikagtige fynbos.

Die gebiede waarin hierdie plante bestaan, is ook afgebaken vir bewaring as deel van ekstensiewe eko-korridors.

Die toerismesentrum sal dien as 'n inligtingsbron en toegangspoort tot die berg en omliggende natuurreservate.

Die partye betrokke in die ontwikkelingsinisiatief van die meent is die plaaslike regering (Munisipaliteit Stellenbosch), Frandevco, met voorsitter dr Franklin Sonn en hoofuitvoerende beampte dr Willem Steenkamp), asook die Bemagtigings en Bewaringstrust (Fremco).

Hierdie 102 hektaar grond in die suidoostelike sektor van Franschhoek was vervuil met uitheemse plantegroei en is misbruik as 'n skietbaan, sandput, vullishoop en rioolplaas.

Die gebied bevat 5 500 fynbos plantspesies wat deur botaniste geïdentifiseer is vir bewaring en vir die doel is 'n kweekhuis opgerig om die inheemse fynbos voor die stootskrapers te red en later te kan herplant.

Meer as 160 spesies voëls leef ook in die omgewing en spesiale voëlkyk-platvorms word gebou.

Daar is drie ekologiese korridors wat die berglandskap se natuurlike fynbos koppel met die Franschhoekrivier en uiteindelik die Bergrivier, sodat plante en diere op 'n natuurlike wyse kan voortbestaan.

Nog 'n omgewingsprojek by die ontwikkeling is die beoogde hervestiging van die Bergrivier Witvis wat uitgeroei is deur uitheemse vissoorte.

Die Witvis sal in die damme by die ontwikkeling geteël word en aangesien dit uitstekende sportvisse vir vlieghengel, is sal dit ook aan boere verkoop kan word.

Die regering ondersteun hierdie voorbeeld van bemagtiging en volhoubare ontwikkeling en daarom het die Ontwikkelingsbank reeds 'n bydrae van R1 miljoen gemaak, terwyl die regering se Werk vir Water projekgroep gehelp het om die terrein skoon te maak van indringerplante.

Die helfte van die meentterrein wat ontwikkel word, sal 'n natuurgebied wees wat inskakel met die naasliggende Mont Rochelle Reservaat en die beoogde Boland Biosfeer Reservaat.

* Die meentontwikkelingsprojek is deur die regering gekies as een van drie uit die toerisme-sektor wat by vanjaar se Aardeberaad in Johannesburg as voorbeelde van volhoubare ontwikkeling uitgestal is. Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.fedi.co.zay


Better results for Pioneer foods

[ Top ]


THE ability of Pioneer Foods to contain increases in fixed costs at below inflation together with macro factors, contributed to generally better results for the year ending September.

André Hanekom, MD of Pioneer Foods, says the weakening of the Rand by more than 35% in the first part of the year resulted in dramatic increases in raw material costs, which are mainly based on import parity.

"These large cost increases led to above inflation increases in sales prices. Although revenue increased by 31% to R6,5 billion, the Group could not fully and timeously recoup these increases in the market and gross profit margins actually declined.

"The increases in fixed costs, except for fuel costs, were limited to below inflation and together with a larger representation of higher margin products in the product basket, better operational margins were achieved.

"The better margins, applied to the much higher income base, resulted in a substantial improvement," says Hanekom.

From the low base after the previous year's decline in profit, headline earnings rose by 75% to R234 million. Shareholders also benefit from the good results and total dividends for the year rose by 80% to R54 million.

Higher raw material costs and selling prices, however, necessitated an additional investment in working capital of R234 million. Cash from operations therefore declined by 4% to R297 million.

The above factors together with the purchase and incorporation of SAD the Group's debt ratio weakened from 10% to 37%.

However, the cash profit from activities rose to R513 million and Hanekom is confident that the bigger debt will be comfortably serviced from the sustainable cash flow.

"This investment fits our aim of expanding our branded business, and we have now added established brands such as Safari, Wellington's and Nature's Source to our portfolio," says Hanekom.

The process of incorporating the SAD business within the Group is a priority. The operation of the Nature's Source breakfast food plant has already been transferred to the breakfast food division of Bokomo Foods. Results of the first few months have already exceeded projections.


Waterblommetjies is haar lewe

[ Top ]


"Waterblommetjies in die Boland, Waterblommetjies in die Kaap, maak die bredie net soos in die Wynland..."

Hierdie bekende Afrikaanse liedjie van Anton Goosen het dié gewilde lekkerny geromantiseer, maar dit vertel min van die belangrike rol wat dit in die Boland speel.

Dit is 'n waterkrui, inheems aan die Kaap, wat reeds in die sewentiende eeu deur die San as voedselbron benut is. Dit is ook een van die min veldkosse wat op die spyskaart van die Wes-Kaap gebly het.

Volgens Elsenburg Landboukollege is daar vyf groot produsente en 'n menigte kleineres wat meer as 150 ton waterblommetjies per jaar lewer.

Magriet Conradie is nie net die tweede grootste leweraar van waterblommetjies nie, sy is ook die enigste vroue-waterblomboer in die land.

'Bloemenprag', die plaas se naam, is al 'n aanduiding van haar verknogtheid en toewyding aan dié blommetjies.

Dit is laatmiddag as ek by die plaas op die Voor-Paardebergpad indraai en voor die stoor stilhou.

"Jy moet laterig kom, ons het 'n verrassing vir jou," het die vriendelike stem oor die telefoon genooi.

Kort voor lank hou daar 'n bakkie stil. Die vrou wat uitklim het waterlaarse aan om in die damme te werk, maar die vrolike bont bloes, strooihoed en smaakvolle grimering is pure vrou.

"Ek het blomme hier wat jy nie sal glo nie," vertel sy entoesiasties.

Uit 'n vrieskas haal sy 'n bakkie met iets wat lyk soos 'n trossie waterblommetjies. Kyk 'n mens egter mooi, sien jy dit is een reusagtige blom - 'n hele 15cm lank.

Dit is ook nie ongewoon nie, vertel Magriet, en tower nog van die pragblomme uit.

Sy boer nou vier jaar op haar eie en het twintig damme.

Ons stap nader na waar twee werkers, Jan Persence en Rosina Dreyer, besig is om blomme te pluk.

Die langwerpige blare dryf soos 'n mat op die water, 'n groen en rooi raam vir die delikate blommetjies.

"Dit is my lewe hierdie," sê Magriet en haar blou oë skitter.

Sy verduidelik dat waterblommetjies deesdae baie wetenskaplik verbou word: "Mense het nie nodig om tevrede te wees met die produk wat op straat aangebied word nie.

"Jy kan sien ons damme is skoon, 'n mens kan die water drink. So die blommetjies wat 'n mens hier pluk, is skoon."

Die waterblommetjies word in rye verbou en 'n dam hou so drie jaar voordat daar nuwe bolle geplant moet word.

Jan en Rosina is intussen besig om armsvol waterblommetjies te pluk en versigtig in plastiekbalies te plaas.

Dit is die verrassing: balies vol blomme, 'n see van wit, ligroos en groen.

Hiervandaan word die blomme na die stoor vervoer, waar dit skoongemaak en verpak word.

Dis harde werk en lang ure, want die blomme kan nie te lank wag nie.

Vandag se oes word môreoggend douvoordag aan 'n bekende kettingwinkelgroep gelewer vir verspreiding landswyd.

Intussen is die versoeking te groot vir Magriet en kort voor lank is sy ook halflyf in die water.

Eers wys sy my nog van die reuse blomme en dan weer die delikate jong blomme. Die geur van vanielje prikkel 'n mens se neus.

"Dit is die jong blomme wat so ruik," verduidelik Magriet en hou een van die wit blommetjies, met swart besproet, nader.

Magriet se hele lewe draai om dié blommetjies. Nie alleen is sy heeldag en die grootste deel van elke nag besig met die verbouing en verpakking daarvan nie - dit is ook haar gunstelingkos.

Sy tower 'n reeks feestelike geregte in die geestesoog op met haar resepte vir tradisionele bredie en ook watertandsop.

Dan vertel sy van 'n vriendin wat die jong blomme in slaai gebruik en 'n buurman wat gereeld van haar reuse blomme kom koop. Hy kook dit en dien dit dan net so met geurmiddels op as 'n aptytwekker.

Ingedagte rangskik sy 'n gerf blomme: "Mense waardeer nie waterblommetjies na regte nie.

"Ek het al 'n krans vir 'n begrafnis gemaak uit waterblommetjies en ek wil nog graag 'n bruidsruiker vir iemand maak."

Dan kyk sy op en glimlag: "Ek is jaloers op hulle," en sy beduie na Jan en Rosina, "ek is jaloers op elke blom wat ek nie self kan pluk nie.

"Dit is lewe, dit is al wat ek wil doen - elke dag vir die res van my lewe."

Dis skemeraand as ek van die plaas af ry - wat 'n voorreg om 'n mens soos Magriet Conradie te kan ontmoet. Iemand wat so voluit lewe en elke oomblik daarvan geniet.

* Paarlite Magriet Conradie has devoted her life to waterblommetjies.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za